0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (16)
  • R250 - R500 (30)
  • R500+ (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Besigheid en Ekonomie

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback): Erika de Beer Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback)
Erika de Beer
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwęreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.

Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser.

Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesę het: “Ons lojaliteit lę by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sę vir die nuwe Saterdag-Beeld.”

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee 1
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelę vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardęrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe): L. Cornelius, M. Weyers Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe)
L. Cornelius, M. Weyers
R1,127 R1,043 Discovery Miles 10 430 Save R84 (7%) In Stock

Hierdie boek is geskryf met die doel om die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar te maak vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en ook nie as hoofvak gaan neem nie.

Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback):... Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Werk soos ’n miljardęr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig.

Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom.

Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Capitec - Stryd Met Die Grotes (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Capitec - Stryd Met Die Grotes (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal.

Rekeningkunde - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, 14de Uitgawe): J.E. Myburgh, J.P. Fouche, M. Cloete, B.T. Ngiba, S.... Rekeningkunde - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, 14de Uitgawe)
J.E. Myburgh, J.P. Fouche, M. Cloete, B.T. Ngiba, S. Swart, …
R1,438 Discovery Miles 14 380 Ships in 2 - 4 working days

'n Inleidende werk wat die grondslag vestig vir eerstejaar studente.

Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word.

Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.

Rekeningkunde - Alles-In-1 (2024/25) (Afrikaans, Paperback, 8ste Uitgawe): Lynne Cornelius, Margaretha Magdalena Weyers Rekeningkunde - Alles-In-1 (2024/25) (Afrikaans, Paperback, 8ste Uitgawe)
Lynne Cornelius, Margaretha Magdalena Weyers
R1,702 Discovery Miles 17 020 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek maak die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en nie as hoofvak gaan neem nie.

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

RVS - Rekeningkunde Vrae Vir Studente (2024/25) (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe): RVS - Rekeningkunde Vrae Vir Studente (2024/25) (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe)
R969 Discovery Miles 9 690 Ships in 4 - 8 working days
Muti en Mites uit Afrika (Afrikaans, Paperback): Heather Dugmore, Ben-Erik van Wyk, Dugmore, Heather | van Wyk, Ben-Erik Muti en Mites uit Afrika (Afrikaans, Paperback)
Heather Dugmore, Ben-Erik van Wyk, Dugmore, Heather | van Wyk, Ben-Erik
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In this book are fifty-two compelling tales that will lead the reader on a journey of discovery of the African continent. It tracks the ancient grail of traditional African medicine or muthi. The journey takes one year, with one story for each of the fifty-two weeks. Many of the stories inherited through Africa’s compelling oral tradition are between these covers: committed to paper for the first time ever.

The ancient African people were the first aromatherapists who well understood the effect of plants on the human body, mind and soul. Innately spiritual, the thousands of lineages of African people across thousands of years have all used plant medicines for healing, always with the blessing of their ancestors.

Knowledge of African plant mythology and its associated healing practices is most certainly a grail because on this great continent we call Africa, knowledge has always been an oral tradition. Because it was never written down, thousands of years of healing wisdom and intelligence have been lost in the transference from one generation to the next.

This book endeavoures to bring to light the deep history of fifty-two of the thousands of indigenous medicinal plants of Africa, before it is too late. The focus is towards Southern Africa because this region is a hotspot of cultural and botanical diversity. Unlike the healing knowledge of other ancient cultures, such as India or China, little of Africa’s healing history is recorded.

As you read the stories about fifty-two of the continent’s prominent indigenous plant cures, the authors hope you, too, will experience some of the magnetism, mystery and wisdom of Africa. They hope it will help you understand a bit more about yourself and about our species: the human being.

Dink Soos 'n Miljardęr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback): Daniel... Dink Soos 'n Miljardęr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss 1
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig nie hoe nie.”

Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of jy droom daarvan om een te wees. Jy wil jou eie onderneming besit en jou eie baas wees.

Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy daarvan oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie. Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardęr-entrepreneur hom laat besef dat ‘die rykes’ eintlik ‘normale mense’ is, net soos hy. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardęr.

In Dink soos ’n miljardęr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende nuwe ingesteldheid aan te neem. Hy deel sy geheime tot sukses, insluitend hoe om toegang tot kapitaal te verkry, waar om die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik, en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry, sodat jy ook soos ’n miljardęr kan dink – en uiteindelik – een kan word.

Wildplaasbestuur (Afrikaans, Paperback, 5de ed): Prof. Bothma du Plessis, Jacobus Gabriel Wildplaasbestuur (Afrikaans, Paperback, 5de ed)
Prof. Bothma du Plessis, Jacobus Gabriel
R1,857 Discovery Miles 18 570 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie vyfde uitgawe van Wildplaasbestuur is geskryf deur 36 kenners op verskeie gebiede, en die redakteurs is 'n ervare ekoloog en 'n wildveearts. Die gids is so volledig moontlik en alle hoofstukke is hersien en bygewerk. Daar is uitgebreide inligting oor inligtingstelsels en databestuur; die ekonomie van die wildbedryf in Suid-Afrika; bakteriese, virus- en protosoiese wildsiektes; wildveilings; die aanhou, bestuur en jag van groot roofdiere; trofeejag; vleisproduksie; veldbestuur; en die rehabilitering van habitat. Die gegewens oor wildhandel en wildvangs is tot en met 2019 opgedateer.

Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop 1
R448 Discovery Miles 4 480 Ships in 2 - 4 working days

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente (Afrikaans, Paperback, 5th ed): Philip Mohr Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente (Afrikaans, Paperback, 5th ed)
Philip Mohr
R799 Discovery Miles 7 990 Ships in 2 - 4 working days

Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente is 'n omvattende inleiding tot ekonomie in die algemeen, teen 'n hedendaagse Suid-Afrikaanse agtergrond. Die gemaklike styl en talle praktiese voorbeelde maak hierdie publikasie besonder toeganklik. Die boek dek al die material wat gewoonlik vir inleidende kursusse voorgeskryf word en le 'n stewige grondslag vir intermediere en gevorderde studie in ekonomie. Die vyfde uitgawe is 'n herstruktureerde, omvattend hersiene en opgedateerde weergawe van die gewilde vierde uitgawe. Soos in die vorige uitgawes, val die klem op die toepassing van ekonomiese teorie. 'n Magdom tersaaklike inligting oor die Suid-Afrikaanse ekonomie word ook gegee.

Kwantitatiewe statistiese tegnieke (Afrikaans, Book, 3rd ed): Swanepoel Swanepoel, Vivier Vivier, Millard Millard, Ehlers Ehlers Kwantitatiewe statistiese tegnieke (Afrikaans, Book, 3rd ed)
Swanepoel Swanepoel, Vivier Vivier, Millard Millard, Ehlers Ehlers
R359 Discovery Miles 3 590 Ships in 2 - 4 working days

Kwantitatiewe tegnieke vorm die ruggraat van alle statistiese, ekonomiese en bestuursmodelle ingevolge waarvan vooruitskattings gemaak en bestuursbesluite geneem word. Die doel van Kwantitatiewe statistiese tegnieke is om die rol van hierdie tegnieke aan lesers te verduidelik en hulle in staat te stel om dit te bemeester. Die kwantitatiewe beginsels word eenvoudig uiteengesit en is veral gemik op eerstejaarstudente wat 'n loopbaan in die sakesektor beplan. Die onderwerpe wat behandel word, sluit direk aan by die kwantitatiewe agtergrond wat vir bepaalde beroepe in die sakewereld vereis word.

