![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Leandie du Randt is ’n gewilde jong Afrikaanse aktrise en ook ’n geregistreerde psigometris. Gemaklik in jou eie lyf het ontstaan uit haar passie om mense te help en uit haar eie ondervinding en dus het sy hierdie boek geskryf gemik daarop om jonger meisies te help om selfvertroue te ontwikkel en die beste weergawe van hulself te wees. Die boek is geskryf in gemaklike taal wat tieners sal verstaan, maar die boek bevat wysheid en lesse wat breer van toepassing kan wees. Die boek word as ’n drie-week-kursus aangebied met praktiese oefening aan die einde van elke dag. Die onderwerpe dek alle kwessies tieners sal raak, soos dwelm- en alkoholmisbruik, groepsdruk, eetsteurnisse, liggaamsbeeld en dieper kwessies rondom gedagtes, innerlike selfvertroue en geestelike welstand. Die praktiese raad sal tienermeisies help om anders oor hulself te dink, om meer selfvertroue te kry en om mishandeling te hanteer en te rapporteer. Alhoewel daar ’n sterk geestelike boodskap is, ‘preek’ die outeur nie en maak sy dit duidelik dat die boek vir enige iemand is, wat ook al hul geloofsoortuiging.
IN
Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word. Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.
Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Dié taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dié gebruikersvriendelike reeks bied onderwysers en leerders prikkelende, leerdergerigte stof wat deurgaans vaardighede oefen. Die kursus bestaan uit: • ’n Leerderboek wat op die vier vaardighede fokus en treffende visuele materiaal insluit • ’n Leesboek met letterkunde-aktiwiteite wat al die voorgeskrewe genres insluit • ’n Onderwysersgids met volledige antwoorde. Om gebruik in die klaskamer te vergemaklik, is lesreekse gestruktureer om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per tweeweeksiklus in die KABV te onderrig. Take vir formele assessering, asook voorbeeld-eksamenvraestelle, word ingesluit. Leerders se taalvaardighede soos Luister en praat, Lees en kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture en -konvensies word doeltreffend ontwikkel sodat die leerders in die multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.
Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
What makes the Verken besigheidstudies grade 12 course unique? Content reinforced by asking learners to apply what they have learnt to business scenarios from the real word; key words, key questions and fast facts are given to enhance learning by providing clarity on unfamiliar concepts, focus on main aspects and to provide researched information; appreciation of South African context and local culture is well represented in the case studies and scenarios used; the exam practice feature not only serves as a revision exercise but it also prepares learners for the their final exam by including a variety of questions assessing basic, moderately to high and higher-order thinking skills. Verken beteken eksamensukses! Voldoen ten volle aan die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (NKABV); eksamenoefening en assesseringsgeleenthede word verskaf; riglyne van die volledige Assesseringsprogram word verskaf; klaskamers regoor Suid-Afrika het die materiaal gebruik en beproef; eksamensukses deur leerders te ondersteun en te betrek; nuttige wenke vir klaskameronderrig.
Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig? Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind. Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf? Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie. In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
Dis die onstuimige tagtigerjare. |
You may like...
|