|
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 het 'n
groot aantal Hollanders en Hollandse uitgewekenes by die Boere
aangesluit. Hul redes het gewissel van lojaliteit teenoor hul
gemeenskaplike afkoms tot sterk anti-Britse gevoelens en 'n soeke
na avontuur. Broers in die stryd vertel van hierdie vrywilligers se
beproewings – die meeste van hulle was ongewoond aan Suid-Afrika se
ruwe landskap en strawwe klimaat. Aanhalings en persoonlike
staaltjies uit hul dagboeke en memoires skilder 'n lewendige beeld
van hul ontberings op kommando, die gedonder en chaos op die
slagveld, en die trauma van kamerade wat rondom hulle sneuwel. Van
die bekende figure in die boek is Cornelius van Gogh, broer van die
skilder Vincent van Gogh; Frans Oerder, wat die Transvaal se eerste
amptelike oorlogskunstenaar geword het; Jochem van Bruggen, wat die
gesogte Hertzogprys vir Afrikaanse letterkunde vier keer gewen het;
en ds. Herman van Broekhuizen, wat in 1896 vir Suid-Afrika rugby
gespeel het en later as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Den Haag
gedien het. Broers in die stryd dek die hele spektrum van die
Hollanders se rolle as soldate aan die verskillende gevegsfronte,
ambulanspersoneel en militêre attaches, en hul lewe in oorsese
krygsgevangenekampe.
Die 'verdrinking' van 'n 16jarige skooldogter, Bettie Smith, wat na bewering gedurende die veertigerjare betrokke was by ongeslypte diamante in die dorre Noord-Kaap het die gemeenskap warm onder die kraag gelaat.
Haar onnatuurlik dood word eers 10 jaar later, met die opgrawing van haar lyk ondersoek met die verhoor wat in omstrede omstandighede eindig. Die spilpunt van die saak sentreer rondom ongeslypte diamante waarin Adriaan Nieuwoudt se saak te berde gebring word.
|
You may like...
Departure(s)
Julian Barnes
Hardcover
R499
R420
Discovery Miles 4 200
|