0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • R250 - R500 (32)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Politics

Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte aan die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het.

Die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.

Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Francis Wilson Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Francis Wilson; Translated by Aniel Botha
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 4 - 6 working days

’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis.

Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië.

Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.

Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R492 Discovery Miles 4 920 Ships in 4 - 6 working days

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

Brugbouers - Die Reitz-video en die Pad na Versoening (Afrikaans, Paperback): Rudi Buys Brugbouers - Die Reitz-video en die Pad na Versoening (Afrikaans, Paperback)
Rudi Buys
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.

Om die situasie te help beredder, het die universiteit vir Rudi Buys as versoeningskonsultant gewerf, waarna hy as studentedekaan aangestel is. Buys se werk by die universiteit sou uiteindelik simbolies word van ’n feller konflik in Suid-Afrika – tussen versoening en ’n dreigende rassestryd, ou en nuwe denkwyses, hoop en wanhoop.

Hierdie boek fokus op “tussenin-wees”. Die verhale van vier studenteleiers uit daardie onstuimige tydperk, asook die ingrypings wat onderneem is, word belig. Vir Buys was die proses by Kovsies ook ’n geleentheid om van sy eie Afrikaner-verlede sin te maak. Die gebeure by die universiteit illustreer dat Afrikaners, in hulle strewe om hul eie verlede met ’n toekoms in die land te versoen, oor die potensiaal beskik om ware brugbouers te wees en medeargitekte te word van ’n nierassige toekoms.

Brugbouers bied waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en sinvolle transformasie in Suid-Afrika.

Wie Gaan In 2019 Regeer? (Afrikaans, Paperback): Jan-Jan Joubert Wie Gaan In 2019 Regeer? (Afrikaans, Paperback)
Jan-Jan Joubert
R300 Discovery Miles 3 000 Ships in 4 - 6 working days

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?

Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind. Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?

Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.

'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback): Frans Cronje 'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback)
Frans Cronje
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 4 - 6 working days

Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou?

Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe.

Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?

Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover): Con de Wet, Jan Visagie, Leon Hattingh Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Con de Wet, Jan Visagie, Leon Hattingh
R575 Discovery Miles 5 750 Ships in 4 - 6 working days

Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.

DA of Nie? - 'n Kieser se Krisis (Afrikaans, Paperback): Eusebius McKaiser DA of Nie? - 'n Kieser se Krisis (Afrikaans, Paperback)
Eusebius McKaiser
R195 Discovery Miles 1 950 Ships in 4 - 6 working days

Hoekom kry die DA nie steun onder swart Suid-Afrikaners nie? Is hulle gedoem om ’n wit party te bly? Wat doen die DA dan verkeerd? Kan hulle droom van groter steun in 2014?

Eusebius McKaiser is bekend daarvoor dat hy geen doekies omdraai nie. In hierdie vermaaklike, ietwat voor-op-die-wa en soms tong-in-die-kies boek, bekyk Eusebius die DA van naderby. Staan hulle hoegenaamd ’n kans in die verkiesing hierdie jaar?

Die boek is geskryf in Eusebius se kenmerkende leesbare en hoogs amusante styl. Sy argumente word aangevul deur kleurryke anekdotes en lewendige, soms onthullende vertelling uit sy eie ervaring.

Of jy hom nou bewonder of verafsku, g’n Suid-Afrikaner word koud gelaat deur Eusebius se skerp, soms aspris, insigte nie.

Boer En Brit: Afrikaanse En Nederlandse Tekste Uit En Om Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Dutch, English, Hardcover): Ena... Boer En Brit: Afrikaanse En Nederlandse Tekste Uit En Om Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Dutch, English, Hardcover)
Ena Jansen, Wilfred Jonckheere
R162 Discovery Miles 1 620 Ships in 4 - 6 working days
Halala Suid-Afrika - 25 Jaar Se Groeipyne Van 'n Jong Demokrasie (Afrikaans, Paperback): Michael le Cordeur Halala Suid-Afrika - 25 Jaar Se Groeipyne Van 'n Jong Demokrasie (Afrikaans, Paperback)
Michael le Cordeur
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Menige keer wou hy die skryf van meningsartikels laat vaar, maar dan onthou hy Burke se woorde: die enigste ding wat nodig is vir boosheid om te seevier, is goeie mense wat stilbly ....

