0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (8)
  • R50 - R100 (22)
  • R100 - R250 (242)
  • R250 - R500 (454)
  • R500+ (185)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe

In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Geletterdheid in die grondslagfase (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): I.  Joubert Geletterdheid in die grondslagfase (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
I. Joubert
R799 Discovery Miles 7 990 Ships in 5 - 10 working days

Waarom is Geletterdheid in die Grondslagfase uniek? Die boek behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidverklaring (KABV) van 2011. Die boek bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R. Dit fokus op die onderwyspraktyk en het terselfdertyd 'n sterk navorsingsinslag. 'n Teoretiese agtergrond tot taalontwikkeling en basiese geletterdheid is in hierdie uitgawe ingesluit. Die belangrikheid van moedertaal of huistaal word beklemtoon. Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee. Handskrifonderrig word behandel met voorbeelde uit die praktyk. Assessering word by elke taalvaardigheid bespreek en voorbeelde word gegee. Die teks is krities gelees deur kundiges in die praktyk en die akademiese wereld. 'n CD-Rom met 'n Graad 1 skriftipe is ingesluit. Die CD-Rom is ontwikkel deur Judy van Heerden, 'n dosent in die Departement Vroee Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria. Vir wie is die boek geskryf? Persone wat gemoeid is met die onderrig van Afrikaans as huistaal of addisionele taal in die Grondslagfase. Ouers wat hul kinders tuis onderrig. Dosente en studente in die Grondslagfase. Almal wat basiese en nuwe idees vir die onderrig van Afrikaans soek.

Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover): Alexander E. Duffey Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover)
Alexander E. Duffey
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.

Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback): James Scott Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback)
James Scott
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het.

Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar.

Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Best Books gegradeerde leesreeks: Leesboek 2: Gr. 1: Vlak 3 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Marina van Eeden,... Best Books gegradeerde leesreeks: Leesboek 2: Gr. 1: Vlak 3 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Marina van Eeden, Zelda Vorster
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days

Die skrywers van die suksesvolle Nuwe Alles-In-Een-reeks vir Graad R tot 3 bied die Best Books Gegradeerde Leesreeks aan. Die leesreeks is geskryf deur kundiges op die gebied van aanvangsonderrig en -lees. Al die skrywers het reeds ’n aantal gegradeerde leesboeke, wat in baie klaskamers gebruik word, die lig laat sien. Die reeks is ontwikkel onder die leiding van Mart Meij van wie verskeie aanvangsleesreekse met groot sukses in skole gebruik word. Oorsig van die leesreeks: Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Huistaal is vir Grondslagfase-leerders ontwikkel om die jong lesers se taalvlak te bevorder; se woordeskat uit te brei; sigwoorde te leer; se leesspoed te verbeter. Hierdie leesreeks kweek opgewondheid en maak leerders lus om te lees! Hierdie leesboeke bevat interessante en prettige temas en belangrike aanvangskennis wat die vereistes volg van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leesboeke is gegradeer volgens taalvlak – maklik na moeiliker na moeilik. Maak die Best Books Gegradeerde Leesreeks deel van u klas!

Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback): Anna Barry Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback)
Anna Barry; Compiled by Ena Jansen
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer ’n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie die van konsentrasiekamplyding. ’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit ’n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie – ’n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor le haar geliefde pa Thomas (aanvanklik ’n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos “identiteit”, “nasie” en “volk”. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort na die oorlog ontvang sou word – maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ’n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.

173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback): Marizanne Knoesen 173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback)
Marizanne Knoesen
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is?

Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie.

’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby.

Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”

Sosiopedagogiek 2000 (Afrikaans, Paperback, Reissue): J.W.M. Pretorius Sosiopedagogiek 2000 (Afrikaans, Paperback, Reissue)
J.W.M. Pretorius
R879 Discovery Miles 8 790 Ships in 5 - 10 working days

This comprehensive publication examines the family, school and society from a sociopedagogical perspective. Some of the relevant topics that are discussed in detail are: the family - family dynamics, functions and types; the vulnerability of the modern family; educational errors and relationship disturbances. The school's responsibilities and educational communication are discussed, as well as environmental deprivation and compensatory education, and multicultural education. The structural and dynamic characteristics of society are examined, including several social evils.

