Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en
twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat
oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug
sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir
’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou
universiteitskoshuis.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus
Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas
Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld?
Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie
verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van
Suid-Afrika.
Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in-
dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare
probeer wegsteek het.
Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in
sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!