Halala (Ewig vir jou) Suid-Afrika bevat ‘n keur van Le Cordeur se artikels die afgelope 25 jaar en is ‘n besinning van Suid- Afrika as jong demokrasie. Dit bestryk ’n breë spektrum: van onderwys, taal, kultuur, werkloosheid, nasiebou, die jeug tot die versugting na leierskap.

Soos die inwoners van die Bo-Kaap (op die voorblad) met al sy kleure en kulture al vir eeue in vrede saam bestaan, so glo die skrywer dat Suid-Afrika ‘n tuiste bied vir al sy mense; dat Suid-Afrikaners in harmonie met mekaar wil en kan lewe; ons is immers een groot familie.

In Gesprek Met Waldimar - Sy 100 Beste Ontledings, Inleidings En Beledigings (Afrikaans, Paperback): Waldimar Pelser In Gesprek Met Waldimar - Sy 100 Beste Ontledings, Inleidings En Beledigings (Afrikaans, Paperback)
Waldimar Pelser
R296 Discovery Miles 2 960 Ships in 5 - 7 working days

Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor.

Hy noem Julius Malema 'n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ 'n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma 'n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop - ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In Gesprek met Waldimar is 'n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met 'n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van 'n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf.

Verdeelde Land - Hoe Die Oorgang Suid-Afrika Faal (Afrikaans, Paperback): Sampie Terreblanche Verdeelde Land - Hoe Die Oorgang Suid-Afrika Faal (Afrikaans, Paperback)
Sampie Terreblanche
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 4 - 6 working days

Suid-Afrika is een van die lande met die grootste gaping tussen ryk en arm ter wêreld. Hoe het ons by dié punt gekom? In Verdeelde land kyk Sampie Terreblanche na die historiese oorsake van die ongelykheid – en waarom dit sedert die ANC se bewindsoorname vererger het.

Terreblanche is uitgesproke oor die groot rolspelers wat die land se ekonomie vir hul eie gewin manipuleer ten koste van armes: Amerikaanse en Britse multinasionale maatskappye, die Suid-Afrikaanse minerale-energiekompleks en plaaslike politici.

Hy voorspel dat in die volgende 20 jaar die rykes nog ryker en die armes net nog armer gaan word – wat niks goeds vir Suid-Afrika se toekoms voorspel nie. ’n Belangrike waarskuwing en wekroep.

Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R557 Discovery Miles 5 570 Ships in 18 - 22 working days

Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ’n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ’n nasionaal demokratiese revolusie wees – ’n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ’n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ’n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ’n groot deel van die leiding.

In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.

Armblankes  (Afrikaans, Paperback): Edward-John Bottomley Armblankes (Afrikaans, Paperback)
Edward-John Bottomley 2
R184 Discovery Miles 1 840 Ships in 4 - 6 working days

Weke voor die Sokker-wêreldbeker in 2010 het die New York Times ’n artikel gepubliseer oor die “onsigbare nuwe probleem in Suid-Afrika”: arm wit mense. Volgens die artikel is hierdie “probleem” ’n nuwe een wat ontstaan het ná demokrasie.

Edward-John Bottomley neem hierdie stelling onder die loep en neem die leser op ’n reis deur ’n Suid-Afrikaanse landskap waar daar nog altyd arm wit mense (en veral arm Afrikaanse mense) was. Bottomley wys hoe Christenskap en politiek saamgespan het om die idee van “blankes” en ’n “Afrikaner-volk” te skep en sodoende armblankes van hulself te probeer red. Hy wys hoe die “gevaar” van armoede juis was dat dit die eenheid van politieke en Christelike mag sou kon breek: deur onwelkome kontak met ander rasse in Suid-Afrika se kookpot.

