0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (93)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback): Cas van Rensburg Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback)
Cas van Rensburg
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Cas van Rensburg se oeuvre kom op ’n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome – die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot ’n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het ’n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daar’s ’n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, “maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir ma’s en pa’s wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan” (agterplat).

Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van “die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis” of omdat “die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het”. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word ’n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies.

Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval.

Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die “moederkompleks” in die manwordproses aangespreek word sodat die “stryd met die moeder” op ’n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n “heldereis” gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook “begin by jou pa” en jou pa “agterlaat” deur hom te leer ken of verstaan.

Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels.

Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie ’n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek ’n indruk maak, “in die onbewuste (sal) bly spook” met antwoorde wat mettertyd oprys.

Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Elise Bishop Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Elise Bishop
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders.

Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens.

Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.

Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R351 Discovery Miles 3 510 Ships in 4 - 6 working days

Dagboek Sonder Grense is 'n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee.

Die pragtige hardeband publikasie bevat 'n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan 'n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger.

Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Veronique Jephtas Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Veronique Jephtas
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Nagblind (Afrikaans, Paperback): Francis Grobler Nagblind (Afrikaans, Paperback)
Francis Grobler
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Francis Grobler skuif die sluier van ’n verskuilde wêreld met ’n afgerigte werklikheid en konformiteite oop met ’n moderne benadering tot digkuns. Die digbundel se outentieke benadering dra by tot ‘n skaars, maar nodige kommoditeit in Afrikaanse poësie.

Nagblind is ’n kragtige, eiesoortige en eenmalige leserservaring. Die woord word verhelder deur retoriek en metafore wat vonk en word sterk beeldend verwoord. Dit delf in die geestelike dimensie en verfyn en rond die eindproduk tot ’n “andersheid” af wat ver verby die grense van konvensies gaan en aan die geskrewe woord ’n nuwe betekenis gee.

Nagblind breek behoorlik die skedels tot nuwe denke.

Afskeid van 'n Volk op Soek na 'n Toekoms (Afrikaans, Paperback): Philip Spies Afskeid van 'n Volk op Soek na 'n Toekoms (Afrikaans, Paperback)
Philip Spies
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek behandel vier hooftemas:

Die toekoms van Afrikaners in `n uiters onseker land;

Die aard van Afrikaans-wees en Afrikaner-wees - verlede, hede en toekoms;

Sleutelvoorwaardes vir `n vooruitstrewende Suid-Afrika;

Wat staan ons as Afrikaners te doen om `n goeie toekoms te help skep?

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback): Zarine Roodt 'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback)
Zarine Roodt
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel.

Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie.

Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."

Maak Jou Lewe 'n Plesier (Afrikaans, Paperback): Hennie J. De Villiers Maak Jou Lewe 'n Plesier (Afrikaans, Paperback)
Hennie J. De Villiers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Maak Jou Lewe 'n Plesier is ‘n praktiese gids wat lesers help om geluk in elke dag te vind.

Baie mense is ongelukkig, depressief en angstig oor die lewe en hul toekoms. Dit is nie nodig om so te leef nie.

Almal kan ‘n gelukkige en gebalanseerde lewe ervaar. Hierdie boek is vol keuses wat jy moet maak om blymoedig en vreugdevol te lewe.

Wat se die prokureur? - In samewerking met RSG (Afrikaans, Paperback): Igna Klynsmith Wat se die prokureur? - In samewerking met RSG (Afrikaans, Paperback)
Igna Klynsmith
R285 Discovery Miles 2 850 Ships in 4 - 6 working days

Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste 'n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat 'n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wereld laat regop sit het. Wat se die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, 'n hofsaak teen kewers ... Dit is min dat 'n mens so 'n bundel teekom waarin kenners saamspan om die Reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.

Alles Oor Klein Leefruimtes (Afrikaans, Paperback): Terence Conran Alles Oor Klein Leefruimtes (Afrikaans, Paperback)
Terence Conran
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

'n Gids tot die grondbeginsels van huisontwerp, dekor en meubilering.

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.

God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak.

Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback): Pieter Hugo Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Hugo
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Alchemie van my muse is ’n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-enbloot ontredderd, berym en ontrym.

Donkerwerk (Afrikaans, Paperback): Nini Bennett Donkerwerk (Afrikaans, Paperback)
Nini Bennett
R185 Discovery Miles 1 850 Ships in 4 - 6 working days

In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur.

Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.

Idees Geskenke - Idees Vir Handgemaakte Geskenke (Afrikaans, Paperback): Tydskrif Idees Idees Geskenke - Idees Vir Handgemaakte Geskenke (Afrikaans, Paperback)
Tydskrif Idees
R220 R193 Discovery Miles 1 930 Save R27 (12%) Ships in 5 - 7 working days

Min dinge kom by ’n geskenk wat met liefde met die hand gemaak is en boonop so mooi toegedraai dat jy dit amper nie wil oopmaak nie. Dié boek is ’n onontbeerlike gids as jy graag aan die gee-kant van so ’n geskenk is, of dit nou vir ’n verjaardag, Kersfees, mylpaaldag of ander spesiale geleentheid is.

Dit bevat:

  • Meer as 100 idees vir handgemaakte geskenke
  • Die mooiste toedraaiplanne
  • Kaartjies wat by die pakkie pas
  • Al die patrone wat jy nodig het
  • Pragtige foto’s van die eindproduk

Al die projekte is bekostigbaar en word maklik en duidelik, stap vir stap uiteengesit. Of jy ’n bakker of handwerker is of eerder ’n slag met naald en gare het, hier is oorgenoeg idees om jou vir ’n lang tyd besig te hou en die perfekte geskenk vir al jou geliefdes te vind.

Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.

Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Black And Female
Tsitsi Dangarembga Paperback  (1)
R320 R286 Discovery Miles 2 860
The Edge
David Baldacci Paperback R380 Discovery Miles 3 800
Gender and Rock
Mary Celeste Kearney Hardcover R3,312 Discovery Miles 33 120
A Quiet Man
Tom Wood Paperback R418 R384 Discovery Miles 3 840
Managing the Multigenerational Librarian…
Sara Holder, Amber Lannon Paperback R1,646 Discovery Miles 16 460
Isikhumba Esikuso - Ihlombe…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski Paperback R277 Discovery Miles 2 770
Libraries and Public Perception - A…
Anna Galluzzi Paperback R1,494 R1,265 Discovery Miles 12 650
The Feathered Five
Roslynne Toerien Hardcover R220 R169 Discovery Miles 1 690
Die Verkeerde Vrou
Irma Venter Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Handbook of Optical Constants of Solids
Edward D. Palik Hardcover R8,737 Discovery Miles 87 370

 

Partners