![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Business
Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land. As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier. “Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser “’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson “’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce
Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou. Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog. Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.
Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies? In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan. Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.
“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is
na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement
verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier
Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa
Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom. Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.
’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse
ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig
in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese
bemagtiging.
Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n
klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye
in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese
die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat
hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul
kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte
word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal.
Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word. Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.
Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n
koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare
rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig
nie hoe nie.”
Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae? Die skrywer, ’n onafhanklike finansiële adviseur, het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan die hand werk. Hierdie boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer. Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep. Dit sal jou help om ’n kopskuif te maak en moontlikhede in ’n bitter moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook help om hierdie strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende 15 jaar ontvou? Sedert die bekende scenariobeplanner Frans Cronje se blitsverkoper, A Time Traveller’s Guide to Our Next Ten Years, het die land dramaties verander. Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat of gaan ’n reenboog sy onverwagse verskyning maak?
|
![]() ![]() You may like...
High Dimensional Probability II
Evarist Gin e, David M. Mason, …
Hardcover
R4,446
Discovery Miles 44 460
Computational Methods for Solids and…
Adnan Ibrahimbegovic
Hardcover
Behind Prison Walls - Unlocking a Safer…
Edwin Cameron, Rebecca Gore, …
Paperback
|