|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Grusaam b.nw. veroorsaak afsku, walging; afgryslik. Informeel
geweldig onaangenaam. Oorsprong 16de eeu van die Skotse grue: Om
afgryse te voel; sidder, van Skandinawiese oorsprong. In hierdie
boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die
spore van 'n klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Die
geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe
millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat
medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat
hoeprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter
die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy
onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In
Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is
nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur?
Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het
van die doodgewone polisieman Andre Stander 'n gewetenlose
bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen
se slagoffers en 'n moontlike mensehandelsaak raakgesien? Potgieter
vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen
oor elk van die grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die
bloedige koerant-opskrifte van gister.
|
|