0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (4)
  • R250 - R500 (32)
  • R500+ (5)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Politics

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652–1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 4 - 8 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroeë besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoë amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in dié Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militêre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie hoë Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days

In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.

Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.

Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 4 - 8 working days

Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte aan die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het.

Die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Francis Wilson Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Francis Wilson; Translated by Aniel Botha
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis.

Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië.

Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.

Halala Suid-Afrika - 25 Jaar Se Groeipyne Van 'n Jong Demokrasie (Afrikaans, Paperback): Michael le Cordeur Halala Suid-Afrika - 25 Jaar Se Groeipyne Van 'n Jong Demokrasie (Afrikaans, Paperback)
Michael le Cordeur
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 2 - 4 working days

Menige keer wou hy die skryf van meningsartikels laat vaar, maar dan onthou hy Burke se woorde: die enigste ding wat nodig is vir boosheid om te seevier, is goeie mense wat stilbly ....

Halala (Ewig vir jou) Suid-Afrika bevat ‘n keur van Le Cordeur se artikels die afgelope 25 jaar en is ‘n besinning van Suid- Afrika as jong demokrasie. Dit bestryk ’n breë spektrum: van onderwys, taal, kultuur, werkloosheid, nasiebou, die jeug tot die versugting na leierskap.

Soos die inwoners van die Bo-Kaap (op die voorblad) met al sy kleure en kulture al vir eeue in vrede saam bestaan, so glo die skrywer dat Suid-Afrika ‘n tuiste bied vir al sy mense; dat Suid-Afrikaners in harmonie met mekaar wil en kan lewe; ons is immers een groot familie.

Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R598 Discovery Miles 5 980 Ships in 10 - 15 working days

Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ’n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ’n nasionaal demokratiese revolusie wees – ’n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ’n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ’n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ’n groot deel van die leiding.

In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.

Wie Gaan In 2019 Regeer? (Afrikaans, Paperback): Jan-Jan Joubert Wie Gaan In 2019 Regeer? (Afrikaans, Paperback)
Jan-Jan Joubert
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 2 - 4 working days

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?

Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind. Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?

Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.

'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback): Frans Cronje 'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback)
Frans Cronje
R354 Discovery Miles 3 540 Ships in 2 - 4 working days

Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou?

Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe.

Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?

DA of Nie? - 'n Kieser se Krisis (Afrikaans, Paperback): Eusebius McKaiser DA of Nie? - 'n Kieser se Krisis (Afrikaans, Paperback)
Eusebius McKaiser
R327 Discovery Miles 3 270 Ships in 2 - 4 working days

Hoekom kry die DA nie steun onder swart Suid-Afrikaners nie? Is hulle gedoem om ’n wit party te bly? Wat doen die DA dan verkeerd? Kan hulle droom van groter steun in 2014?

Eusebius McKaiser is bekend daarvoor dat hy geen doekies omdraai nie. In hierdie vermaaklike, ietwat voor-op-die-wa en soms tong-in-die-kies boek, bekyk Eusebius die DA van naderby. Staan hulle hoegenaamd ’n kans in die verkiesing hierdie jaar?

Die boek is geskryf in Eusebius se kenmerkende leesbare en hoogs amusante styl. Sy argumente word aangevul deur kleurryke anekdotes en lewendige, soms onthullende vertelling uit sy eie ervaring.

Of jy hom nou bewonder of verafsku, g’n Suid-Afrikaner word koud gelaat deur Eusebius se skerp, soms aspris, insigte nie.

Boer En Brit: Afrikaanse En Nederlandse Tekste Uit En Om Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Dutch, English, Hardcover): Ena... Boer En Brit: Afrikaanse En Nederlandse Tekste Uit En Om Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Dutch, English, Hardcover)
Ena Jansen, Wilfred Jonckheere
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 2 - 4 working days
Die Laaste Afrikaner-leiers (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Die Laaste Afrikaner-leiers (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R799 Discovery Miles 7 990 Ships in 10 - 15 working days

Die gevierde historikus Hermann Giliomee beskou die val van wit regering in Suid-Afrika uit ’n prikkelende nuwe hoek: Pleks van onpersoonlike magte, of die vindingrykheid van ’n onstuitbare weerstandsbeweging, beklemtoon hy die rol van die Nasionale leiers en hul uitgesproke kritikus, Van Zyl Slabbert. Wat het die laaste Afrikanerleiers, van Verwoerd tot De Klerk, aangevuur? Hoe het hulle sekuriteit, ekonomiese groei en wit bevoorregting probeer versoen met die eise van ’n immer meer uitgesproke swart leierskap – en met foutiewe volkskattings?

In sy verkenning van elke leier se agtergrond, denke en persoonlikheid, neem Giliomee stelling in teenoor die idee dat Suid-Afrika in 1994 onafwendbaar op ’n ANC-oorwinning afgestuur het. Hoewel hy die belang van strukturele magte erken, argumenteer hy dat historiese toevallighede en die gehalte van leierskap die landspolitiek radikaal beïnvloed het.

Openhartige gesprekke met ’n magdom betrokkenes en talle primêre bronne werp dramatiese nuwe lig op sleutelmomente: Verwoerd se aanbod in 1950 aan stedelike swart leiers, die inval in Angola in 1975, die onverwagte deurbraak wat die arbeidshervormings moontlik gemaak het, Botha se geheime poging in 1984 om ’n ooreenkoms met die Sowjetunie aan te gaan, die agtergrond tot die rampspoedige Rubikon-toespraak, tronkgesprekke met Mandela, bosberade waar die kabinet taktiek beplan het – en hoe die Nasionale Party in die onderhandelinge nie sy beloftes kon nakom nie.

Giliomee bied ’n prikkelende politieke geskiedenis. Eerder as om te veroordeel, probeer hy verstaan waarom die laaste Afrikanerleiers opgetree het soos hulle het, en hoekom hul eie beleid hulle uiteindelik in die steek gelaat het.

Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover): Theresa Papenfus Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Theresa Papenfus
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
My First Duck Hunt
Beverly King Hardcover R596 Discovery Miles 5 960
Shark Quest
Paperback R74 Discovery Miles 740
The Commanding Heights - The Battle for…
Daniel Yergin, Joseph Stanislaw Paperback R600 R560 Discovery Miles 5 600
Advanced Macroeconomics - A Primer…
Patrick Minford, David Peel Hardcover R5,128 Discovery Miles 51 280
Expenditures of Older Americans
Michael Nieswiadomy, Rose Rubin Hardcover R2,208 Discovery Miles 22 080
The State, Regulation and the Economy…
Lars Magnusson, Jan Ottosson Hardcover R3,181 Discovery Miles 31 810
Because Of Winn-Dixie
Kate Dicamillo Paperback R228 R201 Discovery Miles 2 010
Macroeconomics
Charles I. Jones Paperback R1,207 Discovery Miles 12 070
Spread It to All
Makenzie Hall Hardcover R639 Discovery Miles 6 390
The Deficit Myth - How To Build A Better…
Stephanie Kelton Paperback R353 Discovery Miles 3 530

 

Partners