0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (8)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (240)
  • R250 - R500 (463)
  • R500+ (187)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe

Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika?

Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. 

Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.

Boereverneukers - Afrikaanse Swendelaars, Swierbolle En Swerkaters (Afrikaans, Paperback): Izak du Plessis Boereverneukers - Afrikaanse Swendelaars, Swierbolle En Swerkaters (Afrikaans, Paperback)
Izak du Plessis 1
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 5 - 7 working days

Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë...

Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het.

Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe.

Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Stellenbosch staan internasionaal bekend as 'n dorp van weelde en wyn, 'n plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge.

Maar die idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier 'n skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfer in die wêreld maak.

Oor die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake in dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin... Maar hierdie boek gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers - 'n vrou van wie die wêreld vergeet het.

'n Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz 4
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba.

Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 6 - 10 working days

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R578 Discovery Miles 5 780 Ships in 18 - 22 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So Lyk ’n Vrou vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback): Emma van der Walt Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback)
Emma van der Walt 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou met ’n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love.

Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied.

Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop.

Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee 1
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R484 Discovery Miles 4 840 Ships in 6 - 10 working days

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R330 R249 Discovery Miles 2 490 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou – van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en
sandduine, met hulle hande agter hul rûe gebind. Meeste van die misdade is egter nooit opgelos nie en talle ouers soek steeds na die waarheid.

Norman Simons, ’n laerskoolonderwyser, is in hegtenis geneem, maar is in 1995 slegs skuldig bevind aan een van die moorde. Ná 28 jaar van gevangenisstraf is Simons op parool vrygelaat in 2023, met talle onbeantwoorde vrae. Waarom het ooggetuies destyds ’n ander
man beskryf? Aan wie behoort die DNA wat op tonele gevind is?

Die gesoute joernalis en skrywer, Julian Jansen, volg die spoor van die Stasiemoordenaar en ondersoek hierdie donker raaisel wat steeds by die families en gemeenskap spook.

Die Stellenbosch-Mafia - ?n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter du Toit Die Stellenbosch-Mafia - ’n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter du Toit
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa

Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as ’n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politeke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krites na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied ’n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

Vergete wereld - Die klipmuurnedersettings van die Mpumalanga-platorand (Afrikaans, Paperback): Peter Delius, Tim Maggs, Alex... Vergete wereld - Die klipmuurnedersettings van die Mpumalanga-platorand (Afrikaans, Paperback)
Peter Delius, Tim Maggs, Alex Schoeman
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni - the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations - invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space - that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images.

Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days
'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R320 R165 Discovery Miles 1 650 Save R155 (48%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus

“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak met hulle gehad.”

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.

Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?

Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis.

Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Outopsietafel - Stories Van 'n Forensiese Patoloog In Afrika (Afrikaans, Paperback): Ryan Blumenthal Outopsietafel - Stories Van 'n Forensiese Patoloog In Afrika (Afrikaans, Paperback)
Ryan Blumenthal
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

As ’n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.

In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.

Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.

Moord Op Pofadder - Die Skokkende Verhaal Agter Suretha Brits Se Meesterplan En Die Kontrak Op Haar Man (Afrikaans, Paperback):... Moord Op Pofadder - Die Skokkende Verhaal Agter Suretha Brits Se Meesterplan En Die Kontrak Op Haar Man (Afrikaans, Paperback)
Charne Kemp
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak?

Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.

’n Boeiende ware misdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.

Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover): Eunice Bauermeester Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover)
Eunice Bauermeester 1
R770 Discovery Miles 7 700 Ships in 6 - 10 working days

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur.

In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

Inleiding Tot Die Onderwysreg (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): I.J. Oosthuizen, J.P. Rossouw, A. de Wet Inleiding Tot Die Onderwysreg (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
I.J. Oosthuizen, J.P. Rossouw, A. de Wet
R456 Discovery Miles 4 560 Ships in 4 - 6 working days

Die arbeidswetgewing wat betrekking het op die onderwysomgewing is omvattend en dek ’n groot verskeidenheid aspekte waarmee almal binne hierdie omgewing op een of ander stadium te doen kry. Waar daar in die verlede moontlik ’n vae begrip van veral wette en regulasies ten opsigte van diensvoorwaardes by meeste werknemers in die onderwys teenwoordig was, is dit nou onontbeerlik om ’n basiese begrip van alle relevante wetgewing en regulasies wat van toepassing is, te hê. Veral onderwysers kan hulle in die spreekwoordelike mynveld bevind indien hulle nie seker maak dat hulle oor die basiese kennis van onderwysreg beskik nie. Dit word gestaaf deur die talle hofsake, dispute, mediasies, dissiplinêre verhore en die dikwels onaangename implikasies daarvan vir indiwidue (en hul gesinne) wat voortspruit uit aanklagte teen oortreders in alle sektore van die onderwys.

Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van ’n inrigting, maar aan die ander kant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen ’n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg.

Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig– en leerproses in die klaskamer – ’n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook ’n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika.

Hoerkind - Die Memoires Van 'n Randeier (Afrikaans, Paperback): Herman Lategan Hoerkind - Die Memoires Van 'n Randeier (Afrikaans, Paperback)
Herman Lategan 2
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Herman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad verwek – buite die eg. Van jongs af het hy soos ’n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.

Op 13 beland hy in die kloue van ’n geslepe pedofiel, ’n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met ’n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai.

Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wêreld reis. As volwassene voer hy ’n stryd met drank en dwelms en is ’n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees.

Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart ’n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van ’n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
DJI RC Controller Yagi Antenna Signal…
R635 R454 Discovery Miles 4 540
Happier Than Ever
Billie Eilish CD  (1)
R380 Discovery Miles 3 800
Searchable Storage in Cloud Computing
Yu Hua, Xue Liu Hardcover R3,340 Discovery Miles 33 400
Food and Agrarian Orders in the…
Philip McMichael Hardcover R2,544 Discovery Miles 25 440
Can you Spot? In the Jungle - (4 - 7…
Gareth Lucas Paperback R171 R155 Discovery Miles 1 550
Insect Viruses & Pest Management
FR Hunter-Fujita Hardcover R9,789 Discovery Miles 97 890
Policing in the 21st Century - Community…
Dr. Lee P. Brown Hardcover R1,213 Discovery Miles 12 130
Total Meditation - Practices In Living…
Deepak Chopra Paperback R447 R369 Discovery Miles 3 690
Morris: Technique in Litigation
J. Mullins, C. da Silva Paperback R1,795 R1,516 Discovery Miles 15 160
The Spiritual Path
Gregory David Roberts Paperback R337 R304 Discovery Miles 3 040

 

Partners