![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Voldoen ten volle aan die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (NKABV).; Eksamenoefening en assesseringsgeleenthede word verskaf.; Riglyne van die volledige Assesseringsprogram word verskaf.; Klaskamers regoor Suid-Afrika het die materiaal gebruik en beproef.; Eksamensukses deur leerders te ondersteun en te betrek.; Nuttige wenke vir klaskameronderrig.
Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde, ontmoet mekaar in 'n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars.In hierdie memorie vertel Hester van der Walt van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle "vlugtelinge" wat die onversoenbare waardes van hulle "tuiste" (hetsy fisies of idologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om 'n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om 'n metgesel langs die pad te vind.
Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar ’n einde gekom aan die lewe van ’n unieke mens en ’n unieke oeuvre: ’n digter, dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir ’n huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om die publikasie te verwesenlik: Wanneer ’n kunstenaar sterf en sy stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin. Die bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van ’n afsluiting, ’n terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was. Adam Small: Denker, digter, dramaturg – ’n Huldiging hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie – inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.
Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.
What makes the Verken besigheidstudies grade 12 course unique? Content reinforced by asking learners to apply what they have learnt to business scenarios from the real word; key words, key questions and fast facts are given to enhance learning by providing clarity on unfamiliar concepts, focus on main aspects and to provide researched information; appreciation of South African context and local culture is well represented in the case studies and scenarios used; the exam practice feature not only serves as a revision exercise but it also prepares learners for the their final exam by including a variety of questions assessing basic, moderately to high and higher-order thinking skills. Verken beteken eksamensukses! Voldoen ten volle aan die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (NKABV); eksamenoefening en assesseringsgeleenthede word verskaf; riglyne van die volledige Assesseringsprogram word verskaf; klaskamers regoor Suid-Afrika het die materiaal gebruik en beproef; eksamensukses deur leerders te ondersteun en te betrek; nuttige wenke vir klaskameronderrig.
Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop te gee • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram vir graad 6, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onderwyserslêer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn.
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 5 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon; ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Hierdie boeke is deel van die Alles-in-een lees- en klankprogram wat leerders begelei om klanke op 'n vermaaklike en praktiese wyse te bemeester. Al die klanke per graad is ingesluit in een omvattende boek per graad wat ontwikkel is volgens die vereistes van die nuwe kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir tale. Elke vlak het 'n omvattende onderwysersgids.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.
Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en
julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy
vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en
behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs
jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê
ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te
kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.
What makes the Verken ekonomie grade 12 course unique? Teachers and Learners will need no other resource (panel comment); interesting graphs, tables and case studies provided; a contemporary look at South African economics against the backdrop that influences it; written in accessible language on an appropriate level; keywords support readability; content summaries support the consolidation of knowledge. Focus on exam success! Fully CAPS compliant; opportunities for exam practice and assessment; complete programme of assessment provided; used and tested in schools throughout South Africa; supports and engages learners for success.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Die end van die twintigste eeu het die einde gesien van wat breedweg genoem word die apartheidsbestel. Vir die Afrikanervolk was dit traumaties. Baie is landuit. Van die agtergeblewenes het skepties-gelate die nuwe bestel aanvaar en gewerk aan 'n nuwe verhouding met hul swart landgenote. Ander kon die verandering nie hanteer nie en het verbitterd oor die gewaande volksverraad en die nuwe onregte bly broei. Soos 'n sluimerende vulkaan. Die foutlyne het families, vriende en rassegroepe onheelbaar verdeel. Die roman KRONIEK VAN DONKERHOEK is die verhaal van die Vorsters en hul erfplaas oor meer as twee dekades met die oorgang van apartheid na demokrasie. Inherent goeie mense, wie se sienings en vooroordele onvermydelik tot konflik en uiteindelike ondergang lei. Die platorand van Mpumalanga met sy deinserige vergesigte, wuiwende grashalms, suisende denne, bosbrande en veediefstal is die agtergrond waarteen vals grondeise en 'n stryd om besitreg lei tot rassetwis en moord. Die patriarg Jaap Vorster kan hom nie versoen nie met die smaad die familie aangedoen deur sy seun Pieter, wat trou met Johanna Dlamini, dogter van die voorman. Gelok deur 'n bosbrand word Jaap vermoor deur die voorman se seun, 'n opgeleide kader. Pieter neem die bosbouboerdery oor en word onregverdig veroordeel vir die moord op sy vrou se ander broer. Voortvlugtig vir die gereg probeer Pieter sy vrou oortuig van sy onskuld. Knaend op die spoor bly inspekteur Khumalo wat die skandvlek van die ontsnapping wil uitwis en eers in die Appelhof teenoor die voortvlugtige te staan kom. Die sittings van die Rondgaande Hof te Piet Retief en die Appelhof in Bloemfontein word met fyn insig uitgebeeld en die strydende regslui met 'n tikkie humor geskets. Die aksievolle spanningsroman het as somber agtergrondmusiek die veelkantige onoplosbare grondkwessie. |
![]() ![]() You may like...
What To Do When You Don't Know What To…
David Jeremiah
Paperback
![]()
Counseling - How to Counsel Biblically
John F Macarthur, Wayne A Mack, …
Paperback
|