|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die
“nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit
vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare
sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is
nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.
Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die
toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer
word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels
van meerdere Suid-Afrikaners.
Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en
toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale
ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”
In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers,
insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan
Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op
ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te
waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners
waar ook al hulle hulself mag bevind.
Ritmes En Rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in Vrye Weekblad verskyn het.
Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende tye.
|
|