Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.
Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.
Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!