Books > History > African history
|
Buy Now
Jan Smuts - Van Boerseun Tot Wereldverhoog (Afrikaans, Hardcover)
Price: R1,129
Discovery Miles 11 290
|
|
Jan Smuts - Van Boerseun Tot Wereldverhoog (Afrikaans, Hardcover)
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste
eeu, bly 'n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande
staatsmanne van sy tyd of dalk 'n verraaier van Afrikanerbelange en
moontlik 'n rassis? In hierdie boek word generaal J.C. Smuts
herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van
holisme), militere strateeg (hy het 'n leidende rol tydens drie
oorloe gespeel), politikus (vir 'n halwe eeu in die "era van die
generaals" was hy prominent) en staatsman (hy was 'n dryfkrag agter
die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die
Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20
outeurs het help skryf. Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de
eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan
Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote
uitgetroon as 'n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap
is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy
bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner-
en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse
geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik
Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat
Smuts se gedagtenis in stand gehou het. 'n Herwaardering van Smuts
vanuit 'n Afrikaanse gesigspunt sal dus 'n leemte in die literatuur
oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die
20ste eeu vul. Vandag het ons 'n beter perspektief op sy bydraes
binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat
voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om 'n meer
ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.