|
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe
kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van
multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe
taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en
onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste
Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun
die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan
onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan,
wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel
vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures
vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik,
die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende
luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op
kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer
funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste
inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te
bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke
episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te
voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11,
asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering
voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer
gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die
onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in
Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek.
Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n
plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids
het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake,
hersieningstoetse en eksamens.
Voldoen ten volle aan die vereistes van die Kurrikulum- en
assesseringsbeleidsverklaring (NKABV).; Eksamenoefening en
assesseringsgeleenthede word verskaf.; Riglyne van die volledige
Assesseringsprogram word verskaf.; Klaskamers regoor Suid-Afrika
het die materiaal gebruik en beproef.; Eksamensukses deur leerders
te ondersteun en te betrek.; Nuttige wenke vir klaskameronderrig.
Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar ’n einde gekom
aan die lewe van ’n unieke mens en ’n unieke oeuvre: ’n digter,
dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy
tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en
die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir ’n
huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat
ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om
die publikasie te verwesenlik: Wanneer ’n kunstenaar sterf en sy
stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om
oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin. Die
bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van ’n afsluiting, ’n
terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die
toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die
uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld
en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die
woord saam met literatore en kollegas uit die
maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was.
Adam Small: Denker, digter, dramaturg – ’n Huldiging hoef nie as
afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word
nie – inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die
oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot
verdere ondersoek te benut.
Hierdie boeke is deel van die Alles-in-een lees- en klankprogram
wat leerders begelei om klanke op 'n vermaaklike en praktiese wyse
te bemeester. Al die klanke per graad is ingesluit in een
omvattende boek per graad wat ontwikkel is volgens die vereistes
van die nuwe kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir tale.
Elke vlak het 'n omvattende onderwysersgids.
What makes the Verken besigheidstudies grade 12 course unique?
Content reinforced by asking learners to apply what they have
learnt to business scenarios from the real word; key words, key
questions and fast facts are given to enhance learning by providing
clarity on unfamiliar concepts, focus on main aspects and to
provide researched information; appreciation of South African
context and local culture is well represented in the case studies
and scenarios used; the exam practice feature not only serves as a
revision exercise but it also prepares learners for the their final
exam by including a variety of questions assessing basic,
moderately to high and higher-order thinking skills. Verken beteken
eksamensukses! Voldoen ten volle aan die vereistes van die
Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (NKABV);
eksamenoefening en assesseringsgeleenthede word verskaf; riglyne
van die volledige Assesseringsprogram word verskaf; klaskamers
regoor Suid-Afrika het die materiaal gebruik en beproef;
eksamensukses deur leerders te ondersteun en te betrek; nuttige
wenke vir klaskameronderrig.
Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig
gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale
Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die
kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en
poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse
is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte,
kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels,
strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n
verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se
verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en
praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas
by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af
met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir
vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.
Hierdie handboek verskaf 'n inleiding tot sielkundige en
opvoedkundige meting aan die hand van Suid-Afrikaanse voorbeelde.
Die bespreking van plaaslik ontwikkelde meetinstrumente is nie
ensiklopedies nie, maar is eerder bedoel om die beginsels
onderliggend aan meting te illustreer. Die bekendste en mees
gebruikte Suid-Afrikaanse toetse word behandel. Onderwerpe van 'n
meer tegniese aard word oppervlakkig gedek, en daar word aanvaar
dat die leser vertroud is met die elementere begrippe uit die
beskrywende statistiek.
Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Dié taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).
Dié gebruikersvriendelike reeks bied onderwysers en leerders prikkelende, leerdergerigte stof wat deurgaans vaardighede oefen.
Die kursus bestaan uit:
• ’n Leerderboek wat op die vier vaardighede fokus en treffende visuele materiaal insluit
• ’n Leesboek met letterkunde-aktiwiteite wat al die voorgeskrewe genres insluit
• ’n Onderwysersgids met volledige antwoorde.
Om gebruik in die klaskamer te vergemaklik, is lesreekse gestruktureer om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per tweeweeksiklus in die KABV te onderrig. Take vir formele assessering, asook voorbeeld-eksamenvraestelle, word ingesluit.
Leerders se taalvaardighede soos Luister en praat, Lees en kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture en -konvensies word doeltreffend ontwikkel sodat die leerders in die multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.
Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en
julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy
vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en
behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs
jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê
ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te
kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.
Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken
en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die
eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis
te doen het. Of dalk self een is.
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel
volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad
5 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die
onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en
teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en
kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en
kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens
eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die
Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor
die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare
onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne
vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende
formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes
en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en
verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse
by elke aktiwiteit aan te toon; ’n volledige antwoordsleutel vir
elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir
leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en
ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese
take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis
beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die
onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die
Nasionale Katalogus (KABV).
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
|
|