1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die
ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het
vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die
uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.
Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste
keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol
Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies
uit te voer.
Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en
op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel
van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van
'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.
Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die
Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!