0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (11)
  • R50 - R100 (20)
  • R100 - R250 (164)
  • R250 - R500 (438)
  • R500+ (182)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe

RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Wynand Harmse se beskouing van die politieke ontwikkelings in Suid-Afrika teen die agtergrond van die profetiese gedig deur NP van Wyk Louw, plaas beide in 'n nuwe perpsktief. Na tagtig jaar - `n interessante, maklik leesbare en boeiende uitleg van Raka deur `n bekende uitsaaier. Dit is moeilik om hierdie boek neer te sit. Kobus van Rooyen - Voorsitter van die Appelraad oor Publikasies (1980-1990).

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback): Talbot Cox Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback)
Talbot Cox
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge.

Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor.

Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie.

ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!

Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback): James Scott Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback)
James Scott
R320 R277 Discovery Miles 2 770 Save R43 (13%) Ships in 4 - 8 working days

James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het.

Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar.

Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback): Marizanne Knoesen 173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback)
Marizanne Knoesen
R192 Discovery Miles 1 920 Ships in 4 - 8 working days

Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is?

Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie.

’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby.

Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback): Anna Barry Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback)
Anna Barry; Compiled by Ena Jansen
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer ’n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie die van konsentrasiekamplyding. ’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit ’n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie – ’n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor le haar geliefde pa Thomas (aanvanklik ’n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos “identiteit”, “nasie” en “volk”. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort na die oorlog ontvang sou word – maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ’n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.

Op St. Helena Vol Van Hartepyn - Die Oorlogskuns Van Erich Mayer (Afrikaans, Hardcover): Celestine Pretorius Op St. Helena Vol Van Hartepyn - Die Oorlogskuns Van Erich Mayer (Afrikaans, Hardcover)
Celestine Pretorius
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 4 - 8 working days
Afskeid van 'n Volk op Soek na 'n Toekoms (Afrikaans, Paperback): Philip Spies Afskeid van 'n Volk op Soek na 'n Toekoms (Afrikaans, Paperback)
Philip Spies
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek behandel vier hooftemas:

Die toekoms van Afrikaners in `n uiters onseker land;

Die aard van Afrikaans-wees en Afrikaner-wees - verlede, hede en toekoms;

Sleutelvoorwaardes vir `n vooruitstrewende Suid-Afrika;

Wat staan ons as Afrikaners te doen om `n goeie toekoms te help skep?

Die Rebellie - 1914-1915 (Afrikaans, Paperback): G.D. Scholtz Die Rebellie - 1914-1915 (Afrikaans, Paperback)
G.D. Scholtz
R83 Discovery Miles 830 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer volksgenote met die geweer in die hand teen mekaar uittrek, ontstaan ’n gevoel van bitterheid wat in geen jare verwyder kan word nie. So skryf GD Scholtz in sy omvattende oorsig oor die Rebellie van 1914–1915. Die oorsake van die Rebellie kan teruggevoer word na die Anglo-Boereoorlog en die meeste Afrikaners se ongemaklike verhouding met die Britse ryk. Milliter gesproke was die Rebellie ’n mislukking, maar op die lang duur, betoog Scholtz, het die Rebellie ’n groot rol gespeel in die herlewing van die republikeinse ideaal onder Afrikaners.

Kinders Met Probleme (Afrikaans, Paperback): J.A. Kapp Kinders Met Probleme (Afrikaans, Paperback)
J.A. Kapp
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 2 - 4 working days
Akademiese Geletterdheid Riglyne Vir Akademiese Skryfwerk (Afrikaans, Paperback): Elmarie Lubbe Akademiese Geletterdheid Riglyne Vir Akademiese Skryfwerk (Afrikaans, Paperback)
Elmarie Lubbe
R445 Discovery Miles 4 450 Ships in 7 - 10 working days

Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om ’n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van ’n akademiese teks aan ’n leser illustreer. Akademiese geletterdheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksioneer wat navorsing op ’n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee.

In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skryfwerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word.

Studente word begelei om:

  • die skryf van akademiese tekste op ’n sistematiese wyse te benader;
  • opdragte te ontleed en te beplan;
  • relevante vakinhoud in te samel;
  • vakinhoud met begrip te lees;
  • navorsing, kennis en afleidings op ’n gestruktureerde wyse in goed geformuleerde taal weer te gee sodat dit ’n samehangende geheel vorm; en
  • terugvoer op akademiese tekste te verwerk ten einde as akademiese skrywers te groei.

Die skrywers vertrou dat studente en dosente hierdie handboek as ’n nuttige hulpbron sal gebruik om akademiese geletterdheid te bevorder.

Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans,... Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans, Hardcover)
Louis Changuion, Bertus Steenkamp
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 8 working days

Die bewindsoorname van 'n oorwegend swart regerende party in 1994 het 'n nuwe beleid ten opsigte van grondbesit in Suid-Afrika ingelui. Hierdie beleid is daarop ingestel om die wanbalans wat grondbesit betref reg te stel, dus om van die blanke grondeienaars, wat by verre die grootste deel van die landbougrond besit, grond weg te neem en dit aan die swart bevolkingsgroep, wat tussen 75% en 80% van die totale landsbevolking uitmaak, beskikbaar te stel. Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dit daarom nou aan die 'regmatige' eienaars moet teruggee. Daar bestaan ook 'n persepsie dat alle grond aan swart mense oorgedra moet word – dat die klok teruggedraai moet word na die tyd toe Afrika swart was en wit mense slegs in Europa eiendom besit het. Die skrywers vra die vraag of grondhervorming in Suid-Afrika wel enigsins haalbaar of nodig is? Kan die ander bevolkingsgroepe van die land, die wittes en gekleurdes, daarop aanspraak maak dat die land ook aan hulle behoort. Kan hulle dus se: 'Dit is ons land ook'?

Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback): Dick. F. Swaab Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback)
Dick. F. Swaab; Translated by Daniel Hugo
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

Alles kom ter sprake in Ek is by brein: puberteit, seksualiteit, Alzheimer se siekte, misdadigheid, geloof, breinbeserings, psigiese probleme en byna-dood ervarings. Die teks is toeganklik genoeg geskryf dat enigiemand wat belangstel in hoe die brein ons lewe rig en beïnvloed, dit maklik leesbaar sal vind.

Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Hennie De la Rey Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Hennie De la Rey
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie boek word ook op interessante wyse uitgebrei oor die generaal se verbintenis met sy psigiese vriend, Siener van Rensburg. Die boek is saamgestel deur die bekende historikus Lappe Laubsher, wat aan die einde van hierdie sketse die laaste maande van die generaal se lewe uit beskikbare bronne konstrueer. Menings word so onpartydig as moontlik gestel en slegs in spesifieke gevalle word na onwaarskynlikhede of teenstrydighede verwys. Die publikasie word opgeluister deur 13 swart en wit foto's, onder andere van die baadjie wat De la Rey aangehad het en die Daimler waarin hy gereis het toe hy doodgeskiet is.

In Doodsgevaar - Die Ervarings Van Kapt. J.J. Naude Tydens Die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 (Afrikaans, Hardcover): G.D.... In Doodsgevaar - Die Ervarings Van Kapt. J.J. Naude Tydens Die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 (Afrikaans, Hardcover)
G.D. Scholtz
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Min verhale uit die Anglo-Boereoorlog het lesers só aangegryp as die avonture van die Boere-James Bond, kaptein Koos Naudé(1876-1956).

Onvergeetlik is avonture soos dié waarin hy 'n Engelse uniform vrylik in die besette Pretoria rondbeweeg, die Engelse offisiere se spogperde steel, tien keer gedurende die oorlog die stad in die geheim as spioen besoek en 'n groep vroue organiseer om die spioenasie van die ontbinde Geheime Diens voort te sit. Sy avonture, wat in 1904 vir die eerste keer onder die titel In doodsgevaar gepubliseer is, is in 1940 deur G.D. Scholtz verwerk en heritgegee.

Dié boek het intussen een van die klassieke verhale van die Anglo-Boereoorlog geword.

Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Ulrich... Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Ulrich Van der Heyden
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover): Alexander E. Duffey Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover)
Alexander E. Duffey
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.

In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywêreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele wêreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel.

Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19.

Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.

Die ontwikkeling en veroudering van die volwassene (Afrikaans, Paperback): D.A. Louw, A.E. Louw Die ontwikkeling en veroudering van die volwassene (Afrikaans, Paperback)
D.A. Louw, A.E. Louw
R501 Discovery Miles 5 010 Ships in 4 - 8 working days
Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws, C.... Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws, C. Le Roux 2
R379 Discovery Miles 3 790 In Stock

Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.

Op kommando met Steyn en de Wet - Oorlogsherinneringe van lt.kol. F.F. Pienaar (Afrikaans, Hardcover): F.F. Pienaar Op kommando met Steyn en de Wet - Oorlogsherinneringe van lt.kol. F.F. Pienaar (Afrikaans, Hardcover)
F.F. Pienaar; Translated by Jan Picard
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

In 1902 het 'n jong Boeretelegrafis en offisier, Filip Pienaar, uit ballingskap in Portugal een van die eerste boeke oor die Boereoorlog geskryf: With Steyn and de Wet. 'n Maand na publikasie is die boek verban – waarskynlik vanwee verwysings in die boek na die juiste feite oor die omstrede figuur van generaal F.J. Pienaar, asook leidrade oor wat met die sogenaamde "Krugergoud" kon gebeur het. Hierdie interessante relaas is die vroee voorgeskiedenis en wat met die skrywer in die oorlog en in ballingskap in Portugal gebeur het.

Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 4 - 8 working days

Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.

Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.

’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase - n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (Afrikaans, Paperback, 2nd ed):... Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase - n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Mariana Naude, Corinne Meier
R670 Discovery Miles 6 700 Ships in 7 - 10 working days

Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Who's Hiding On The Farm? - A Felt Flaps…
Axel Scheffler Board book R195 R177 Discovery Miles 1 770
Dear Zoo Touch and Feel Book
Rod Campbell Board book R281 R257 Discovery Miles 2 570
How Toothy is a T. rex?
Lisa Regan Board book R341 Discovery Miles 3 410
Who's At The Zoo?
Julia Donaldson Board book R220 R200 Discovery Miles 2 000
Little Bird
Rod Campbell Board book R220 R200 Discovery Miles 2 000
Where's Mrs Ladybird?
Ingela P. Arrhenius Board book R180 R161 Discovery Miles 1 610
Waar’s die Babahasie? (0-3)
Ingela P. Arrhenius Board book R230 R180 Discovery Miles 1 800
Pop-Up Peekaboo!: Flower
Dk Board book R215 R192 Discovery Miles 1 920
ZOG - A Flip-the-Flap Board Book
Julia Donaldson Board book R228 R211 Discovery Miles 2 110
Pop-Up Peekaboo! Butterfly
Dk Board book  (1)
R250 R231 Discovery Miles 2 310

 

Partners