Met die koms van die apartheidsregering het dié denkwyse versterk en is areas soos Ruiterwacht geskep – “tuisstede” waar arm wit mense onder wakende oog van die regering kon leef. Wat armblankes interessant maak, sê Bottomley, is nie die feit dat hulle arm of wit is nie, maar die reaksie wat hulle bestaan uitlok onder dié wat die mag het.

Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover): Theresa Papenfus Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Theresa Papenfus
R469 Discovery Miles 4 690 Ships in 4 - 6 working days

’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Ivor Price, Kobus Louwrens Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Ivor Price, Kobus Louwrens
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Terwyl die gronddebat woed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie. 'n Inspirerende ode aan ons landbouers. 

Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback): Willie Steyn Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback)
Willie Steyn
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek is Willie Steyn se eerstehandse weergawe van wat ongetwyfeld die grootste ontsnappingsveraal van die Anglo-Boereoorlog is. Hy was een van seshondred Boere wat per skip na die eiland van Ceylon gestuur is om daar in die Diyatalawa-kamp geïnterneer te word. Die skip was op 'n donker, maanlose nag in die hawe van Colombo vasgeanker toe Steyn en vier van sy mede-gevangenes een-een met 'n tou in die water afsak terwyl Britse soldate om die skip patrolleer.

Die bekoring van Willie Steyn se persoonlike weergawe lê in die onderbeklemtoning en die feitlike eenvoud daarvan. Hy probeer homself nie as 'n held voorstel nie en maak geen aanspraak op roem nie, maar die intensiteit en krag van die vertelling verhoog namate dit ontvou. Vanaf die oomblik dat hy op die slagveld gevange geneem word, het Willie Steyn een doel voor oë: Hy gáán ontsnap. Die leser word bewus van hierdie dwingende dryfkrag, en leer Willie ken as 'n ongebonde gees, wat selfs in gevangenskap nooit sy brandende begeerte en vasberadenheid om tot die stryd terug te keer, verloor nie.

Deneys Reitz - skrywer van Kommando en bekend vir sy eie dapperheid - het in 1903 Steyn as 'een van ons dapperste burgers' beskryf, en sy ontsnapping as 'n daad 'sonder weerga in die geskiedenis van ontsnapping' genoem.

Kommando - Van Perde En Manne (Afrikaans, Paperback): Deneys Reitz Kommando - Van Perde En Manne (Afrikaans, Paperback)
Deneys Reitz
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is die Afrikaanse weergawe van Deneys Reitz se joernaal, wat sy haas ongelooflike wedervaringe in die Tweede Vryheidsoorlog beskryf, asook – in hierdie uitgawe – die swaarkry tydens sy ballingskap in Madagaskar, en sy moeilike terugkoms na Suid-Afrika. Die eerste publikasie van Commando, deur Faber & Faber in 1929, was sedertdien ’n blitsverkoper in vele uitgawes en ander tale. Dit word wyd gerespekteer as ’n klassieke weergawe van die oorlog. Meer kopieë as van alle ander boeke oor die Anglo-Boereoorlog saam is reeds van dié boek verkoop, in die woorde van vryskutresensent Ferdi Greyling: “eenvoudig omdat dit ’n briljante boek is”.

Greyling sê van hierdie vertaling in moderne Afrikaans deur Hendrik Jansen: “Die vertaling lees gemaklik en hoewel ek soms gewonder het of die vertelstyl nie dalk hier en daar ietwat te ver gevoer is nie, besef ek ook dat ‘vertel’ die kern van Reitz se styl is. Die vertaling werk dus.”

