0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (17)
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (85)
  • R250 - R500 (103)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback): Cas van Rensburg Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback)
Cas van Rensburg
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Cas van Rensburg se oeuvre kom op ’n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome – die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot ’n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het ’n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daar’s ’n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, “maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir ma’s en pa’s wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan” (agterplat).

Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van “die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis” of omdat “die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het”. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word ’n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies.

Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval.

Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die “moederkompleks” in die manwordproses aangespreek word sodat die “stryd met die moeder” op ’n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n “heldereis” gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook “begin by jou pa” en jou pa “agterlaat” deur hom te leer ken of verstaan.

Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels.

Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie ’n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek ’n indruk maak, “in die onbewuste (sal) bly spook” met antwoorde wat mettertyd oprys.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback): Johan Ferreira Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback)
Johan Ferreira
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mans leef in ’n wêreld waar die rolle van manlikheid so verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat ’n gewone dag aan mans stel kan soms selfs die mees ervare individu laat twyfel aan sy bevoegdhede. Die boek skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom, en probeer hulle toerus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te lei. Die boek word verdeel in verhoudings- en lewensfase-uitdagings, verslawing, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.

Tao Van Wakker Word - Spirituele Gids Tot Innerlike Ontwaking (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Tao Van Wakker Word - Spirituele Gids Tot Innerlike Ontwaking (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander.

Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen.

Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback): Zarine Roodt 'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback)
Zarine Roodt
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel.

Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie.

Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Zip! (Afrikaans, Paperback): Nataniel Zip! (Afrikaans, Paperback)
Nataniel 1
R365 R342 Discovery Miles 3 420 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.

Son En Suurlemoene (Afrikaans, Paperback): Frances Le Roux Son En Suurlemoene (Afrikaans, Paperback)
Frances Le Roux
R280 R259 Discovery Miles 2 590 Save R21 (7%) Ships in 5 - 10 working days

'n Siektetoestand is soos 'n klippie wat in 'n dam gegooi word, met rimpels wat veel wyer uitkring as waar die klippie geland het.

In Son en Suurlemoene praat Frances le Roux openhartig oor die onverwagse en uitdagende reis waarop die diagnose van borskanker haar geneem het. Die boek is egter veel meer as bloot 'n vertelling oor die herstelpad wat sy moes loop. Dit is 'n inspirerende verhaal waarin Frances haar ervaring as fisioterapeut en haar sonderlinge kennis van die invloed van musiek en kuns op haar genesingsproses met lesers deel.

Son en Suurlemoene spreek tot elkeen wat sin moet maak van 'n vreemde leefwereld waarin hulle skielik gedompel is.

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Nagblind (Afrikaans, Paperback): Francis Grobler Nagblind (Afrikaans, Paperback)
Francis Grobler
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Francis Grobler skuif die sluier van ’n verskuilde wêreld met ’n afgerigte werklikheid en konformiteite oop met ’n moderne benadering tot digkuns. Die digbundel se outentieke benadering dra by tot ‘n skaars, maar nodige kommoditeit in Afrikaanse poësie.

Nagblind is ’n kragtige, eiesoortige en eenmalige leserservaring. Die woord word verhelder deur retoriek en metafore wat vonk en word sterk beeldend verwoord. Dit delf in die geestelike dimensie en verfyn en rond die eindproduk tot ’n “andersheid” af wat ver verby die grense van konvensies gaan en aan die geskrewe woord ’n nuwe betekenis gee.

Nagblind breek behoorlik die skedels tot nuwe denke.

Seuns Sonder Pa's (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Seuns Sonder Pa's (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie ’n pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort.

Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede.

Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

Plunder (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Plunder (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R315 R295 Discovery Miles 2 950 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dié jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar ná Mede-wete.

Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut.

Daar is ’n onrusbarende kwesbaarheid, ’n brandende woede en ’n direktheid, en tegelyk ’n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In die openingsgedig skryf sy: “Dit kom nie meer op my af nie / die geluid/ die geluid van ’n gedig kom nie meer op my af nie.” En dan, teenstrydig hiermee, sleur Krog die leser in die daaropvolgende verse mee in ’n jubelsang en ook ’n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder.

Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees. En hoe dit in Afrikaans kan klink en resoneer.

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Donkerwerk (Afrikaans, Paperback): Nini Bennett Donkerwerk (Afrikaans, Paperback)
Nini Bennett
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur.

Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Veronique Jephtas Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Veronique Jephtas
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.

Skep 'n Tuiste - 75 Dekor- En Leefstylprojekte (Afrikaans, Paperback): Germarie Bruwer, Margaux Tait Skep 'n Tuiste - 75 Dekor- En Leefstylprojekte (Afrikaans, Paperback)
Germarie Bruwer, Margaux Tait
R220 R109 Discovery Miles 1 090 Save R111 (50%) Ships in 5 - 7 working days

Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hul ontwerpe. Soos hulle sê: “Tendense kom en gaan, maar jy moet in jou huis leef – maak dit dus ’n geriefl ike ruimte wat kan groei en saam met jou verander.”

Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Die skrywers is innoverend en inspirerend en gebruik verskillende materiale om gewone voorwerpe in iets anders en mooiers te omskep. Daar is iets vir almal: óf jy verkies om projekte aan te pak met ’n handsaag en ’n koordlose boor, handwerkpapier en ’n skêr, óf met ’n naald en delikate afwerking. Hulle verskaf idees sodat jy projekte volgens jou eie styl en behoeftes kan aanpas.

Pragtige fotografie, bondige instruksies en besondere ontwerpe beeld ruimtebesparingstegnieke, gebreide toumatte, gestoffeerde sitplekke, gestempel teëls, nuwerwetse buitesitplekke en nog vele meer, uit.

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.

Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback): Pieter Hugo Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Hugo
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Alchemie van my muse is ’n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-enbloot ontredderd, berym en ontrym.

Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.

God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Infinite Words, Volume 141 - Automata…
Dominique Perrin, Jean-Eric Pin Hardcover R4,319 Discovery Miles 43 190
Complex Differential and Difference…
Galina Filipuk, Alberto Lastra, … Hardcover R5,008 Discovery Miles 50 080
Elementary Approach to Special…
Helmut Gunther Hardcover R5,139 Discovery Miles 51 390
Frames and Other Bases in Abstract and…
Isaac Pesenson, Quoc Thong Le Gia, … Hardcover R4,474 Discovery Miles 44 740
My Journey To The Top Of The World - And…
Saray Khumalo Paperback R320 R253 Discovery Miles 2 530
Blockchain Cybersecurity, Trust and…
Kim-Kwang Raymond Choo, Ali Dehghantanha, … Hardcover R4,931 Discovery Miles 49 310
Own Your Awkward - How To Have Better…
Michelle Morgan Paperback R495 Discovery Miles 4 950
Proceedings of International Conference…
Valentina E. Balas, Aboul Ella Hassanien, … Hardcover R5,760 Discovery Miles 57 600
Topics in Clifford Analysis - Special…
Swanhild Bernstein Hardcover R3,709 Discovery Miles 37 090
Eight Days In July - Inside The Zuma…
Qaanitah Hunter, Kaveel Singh, … Paperback  (1)
R360 R337 Discovery Miles 3 370

 

Partners