0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (67)
  • R250 - R500 (126)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika?

Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. 

Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.

Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se Skokverhale (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Stellenbosch staan internasionaal bekend as 'n dorp van weelde en wyn, 'n plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge.

Maar die idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier 'n skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfer in die wêreld maak.

Oor die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake in dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin... Maar hierdie boek gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers - 'n vrou van wie die wêreld vergeet het.

'n Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R415 Discovery Miles 4 150 Ships in 2 - 4 working days

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Ongeskonde (Afrikaans, Paperback): Alwyn Uys Ongeskonde (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Uys
R293 Discovery Miles 2 930 Ships in 2 - 4 working days

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar.

Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge.

Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.

Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback): Erika de Beer Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback)
Erika de Beer
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.

Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser.

Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”

Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 2
R459 Discovery Miles 4 590 Ships in 2 - 4 working days

Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek.

Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

Huiskos bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Huiskos is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback): Herman Lategan Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback)
Herman Lategan
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.

In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak.

Al gewonder wat ’n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.

Knapsekerels (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Knapsekerels (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Die gedigte handel onder meer oor 'n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Maar hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad).

Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het 'n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede - betekeniseggo's wat naklinkend in die leser se kop bly draai.

Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou soos knapsekêrels.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 2 - 4 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe): Sebastian... Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe)
Sebastian Pistor, Dalene Muller
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017).

Dié stylgids:

  • wys talle verskillende taalverwante keuses uit
  • wys hedendaagse woordvoorkeure en die jongste taalgebruik uit
  • bevat ’n belangrike nuwe afdeling oor die opstel van ’n huisstylgids
  • fokus op lesersvriendelikheid in Afrikaanse skryfwerk

SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R311 Discovery Miles 3 110 Ships in 2 - 4 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Kath... Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Kath Megaw, David Segal
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes.

Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes?

Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later.

Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie?

Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word.

Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.

Pharos Afrikaanse Woordelys & Spelreëls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe): SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Pharos Afrikaanse Woordelys & Spelreëls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe)
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 1
R575 R507 Discovery Miles 5 070 Save R68 (12%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereel. Bestaande reels is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak die uitgawe ’n volledige hulpbron.

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is wat God vir jou wil hê.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback): Theresa Papenfus Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback)
Theresa Papenfus
R649 Discovery Miles 6 490 Ships in 6 - 10 working days

Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit 'n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in 'n oogwink.” Sy lê oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, 'n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag.

Sing, Mamma, Sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf.

Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Tesourus Van Afrikaans (Afrikaans, Hardcover, Heruitgawe): Leon De Stadler, Marquerite De Stadler Tesourus Van Afrikaans (Afrikaans, Hardcover, Heruitgawe)
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ’n uitstekende beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil komminukeer, is dit ‘n besondere instrument.

  • Meer as 140 000 inskrywings word in 855 betekenisvelde gerangskik.
  • Verwante woorde en uitdrukkings word in elkeen van hierdie betekenisvelde opgeneem.
  • Ontsluiting van nuanseverskille tussen sinonieme, byna sinonieme, en teenoorgesteldes.
  • Oorkoepelende terme en woorde wat betekenisverhoudinge uitwys, bv. woorde wat verwys na die onderdele van 'n saak en woorde wat verwys na die persoon wat 'n bepaalde handeling uitvoer.
  • Spreekwoorde en ander vaste uitdrukkings wat met bepaalde konsepte geassosieer word.
  • 'n Uitgebreide indeks.
  • Handige kruisverwysings en gebruiketikette.
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Harry Potter And The Philosopher's Stone
J. K. Rowling Hardcover  (9)
R850 R712 Discovery Miles 7 120
Powerless - Book 1
Lauren Roberts Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
McCabee Version
Max Romeo CD R319 Discovery Miles 3 190
Chicatita - Greensleeves Rhythm Album 63
Various Artists CD R309 Discovery Miles 3 090
Dub Expectations CD (2008)
Michael Rose CD R213 Discovery Miles 2 130
Treasure Isle Time
Various Artists CD R329 Discovery Miles 3 290
Create by Greenbean Unifix Cubes in…
R79 R67 Discovery Miles 670
Sexual Identities - A Cognitive Literary…
Patrick Colm Hogan Hardcover R2,475 Discovery Miles 24 750
The Book Of Doors
Gareth Brown Paperback  (1)
R370 R330 Discovery Miles 3 300
The Land Of Lost Things
John Connolly Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480

 

Partners