0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (4)
  • R250 - R500 (33)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Politics

1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.

In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar.

Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 3
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 4 - 8 working days

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 5 - 7 working days

Stellenbosch staan internasionaal bekend as 'n dorp van weelde en wyn, 'n plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge.

Maar die idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier 'n skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfer in die wêreld maak.

Oor die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake in dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin... Maar hierdie boek gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers - 'n vrou van wie die wêreld vergeet het.

'n Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R460 Discovery Miles 4 600 Ships in 2 - 4 working days

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz 4
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba.

Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R620 Discovery Miles 6 200 Ships in 10 - 15 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee 1
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 2 - 4 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback): Wilhelm Verwoerd Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback)
Wilhelm Verwoerd
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ’n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ’n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.

“Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.” – Martie Retief Meiring

Die Stellenbosch-Mafia - ?n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter du Toit Die Stellenbosch-Mafia - ’n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter du Toit
R260 R190 Discovery Miles 1 900 Save R70 (27%) Ships in 5 - 10 working days

“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa

Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as ’n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politeke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krites na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied ’n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.

Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover): Eunice Bauermeester Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover)
Eunice Bauermeester 1
R770 Discovery Miles 7 700 In Stock

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur.

In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1 - Konvensionele Oorlog 1899-1900 (Afrikaans, Paperback): Tinus le Roux Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1 - Konvensionele Oorlog 1899-1900 (Afrikaans, Paperback)
Tinus le Roux 2
R400 R357 Discovery Miles 3 570 Save R43 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog ’n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.

Lesers sal talle ikoniese foto’s in Die AngloBoereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.

Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R499 R468 Discovery Miles 4 680 Save R31 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon.

Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.”

Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days

Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.

Churchill & Smuts: Die Vriendskap (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Churchill & Smuts: Die Vriendskap (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wêrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag.

Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wêreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans ’n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Dit is ’n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede – die een die leier van ’n groot ryk, die ander die leier van ’n klein, weerspannige lid van daardie ryk.

Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe)
Wilhelm J. Verwoerd
R292 Discovery Miles 2 920 In Stock

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Eie Rigting (Afrikaans, Paperback): Willie Spies Eie Rigting (Afrikaans, Paperback)
Willie Spies
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem.

In ‘n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig.

Willie Spies skryf sedert 2016 – die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA – rubrieke vir Beeld en Netwerk 24.

Die rubrieke ontgin die stand van die makro-omgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zuma-bewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreld gebeure in historiese konteks.

Dit keer telkens terug na die mikro-werklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer-word en vergifnis.

Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind wat leemtes vul wat die staat ooplaat.

Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere – die gevreesde pokke.

Op 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.

In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat ’n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg – ’n magtige skip van ’n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot ’n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede

Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Ivor Price, Kobus Louwrens Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Ivor Price, Kobus Louwrens
R315 R295 Discovery Miles 2 950 Save R20 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Terwyl die gronddebat woed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie. 'n Inspirerende ode aan ons landbouers. 

Moederstad - Die Kaap In Die Naoorlogsjare 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Moederstad - Die Kaap In Die Naoorlogsjare 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days
Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback): J.A. Heese Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback)
J.A. Heese
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen.

Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het.

Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.

Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback): Gerhardus Pool Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback)
Gerhardus Pool
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibie se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.

'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback): Koos Stadler Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback)
Koos Stadler
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's, maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652–1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 4 - 8 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroeë besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoë amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in dié Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militêre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie hoë Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika
Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, … Hardcover  (4)
R510 R478 Discovery Miles 4 780
Krygsgevangenekuns In Die…
Vicky Heunis Paperback R411 Discovery Miles 4 110
Herlewing - Transvaal En Die…
Karel Schoeman Paperback R438 Discovery Miles 4 380
1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike…
Alexander Strachan Paperback R380 R356 Discovery Miles 3 560
Van Humpata Tot Upingtonia
Nicol Stassen Hardcover R514 Discovery Miles 5 140
Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese…
Leopold Scholtz Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan…
Alexander Strachan Paperback R380 R356 Discovery Miles 3 560
Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In…
Karel Schoeman Hardcover R438 Discovery Miles 4 380
Not available
Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n…
Francis Wilson Paperback R256 Discovery Miles 2 560

 

Partners