|
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan.
In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend.
Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
So is dit nou is ’n nuwe versameling aangrypende humoristiese
stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en
topverkoper-skrywer Johan van Wyk. Die versameling dokumenteer ’n
tyd van Padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit ’n saalsak.
Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en
rosyntjies nie. In die bundel word die verlede onthou en meesterlik
verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius
Malema die septer swaai.
Hierdie reeks van vier historiese boeke deur P.J. van der
Merwe oor die trekgeskiedenis van die Afrikaners herleef weer deur
middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is
geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDF-formaat, as ’n stel
of individueel. Die ander drie boeke in die reeks is Die
Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot
Trek (1770-1842), TREK – Studies oor die Mobiliteit van die
Pioniers-bevolking aan die Kaap (1770-1842) en Die Trekboer in die
Geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842).
Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die
Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds
bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde
toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner.
In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in
stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle
koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die
smart en lyding van die oorlog wou bring?
In Mei 1985 land 'n nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale
Magte op 'n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola.
Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe
olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood
van twee soldate en die gevangeneming van kaptein Wynand du Toit.
Dit alles dui op een ding: Verraad!
Lees hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die
diepgaande nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die
uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs 'n openingskuif
was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot
oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibie¨"
Errol Tobias se verkiesing tot Springbok was onmiddelik omstrede. In 1980 word hy ons eerste swart Springbok rugbyspeler – te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf kindsbeen tot met die groot oomblikke in die groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid.
Die waarheid agter legendariese rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias ’n rekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie ‘Dok’ Craven. Hier is ook Tobias se opinie oor vandag se kwotastelsels.
Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sý kant van die saak.
Hierdie is ’n gestruktureerde akademiese gids vir studente,
opvoeders en praktisyns in die veld van vroeekindontwikkeling. Dit
is saamgestel volgens die Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die Nasionale
Onderwysdepartement 2011 en toon die jongste tendense van
internasionale bronne. Die fokus le op die voorbereiding van die
student om die beginsels van die informele onderrigbenadering te
verstaan en dit te implementeer. Duidelike voorskrifte word gegee
om kennis, vaardighede en houdings by die jong kind te ontwikkel
sodat elke leerder selfverwesenliking kan bereik. Inligting word
voorsien oor die inrigting van die klaskamer en speelomgewing om
vir leerders optimale leergeleenthede te skep. Leerders se
verskillende ontwikkelingsvlakke en kulture word in ag geneem.
Wenke vir onderrig in die praktyk word toegelig met toepaslike
voorbeelde en foto’s.
Die Klankboek vir leerders Huistaal Onderwysersgids bevat ’n jaarplan en die vier kwartaalplanne. Die Onderwysersgids is volgens die vereistes KABV ontwikkel. Die Onderwysersgids bevat leiding om enkelklanke, dubbelklanke, klanksamestellings, meervoude, verkleiningsvorme asook spel- en sigwoorde aan die Huistaalleerder te leer. Vir ouers en onderwysers aanbeveel.
When Mary Lange asked a group of Upington women: `What do you know
about the Water Snake?', this triggered a set of lyrical short
stories, in an attempt to capture the myth of the Water snake. The
women's response to her question formed the basis for the Water
Stories , here published with a set of original drawings by
regional artist Betta Steyn. Johanna (Nana) de Wee, Martha van
Rooi, Maria (Mokkie) Malo, Noxolo(Girlie) Prescilla Saaiman and
Elizabeth (Bessa) Sixaxa became narrators - sharing with us their
beliefs surrounding the Water Snake. Religion, myth or folklore,
these Water Stories provide a glimpse into beliefs, customs,
traditions and everyday realities of these peoples of mixed
cultural descent. The original regional Afrikaans narrations have
been supplemented by an English translation as explanation. Subject
fields include cultural studies, linguistics, religion, archaeology
and anthropology.
Dit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis ’n liefdesverhaal wat ’n misdaadriller geword het, ’n sprokie wat in bloed geëindig het.
En dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só ’n manier ineen dat dit soos ’n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het.
Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook ’n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken?
Dit word alles geïllustreer met treffende foto’s wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings.
Die Staat vs. Oscar is ’n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.
Suid-Afrika is een van die lande met die grootste gaping tussen ryk en arm ter wêreld. Hoe het ons by dié punt gekom? In Verdeelde land kyk Sampie Terreblanche na die historiese oorsake van die ongelykheid – en waarom dit sedert die ANC se bewindsoorname vererger het.
Terreblanche is uitgesproke oor die groot rolspelers wat die land se ekonomie vir hul eie gewin manipuleer ten koste van armes: Amerikaanse en Britse multinasionale maatskappye, die Suid-Afrikaanse minerale-energiekompleks en plaaslike politici.
Hy voorspel dat in die volgende 20 jaar die rykes nog ryker en die armes net nog armer gaan word – wat niks goeds vir Suid-Afrika se toekoms voorspel nie. ’n Belangrike waarskuwing en wekroep.
|
|