![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Besigheid en Ekonomie
Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou? Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?
Danksy die 30 000 koerante wat die afgelope eeu ses dae per week uitgegee is, is Die Burger vandag ’n huishoudelike naam. Die boek diep van die merkwaardigste gebeure, groot en klein, op wat sy joernaliste beleef het – van die Groot Griep en die twee wêreldoorloë tot Chris Barnard se eerste hartoorplanting en Nelson Mandela se afsterwe in 2013. Skandes en skandale, natuurrampe, persoonlikhede in die nuus, belangrike sportmomente – die boek is nie net ’n belangrike optekening nie, maar het ook groot nostalgiewaarde. Die “onthou jy nog?”-faktor word versterk deur hope foto’s én spotprente. Enkele hoogtepunte:
This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.
Sakegesprek met Theo Vorster is 'n in 2009 vrygestel en is een van die gewildste programme op Kyknet. Hierdie boek bevat 38 onderhoude wat Theo Vorster oor die laaste drie jaar met top sakelui gevoer het en sluit Koos Bekker, Whitey Basson, Ina Paarman en vele ander bekendes in. Die doel van die boek is om die sakeleier onderhoude te boekstaaf op so 'n manier dat elke leser die pitkos uit die sakeleier se sukses kry wat hy / sy op sy eie loopbaan kan toepas. Daar is geen syfers, finansiele resultate of harde sakenuus in die onderhoude nie, meer die suksesresep en die beginsels wat tot die sukses bygedrae het. Die vierdie reeks sal in April 2013 begin en vir 13 weke elke week 3 keer uitgesaai word en sal saamval met die publikasie van die boek. Die program is die 8ste gewildste program op DSTV en het gemiddelde kykersgetalle van tussen 100,000 en 130,000, almal in die hoer LSM groepe. In die afgelope 3 reekse is daar met 38 sakeleiers gesels wat opgedeel is in enterpreneurs, professionele bestuurders, ouer / afgetrede sakeleiers en dan jong mense op die kruin van hul loopbane.
Die logiese verloop van die studiemateriaal in die tweede uitgawe is verbeter en dit is nog verder uitgebrei om vir eg Suid-Afrikaanse omstandighede voorsiening te maak. Die teorie word prakties toegelig aan die hand van talle voorbeelde, probleemstellings en besprekingsvrae. Die handboek is prim?r gerig op die behoeftes van die voorgraadse student, maar kan ook met vrug deur alle bestuurders gebruik word.
Menslikehulpbron-bestuur het die afgelope dekade een van die mees dinamiese studievelde in Suidelike Afrika geword. Dit is nou deel van die transformasieproses van indiensneming in die meeste organisasies. Die nuwe wetgewing, bv. die Wet op Arbeidsverhoudinge, vereis kerngesonde en regverdige verhoudinge tussen werkgewers en hul werknemers. Die doel is nie net om arbeidsvrede te skep nie, maar ook om aan werkers se behoeftes aan beter werksomstandighede, hoer vlakke van opleiding en ontwikkeling en winsdeling te voldoen. Dit is dus noodsaaklik om 'n titel wat handel oor menslikehulpbronne in die algemeen en arbeidsverhoudinge, opleiding, ontwikkeling en regstellende aksie in die besonder gereeld op datum te bring. Groenskrifte wat die basis vir toekomstige wetgewing vorm, soos die Groenskrif oor indiensnemings- en beroepsgelykheid, word ook in hierdie uitgawe aangespreek. Die vierde uitgawe van Menslikehulpbron-bestuur dek die belangrikste areas soos hierbo uiteengesit, en verskaf aan bestuurders, akademici en studente oor die hele spektrum van sake-aktiwiteite in Suid-Afrika die jongste inligting en praktiese toepassings vir die hantering van 'n organisasie se menslikehulpbronne.
Is jy op datum met die hedendaagse neigings in die Suid-Afrikaanse sakewereld? Watter impak het n organisasie se infrastruktuur op die primere bedryfsaktiwiteite van n onderneming? Wat moet studente van sakebestuur weet sodat hulle sukses in die sakewereld van vandag te behaal? Hierdie bygewerkte sewende uitgawe van Inleiding tot die bestuurswese ondersoek die dinamiese organisatoriese omgewing waarin ons beweeg. Die 24 hoofstukke van die boek ontsluit op n verstaanbare manier bestuursbeginsels soos beplanning, organisering, leierskap en beheer. Dit fokus ook op die funksionele areas van menslike hulpbronne, bemarking, openbare betrekkinge, finansiele bestuur, operasionele bestuur en aankope- en verskaffingsbestuur. n Opwindende toevoeging tot die sewende uitgawe van Inleiding tot die bestuurswese is die bekendstelling van die waardeketting-benadering. Verskaffingkettings en waardekettings is komplementere sienswyses wat fokus op die verskaffing van produkte en dienste in een rigting en die waarde wat vanaf die klante terugvloei. Om n winsgewende waardeketting te skep, het dus versigtige belyning
’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk. Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak. Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe. ’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.
Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In dié boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nié moes gesê het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend. |
![]() ![]() You may like...
Renegades - Born In The USA
Barack Obama, Bruce Springsteen
Hardcover
![]()
|