Boerderybestuur - Finansiele Beplanning, Ontleding En Beheer (Afrikaans, Paperback): M.J. van Reenen, A. de K. Marais Boerderybestuur - Finansiele Beplanning, Ontleding En Beheer (Afrikaans, Paperback)
M.J. van Reenen, A. de K. Marais
R356 Discovery Miles 3 560 Ships in 2 - 4 working days

Die moderne boer staan deesdae voor probleme soos koste wat astronomies eskaleer, produkpryse wat val en stygende rentekoerse op grondpryse. Die faktore noodsaak boere om hul sake- en bestuursvernuf uit te brei ten einde te verseker dat die plaas ekonomies bestuur word. Hierdie boek bevat die grondbeginsels van finansiele bestuur, ontleding en beheer.

Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

Boerderybestuur - Finansiering, investering en menslikehulpbronbestuur (Afrikaans, Book): M.J. van Reenen, A. de K. Marais,... Boerderybestuur - Finansiering, investering en menslikehulpbronbestuur (Afrikaans, Book)
M.J. van Reenen, A. de K. Marais, P.S. Nel
R855 Discovery Miles 8 550 Ships in 5 - 10 working days

Die eerste vereiste vir die vestiging van n lewensvatbare boerdery is goeie investeringsbesluite. Hierdie boek, wat veral gerig is op praktiserende boere en studente in boerderybestuur, bevat riglyne vir die neem van rasionele finansierings- en investeringsbesluite asook riglyne vir die behoorlike bestuur van menslike hulpbronne en arbeidsverhoudinge in boerderyverband. n Bywerking en opdatering van die gedeelte oor menslikehulpbronbestuur is tans in voorbereiding en sal eersdaags verskyn onder die titel Die diensverhouding wat as geselvolume (companion volume) saam met Boerderybestuur beskikbaar sal wees.

Die tydwaarde van geld in praktyk (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chris Smal Die tydwaarde van geld in praktyk (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chris Smal
R379 Discovery Miles 3 790 Ships in 2 - 4 working days
Wildplaasbestuur (Afrikaans, Paperback, 4th ed): J. Du P. Bothma Wildplaasbestuur (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
J. Du P. Bothma
R1,119 Discovery Miles 11 190 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie uitgawe van die titel bevat riglyne vir elke komponent van ekstensiewe wildboerdery. Dit is omvattend herstruktureer en bygewerk om die nuutste beskikbare inligting weer te gee. Daarby is daar etlike nuwe hoofstukke, onder andere oor bemarking, boogjag, groensafari's en nog meer. Die titel is reeds gevestig as die primere handleiding vir studente en wildboere. Daarbenewens is dit 'n uitstekende algemene inligtingsbron oor talle wildsoorte in Suid-Afrika.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Home by Another Way - Biblical…
Barbara Brown Taylor Paperback R366 Discovery Miles 3 660
iWork '09
Josh Clark Paperback R1,017 R896 Discovery Miles 8 960
Salvation Manual - Topical Exegesis of…
Nsikan E. Johnny Hardcover R682 Discovery Miles 6 820
Global Catholicism - Profiles and…
Thomas P Rausch Paperback R663 R592 Discovery Miles 5 920
Practical Aspects of Vaccine Development
Parag Kolhe, Satoshi Ohtake Paperback R3,975 Discovery Miles 39 750
How the Light Gets In - Ethical Life I
Graham Ward Hardcover R2,200 Discovery Miles 22 000
Neisseria gonorrhoeae Infections
Maria-Teresa Perez-Gracia, Beatriz Suay-Garcia Hardcover R1,022 R913 Discovery Miles 9 130
Agile and Scrum - Unlock the Power of…
Robert Mccarthy Hardcover R686 R615 Discovery Miles 6 150
Ms. Rachel: Potty Time with Bean
Ms. Rachel Board book R215 R165 Discovery Miles 1 650
Fundamentals of Assurance for Lean…
Christopher Wright Paperback R511 Discovery Miles 5 110

 

Partners