'baie worde' - Identiteit en transformasie by Antjie Krog (Afrikaans, Paperback): J. Van Niekerk 'baie worde' - Identiteit en transformasie by Antjie Krog (Afrikaans, Paperback)
J. Van Niekerk
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

In haar 'transformasie-trilogie' bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van 'ras' word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na 'n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, 'ras', identiteit, 'n Afrika-wereldbeeld' en die Suid-Afrikaanse nasie-en maak as sodanig 'n bydrae tot aktuele diskoerse. Lof vir 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
R420 Discovery Miles 4 200 Ships in 5 - 10 working days

Die ONDERWYSERSGIDS bied

• ’n jaarplan vir die vak

• vier kwartaalplanne vir die vak

• daaglikse roosters en weeklikse tydskedules

• weeklikse onderrigplanne

• daaglikse stap-vir-stap-onderrigplanne vir 40 weke

• wenke en noodsaaklike agtergrondinligting vir elke tema

• rympies en liedjies vir elke tema.

Die CD in die Onderwysersgids bevat

• hulpbronne vir die onderwyser

• voorgeskrewe werkvelle

• ’n temagerigte storie vir elke dag

• assesseringsriglyne en -vorms.

Op St. Helena Vol Van Hartepyn - Die Oorlogskuns Van Erich Mayer (Afrikaans, Hardcover): Celestine Pretorius Op St. Helena Vol Van Hartepyn - Die Oorlogskuns Van Erich Mayer (Afrikaans, Hardcover)
Celestine Pretorius
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days
Piekfyn Afrikaans Huistaal - Graad 4: Onderwysersgids Kabv (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans Huistaal - Graad 4: Onderwysersgids Kabv (Afrikaans, Paperback)
R364 Discovery Miles 3 640 Ships in 5 - 10 working days

Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat.

Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders

• spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels

• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer

• glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies

• vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik

• noukeurig en krities na taalgebruik luister

• taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik

• nuwe woorde en sinne gebruik

• transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Die ONDERWYSERSGIDS bied:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn.

Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei.

Die leesboeke bied:

• kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste

• prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies.

Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit:

• vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke

• toeligting by moeiliker tekste

• woordverklarings vir komplekse woorde.

Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans,... Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans, Hardcover)
Louis Changuion, Bertus Steenkamp
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Die bewindsoorname van 'n oorwegend swart regerende party in 1994 het 'n nuwe beleid ten opsigte van grondbesit in Suid-Afrika ingelui. Hierdie beleid is daarop ingestel om die wanbalans wat grondbesit betref reg te stel, dus om van die blanke grondeienaars, wat by verre die grootste deel van die landbougrond besit, grond weg te neem en dit aan die swart bevolkingsgroep, wat tussen 75% en 80% van die totale landsbevolking uitmaak, beskikbaar te stel. Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dit daarom nou aan die 'regmatige' eienaars moet teruggee. Daar bestaan ook 'n persepsie dat alle grond aan swart mense oorgedra moet word – dat die klok teruggedraai moet word na die tyd toe Afrika swart was en wit mense slegs in Europa eiendom besit het. Die skrywers vra die vraag of grondhervorming in Suid-Afrika wel enigsins haalbaar of nodig is? Kan die ander bevolkingsgroepe van die land, die wittes en gekleurdes, daarop aanspraak maak dat die land ook aan hulle behoort. Kan hulle dus se: 'Dit is ons land ook'?

Nuwe alles-in-een huistaal: Graad 3: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Nuwe alles-in-een huistaal: Graad 3: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R481 Discovery Miles 4 810 Ships in 4 - 6 working days

Die Huistaal Onderwysersgids bevat ’n jaarplan, kwartaalplanne, tydskedules vir ’n week en daaglikse stap-vir-stap-onderrigplanne vir 40 weke. Dit gee deeglike stap-vir-stap leiding hoe om handskriflesse aan te bied met sinne vir diktee en speltoetse, wys watter werkvel op die CD en watter bladsy in die Leerderboek gebruik moet word en gee leeswenke (met 'n leesboek of Grootboek of die leesles in die Leerderboek). Sigwoorde en spelwoorde word hersien met assesseringstake wat gestipuleer word.

RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Wynand Harmse se beskouing van die politieke ontwikkelings in Suid-Afrika teen die agtergrond van die profetiese gedig deur NP van Wyk Louw, plaas beide in 'n nuwe perpsktief. Na tagtig jaar - `n interessante, maklik leesbare en boeiende uitleg van Raka deur `n bekende uitsaaier. Dit is moeilik om hierdie boek neer te sit. Kobus van Rooyen - Voorsitter van die Appelraad oor Publikasies (1980-1990).

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase - n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (Afrikaans, Paperback, 2nd ed):... Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase - n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Mariana Naude, Corinne Meier
R708 Discovery Miles 7 080 Ships in 4 - 6 working days

Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.

Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback): Dick. F. Swaab Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback)
Dick. F. Swaab; Translated by Daniel Hugo
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Alles kom ter sprake in Ek is by brein: puberteit, seksualiteit, Alzheimer se siekte, misdadigheid, geloof, breinbeserings, psigiese probleme en byna-dood ervarings. Die teks is toeganklik genoeg geskryf dat enigiemand wat belangstel in hoe die brein ons lewe rig en beïnvloed, dit maklik leesbaar sal vind.

Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV): Gr 7 Onderwysersgids & CD (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV): Gr 7 Onderwysersgids & CD (Afrikaans, Paperback)
R394 Discovery Miles 3 940 Ships in 4 - 6 working days

Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke te gee vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram vir graad 5, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onderwyserslêer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn

Piekfyn Afrikaans Huistaal (KABV) Gr 7: Onderwysersgids & CD (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans Huistaal (KABV) Gr 7: Onderwysersgids & CD (Afrikaans, Paperback)
R422 Discovery Miles 4 220 Ships in 5 - 10 working days
Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 12 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 12 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 5 - 10 working days
Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Hennie De la Rey Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Hennie De la Rey
R98 Discovery Miles 980 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie boek word ook op interessante wyse uitgebrei oor die generaal se verbintenis met sy psigiese vriend, Siener van Rensburg. Die boek is saamgestel deur die bekende historikus Lappe Laubsher, wat aan die einde van hierdie sketse die laaste maande van die generaal se lewe uit beskikbare bronne konstrueer. Menings word so onpartydig as moontlik gestel en slegs in spesifieke gevalle word na onwaarskynlikhede of teenstrydighede verwys. Die publikasie word opgeluister deur 13 swart en wit foto's, onder andere van die baadjie wat De la Rey aangehad het en die Daimler waarin hy gereis het toe hy doodgeskiet is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bad Girls Of The Bible - And What We Can…
Liz Curtis Higgs Paperback R459 Discovery Miles 4 590
Virginia Distilled - Four Centuries of…
Patrick Evans-Hylton Hardcover R770 Discovery Miles 7 700
Entrepreneurship and Small Business…
Ge Chiloane-Tsoka, E.M. Rankhumise Paperback  (2)
R656 Discovery Miles 6 560
Cheers! - Cocktails & Toasts to…
Philip Greene Hardcover R706 Discovery Miles 7 060
Leading the Digital Workforce
Jeffrey W. Brown Hardcover R3,120 Discovery Miles 31 200
Koors
Deon Meyer Paperback  (4)
R365 R326 Discovery Miles 3 260
Physical Security and Safety - A Field…
Truett A Ricks, Bobby E. Ricks, … Hardcover R5,851 Discovery Miles 58 510
Plato and Pythagoreanism
Phillip Sidney Horky Hardcover R2,777 Discovery Miles 27 770
Finenolo A5 Sketch Book…
R129 R99 Discovery Miles 990
Assassins Below - Tales from Haven City
Emma K C Couette Hardcover R687 Discovery Miles 6 870

 

Partners