Books > History > African history
|
Buy Now
Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Price: R634
Discovery Miles 6 340
|
|
Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies
het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische
Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n
behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd
aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering
was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat
aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in
die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers,
wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is
gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die
seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de
eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste
en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag
gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy
Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot
internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die
maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang
aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die
rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel
gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste
word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap
– die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om
dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en
die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die
regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar
is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of
beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die
Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of
“bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig
op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid
aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos
ons dit vandag ken.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.