0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (11)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Business

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee 1
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Die Stellenbosch-Mafia - ?n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter du Toit Die Stellenbosch-Mafia - ’n Verhaal van mag, geld en invloed (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter du Toit
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa

Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as ’n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politeke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krites na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied ’n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.

Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback):... Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig.

Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom.

Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Capitec - Stryd Met Die Grotes (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Capitec - Stryd Met Die Grotes (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal.

Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word.

Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.

Dink Soos 'n Miljardêr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback): Daniel... Dink Soos 'n Miljardêr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss 1
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig nie hoe nie.”

Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of jy droom daarvan om een te wees. Jy wil jou eie onderneming besit en jou eie baas wees.

Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy daarvan oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie. Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardêr-entrepreneur hom laat besef dat ‘die rykes’ eintlik ‘normale mense’ is, net soos hy. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardêr.

In Dink soos ’n miljardêr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende nuwe ingesteldheid aan te neem. Hy deel sy geheime tot sukses, insluitend hoe om toegang tot kapitaal te verkry, waar om die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik, en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry, sodat jy ook soos ’n miljardêr kan dink – en uiteindelik – een kan word.

Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback): James-Brent Styan Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback)
James-Brent Styan
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 4 - 6 working days

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis.

Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.

'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback): Frans Cronje 'n Tydreisigersgids Vir Suid-Afrika In 2030 (Afrikaans, Paperback)
Frans Cronje
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 4 - 6 working days

Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou?

Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe.

Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?

Jou Geldsake - Hou Kop In Onseker Tye (Afrikaans, Paperback): Theo Vorster Jou Geldsake - Hou Kop In Onseker Tye (Afrikaans, Paperback)
Theo Vorster
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

Covid-19 het die wêreldekonomie soos 'n atoombom getref. Die markte het getuimel en skielik is almal armer as voorheen. Pensioene het gekrimp, werksekerheid is 'n luukse en gesinne weet nie of hulle hul huis- en motorpaaiemente sal kan bekostig nie. Hoe hou ek kop in hierdie onseker tyd? Een van die land se voorste ekonome, Theo Vorster, gee raad oor hoe om jou geldsake te bestuur sodat jy hierdie, en ander krisisse, finansieel kan oorleef.

Word 'n Influencer - Hoe Ek Geld Verdien Uit Sosiale Media (Afrikaans, Paperback): Elma Smit Word 'n Influencer - Hoe Ek Geld Verdien Uit Sosiale Media (Afrikaans, Paperback)
Elma Smit
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!

Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.

Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as uit enigiets anders.

In Word ’n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op influencers vir veldtogte besluit word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Signal Processing for Active Control
Stephen Elliott Hardcover R3,132 Discovery Miles 31 320
The Proceedings of the Third…
Jiasong Mu, Qilian Liang, … Hardcover R7,942 Discovery Miles 79 420
Introduction to Copper Cabling…
John Crisp Paperback R967 Discovery Miles 9 670
Signal Enhancement with Variable Span…
Jacob Benesty, Mads G. Christensen, … Hardcover R3,807 R3,277 Discovery Miles 32 770
Intelligent Image and Video Compression…
David R. Bull, Fan Zhang Paperback R2,606 Discovery Miles 26 060
Subband Compression of Images…
T.A. Ramstad, S.O. Aase, … Hardcover R1,221 Discovery Miles 12 210
Signal Processing: Tools, Techniques…
Graham Eanes Hardcover R3,279 R2,969 Discovery Miles 29 690
Recording and Voice Processing Vol.1…
JM Reveillac Hardcover R3,750 Discovery Miles 37 500
Adapted Compressed Sensing for Effective…
Mauro Mangia, Fabio Pareschi, … Hardcover R4,511 R3,441 Discovery Miles 34 410
Speech Enhancement - A Signal Subspace…
Jacob Benesty, Jesper Rindom Jensen, … Paperback R1,219 Discovery Miles 12 190

 

Partners