![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Why do people fall in love with criminals? From thieves to perpetrators of violent crimes – they can still become the love of someone’s life. Carla van der Spuy interviews people who found love despite andbecause of the presence of prison bars, as well as experts such as forensic psychologists, and investigates what drives such relationships.
‘n Nostalgiese reis styg uit die pen van
prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en
verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie
ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy
verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die
uitvloeisel hiervan is ‘n mengsel van historiese novelle,
biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van
prof.
Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig? Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind. Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf? Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie. In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Hier is 'n versameling gewaagde reddings vol drama en gevaar, ter viering van die NSRI se 50ste herdenking. Die stories, wat alles dek van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers tot hallusinerende vissermanne, gaan oor die mens se konstante stryd teen sommige van die gevaarlikste vaarwaters op aarde. Dit sluit die storie in wat tot die stigting van die NSRI gelei het.
Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.
Voici ce qu'a dit Leopold Cedar Senghor, Contrairement a l'education dite moderne, l'education traditionnelle en Afrique est essentiellement collective, fonctionnelle, pragmatique, orale, continue, mystique, homogene, polyvalente et integrationniste. Il a aussi dit, Quand un africain meurt, c'est une bibliotheque qui brule . Le Pasteur David Henri Amvembe publie a travers ce livre, un document qui doit faire la fierte du peuple Beti. C'est un dictionnaire des coutumes, les manieres par lesquelles la vie se passait dans la communaute. A cause de ces coutumes, on assurait la stabilite familiale et communautaire. On savait que faire quand la femme est enceinte. Quand il est temps pour le sevrage; comment se procurer de la viande; si le jeune homme a deja atteint l'age adulte comment organiser les ceremonies de son passage; comment on peut se marier et quelle est la hierarchie dans le village; la ou les hommes s'assemblent pour manger, traiter et arranger les problemes. S'il y a deuil au village comment s'en sortir. Le veuvage et les ceremonies de fin de veuvage.etc.. Voici un livre que tout Beti doit avoir et utiliser pour ancrer nos enfants et petits-enfants dans la culture, les bases et les valeurs de chez-nous. Rappelons-nous que l'education livresque, les rangs sociaux et les positions materielles et meme notre entree dans le concert des nations comme pays n'auront d'impact que dans la mesure ou individuellement et collectivement nos bases culturelles et spirituelles resteront solidement ancrees chez nous. Autrement, notre societe sera nombree parmi celles dites alienees. Voici l'un des livres qui peuvent nous epargner de ce sort. Francois Kara Akoa-Mongo
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou? Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?
Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly 'n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk 'n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik 'n rassis? In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militere strateeg (hy het 'n leidende rol tydens drie oorloe gespeel), politikus (vir 'n halwe eeu in die "era van die generaals" was hy prominent) en staatsman (hy was 'n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf. Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote uitgetroon as 'n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat Smuts se gedagtenis in stand gehou het. 'n Herwaardering van Smuts vanuit 'n Afrikaanse gesigspunt sal dus 'n leemte in die literatuur oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu vul. Vandag het ons 'n beter perspektief op sy bydraes binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om 'n meer ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.
Dit is'n Lekker, "Leer-om-te-lees" boek. Die boekie bevat meestal twee en drie letter woorde wat dit maklik maak om te lees en selfvertroue bou. 'n Oulike storie met kleurvolle illustrasies
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan. In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend. Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees. |
![]() ![]() You may like...
Forging Links - African American…
Angela M. Neal-Barnett, Josefina M. Contreras, …
Hardcover
R2,772
Discovery Miles 27 720
Developmental Neuropsychology - A…
Vicki Anderson, Elisabeth Northam, …
Paperback
R1,423
Discovery Miles 14 230
Kirstenbosch - A Visitor's Guide
Colin Paterson-Jones, John Winter
Paperback
|