Books > History > African history
|
Buy Now
Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Loot Price: R401
Discovery Miles 4 010
|
|
Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
(sign in to rate)
Loot Price R401
Discovery Miles 4 010
Expected to ship within 4 - 8 working days
|
Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse
kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die
tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die
hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die
Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die
politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede
van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies
met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die
aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike
naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense
direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee
van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord
Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster,
die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine.
Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking
van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later
die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub
oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se
boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die
talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers
aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van
Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf
en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland.
Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer
'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met
ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.