![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Hierdie boeke is deel van die Alles-in-een lees- en klankprogram wat leerders begelei om klanke op 'n vermaaklike en praktiese wyse te bemeester. Al die klanke per graad is ingesluit in een omvattende boek per graad wat ontwikkel is volgens die vereistes van die nuwe kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir tale. Elke vlak het 'n omvattende onderwysersgids.
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Piekfyn Afrikaans Graad 11 se Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Graad 11–12 wat die leerder se leerbehoeftes eerste stel en die onderwyser se onderrigtaak ondersteun: fokus op die kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; bied inhoud en kontekste aan volgens eietydse temas en 'n wye verskeidenheid tekssoorte; ondersteun die onderwyser in die beplanning van onderrigplanne, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk; bevat 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures vir elke aktiwiteit; bevat 'n CD waarop gratis materiaal (soos volkleur plakkate en idiome) ingesluit is.
Die geestelike leidsman, J.D. Kestell is die enigste Vrystaatse predikant wat tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in die veld was – en hoewel president M.T. Steyn die pos as veggeneraal aan hom aangebied het, het hy verkies om geestelike leiding tydens die oorlog te gee. Sy wedervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog word beskryf in die van die beroemdste boeke oor die oorlog.
Hierdie lespakket – die eerste van ’n reeks wat van graad 6 tot graad 11 strek – het dit ten doel om leerders aan die Nederlandse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel. Leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe werelde (Nederlands en Nederland en Belgie). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is. Die meeste leerders sal bekend wees met die legendariese karakters wat bespreek word, en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is – sommige oppervlakkig; ander meer diepgaande. Kurrikulum-Inligting. Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik spelling en woordeskatontwikkeling.
1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies. Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer. Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.
Hierdie lespakket – die eerste van ’n reeks wat van graad 6 tot graad 11 strek – het dit ten doel om leerders aan die Nederlandse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel. Leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe werelde (Nederlands en Nederland en Belgie). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is. Die meeste leerders sal bekend wees met die legendariese karakters wat bespreek word, en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is – sommige oppervlakkig; ander meer diepgaande. Kurrikulum-Inligting. Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik spelling en woordeskatontwikkeling.
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 6 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur; te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; 'n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite; 'n CD waarop aanvullende hulp- en organisatoriese take, asook A2-grootte plakkate en idiome Ons weet die Piekfyn Afrikaans-sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die KABV ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en volkleur gratis beskikbaar te stel.
Hierdie lespakket – die eerste van ’n reeks wat van graad 6 tot graad 11 strek – het dit ten doel om leerders aan die Nederlandse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel. Leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe werelde (Nederlands en Nederland en Belgie). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is. Die meeste leerders sal bekend wees met die legendariese karakters wat bespreek word, en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is – sommige oppervlakkig; ander meer diepgaande. Kurrikulum-Inligting. Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik spelling en woordeskatontwikkeling.
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoerotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling "Kuns" word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin. Die afdeling "Skrywers en individuele werke" is 'n kort historiese oorsig van die hantering van homoseksualiteit in literatuur. Skrywers soos Stephen Spender, C. Louis Leipoldt, Christopher Isherwood en Edmund White word belig en daar word aandag gegee aan gay stereotipes soos die cowboy in die kortverhaal "Brokeback Mountain". In "Bloemlesings" gee Aucamp onder andere 'n hipotetiese keur van gay verhale. Die laaste afdeling, "Egodokumente", bespreek beroemde mense se dagboeke en daar word afskeid geneem van Lucas Malan.
Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.
The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.
Die Klankboek Huistaal Onderwysersgids bevat ’n jaarplan vir die vak, die vier kwartaalplanne vir die vak, moontlike tydskedules vir ’n week en volledige, en daaglikse stap-vir-stap onderrigplanne vir 40 weke. Die onderrigplanne sluit die volgende in: Die weeklikse onderrigplan, wenke en noodsaaklike inligting as agtergrondkennis voordat die lesse aangepak word, volledige stap-vir-stap-lesse vir elke dag en leiding om die voorgeskrewe assesseringstake te voltooi. Daar word ook verduidelik hoe om die Prentboek- en insidentele lees boeke vir Graad R (1 tot 20) te gebruik wat by die Grootboeke vir Graad R aansluit. Fonemiese bewustheid en sigwoorde word in die volkleur Klankboek Leerderboek en Onderwysersgids behandel.’ *Nota: Die Prentboeke is vervang met die Nuwe Alles-In-Een Graad R Gegradeerde Leesreeks.
Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is? Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar. ’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.
Hierdie boeke is deel van die Alles-in-een lees- en klankprogram wat leerders begelei om klanke op 'n vermaaklike en praktiese wyse te bemeester. Al die klanke per graad is ingesluit in een omvattende boek per graad wat ontwikkel is volgens die vereistes van die nuwe kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir tale. Elke vlak het 'n omvattende onderwysersgids.
Cas van Rensburg se oeuvre kom op ’n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome – die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot ’n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het ’n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daar’s ’n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, “maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir ma’s en pa’s wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan” (agterplat). Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van “die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis” of omdat “die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het”. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word ’n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies. Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval. Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die “moederkompleks” in die manwordproses aangespreek word sodat die “stryd met die moeder” op ’n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n “heldereis” gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook “begin by jou pa” en jou pa “agterlaat” deur hom te leer ken of verstaan. Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels. Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie ’n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek ’n indruk maak, “in die onbewuste (sal) bly spook” met antwoorde wat mettertyd oprys.
Die reis op soek na antwoorde begin in Augustus 2018 met 'n toer deur Angola. Die ongenaakbare terrein en taal hindernisse in Angola, maak toerlede aangewese op mekaar. Ek begin soldate kameradrie verstaan. In Angola het die nasionale parke sonder diere, armoede, die nuwe kolonialiseerders van Afrika en die sigbare sowel as die onsigbare littekens van oorloe, 'n groot indruk op my gemaak. Die deure na die gebeure in die verlede moes oopgesluit word. Soldate se wedervarings moet gedeel word. |
You may like...
The Ohio State Constitution
Steven H Steinglass, Gino J Scarselli
Hardcover
R5,762
Discovery Miles 57 620
Thermal Control Thin Films - Spacecraft…
Jia-Wen Qiu, Yu-Dong Feng, …
Hardcover
R3,174
Discovery Miles 31 740
|