Greyling sê ook: “Reitz se skerp waarneming het hom in staat gestel om mense soos Paul Kruger, Piet Joubert, Koos de la Rey, Louis Botha, Jan Smuts, Christian de Wet, Siener van Rensburg en selfs Winston Churchill in ’n paragraaf of wat as lewende persoonlikhede weer te gee. Dis ’n kuns om die regte manerismes en stukkies gesprekke te onthou wat die mense as’t ware opsom.”

Hy sê van die skrywer: “Hy het ’n helder en ekonomiese styl wat die aksent van sy emosies afhaal en die leser met die gebeure laat wat intelligent en samehangend aangebied word. Dis ’n boek wat verdien om beskikbaar te wees vir elke nuwe geslag wat aan die lees gaan.”

Die Laaste Afrikaner-leiers (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Die Laaste Afrikaner-leiers (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R742 Discovery Miles 7 420 Ships in 18 - 22 working days

Die gevierde historikus Hermann Giliomee beskou die val van wit regering in Suid-Afrika uit ’n prikkelende nuwe hoek: Pleks van onpersoonlike magte, of die vindingrykheid van ’n onstuitbare weerstandsbeweging, beklemtoon hy die rol van die Nasionale leiers en hul uitgesproke kritikus, Van Zyl Slabbert. Wat het die laaste Afrikanerleiers, van Verwoerd tot De Klerk, aangevuur? Hoe het hulle sekuriteit, ekonomiese groei en wit bevoorregting probeer versoen met die eise van ’n immer meer uitgesproke swart leierskap – en met foutiewe volkskattings?

In sy verkenning van elke leier se agtergrond, denke en persoonlikheid, neem Giliomee stelling in teenoor die idee dat Suid-Afrika in 1994 onafwendbaar op ’n ANC-oorwinning afgestuur het. Hoewel hy die belang van strukturele magte erken, argumenteer hy dat historiese toevallighede en die gehalte van leierskap die landspolitiek radikaal beïnvloed het.

Openhartige gesprekke met ’n magdom betrokkenes en talle primêre bronne werp dramatiese nuwe lig op sleutelmomente: Verwoerd se aanbod in 1950 aan stedelike swart leiers, die inval in Angola in 1975, die onverwagte deurbraak wat die arbeidshervormings moontlik gemaak het, Botha se geheime poging in 1984 om ’n ooreenkoms met die Sowjetunie aan te gaan, die agtergrond tot die rampspoedige Rubikon-toespraak, tronkgesprekke met Mandela, bosberade waar die kabinet taktiek beplan het – en hoe die Nasionale Party in die onderhandelinge nie sy beloftes kon nakom nie.

Giliomee bied ’n prikkelende politieke geskiedenis. Eerder as om te veroordeel, probeer hy verstaan waarom die laaste Afrikanerleiers opgetree het soos hulle het, en hoekom hul eie beleid hulle uiteindelik in die steek gelaat het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Anniversary
Scottish Fiddle Orchestra CD R271 Discovery Miles 2 710
Oath Of Loyalty
Kyle Mills Paperback R414 R388 Discovery Miles 3 880
Moral Brains - The Neuroscience of…
S Matthew Liao Hardcover R3,758 Discovery Miles 37 580
Revelation Through Science
James G. Martin Hardcover R754 Discovery Miles 7 540
Life's Values - Pleasure, Happiness…
Alan H. Goldman Hardcover R1,559 Discovery Miles 15 590
The Biopolitics of Embryos and Alphabets…
Ruth A. Miller Hardcover R3,272 Discovery Miles 32 720
Life-Span Human Development
Carol Sigelman, Elizabeth Rider Hardcover R4,454 Discovery Miles 44 540
Funny Story
Emily Henry Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Dialectical Behavior Therapy - A…
Christopher Rance Hardcover R577 R531 Discovery Miles 5 310
Temporal Data Mining via Unsupervised…
Yun Yang Paperback R1,173 Discovery Miles 11 730

 

Partners