![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was aanvanklik ’n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as predikant gedien het. Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in ‘n postmoderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het ’n woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder. Vir baie mense sal hierdie boek nie ’n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal egter lesers wees wat ’n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk, geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat ’n woordeskat sal vind. Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek ’n wonderlike verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die geval is. Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse. Net soos wat die Covid-19-pandemie ’n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie ’n nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui. Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk – ’n bepaalde verteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God – terwyl die enigste manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van mense is.
Neels Jackson, kerkjoernalis van byna 30 jaar, glo dat godsdiens grootliks gaan oor die nakoming van Jesus se oproep om Hom te volg. Vir hom het Jesus se liefde egter bepalende implikasies vir die gay debat. Sy empatie en liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se onvoorwaardelike liefde vir die randfigure van sy tyd en hoe Hy teenoor die Fariseërs opgetree het. Die skrywer ontleed die sewe gaytekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en kom tot die slotsom dat dit niks met homoseksualiteit te doen het nie. Die skrywer vul sy argument aan met die behandeling van 'n aantal misverstande oor gaywees en gay mense, asook ander argumente wat gaywees as sonde veroordeel. Hy voer dan ook aan dat Jesus se verruiming van die wet, asook die verskerping van die wet, vir ons die riglyn moet wees.
Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.
Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe? Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses. Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend. Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!
Van ’n vrou word in vandag se wereld baie verwag. Ons is ma’s, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne en steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan die wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Almal – oud en jonk – is tans oor die wêreld heen aan die hekel. En oraloor maak die alombekende oumablokkie weer sy verskyning. Hierdie nuwe hekelboek deur ’n topverkoper-outeur bied vars en oorspronklike idees vir motiewe: Marokkaanse, Delftse, Persiese en Mediterreense blokpatrone met interessante tegnieke, soos oppervlakwerk, maak die patrone, wat op verskeie maniere gebruik kan word, anders en interessant. Elke patroon bevat ’n diagram, die grootte, die aantal kleure, die moeilikheidsgraad en die volledige patroon.
Die forensiese wetenskap het in die afgelope dekades indrukwekkend ontwikkel. Ballistiek sluit in: die identifikasie van vuurwapens, bloedspatselpatrone en die aard van die wonde veroorsaak. Dikwels is die oplossings egter te laat. Die afsluiting wat dit bring vir die agtergeblewenes, te min.
Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie? Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiële verknorsing te kom. Dis ’n versameling riglyne wat finansiële adviseurs wêreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie ’n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.
Die Koekiefles is ’n versameling van meer as 90 resepte vir koekies en beskuit wat spesiaal vir die tuisbakker saamgestel is. Die resepte is getoets en geskik vir enigiemand wat nie kan wag om hul koekieflesse en -blikke vol te maak nie. Die resepte is gebruikersvriendelik en glad nie ingewikkeld nie – enige iemand kan dus die koekies bak, nie net ervare bakkers nie. Die Koekiefl es herinner aan die dae toe ‘koekiebak’ terapeuties en ’n belangrike deel van die lewe was.
Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek. Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee. Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld. Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.” Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef. Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken. ’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp. In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
Minjonet en bitterbos is Thomas Deacon se vyfde digbundel in Afrikaans. Die bundel sentreer om ouer word, die jeugdige energie wat daarmee afneem, ‘n herbesoek aan dit wat was en ‘n skrynende begeerte daarna. Deacon slaag uitmuntend daarin om die oerbron van herinnering en nostalgie telkens deur ‘n ander merafoor, ‘n ander tyd en met ander woorde te laat spreek. Die bundel bevat ook ‘n heuglike inslag van Boerneef se loslittige Afrikaans met ‘n voorkeur vir die kontreiwoord en -uitdrukking.
"Elke gedig is ’n uiting van die sibille. "Die woorde deur Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in haar grot gespreek is. Die leser gaan as't ware die grot binne waar klankryke, evokatiewe verse met droomagtige, eksotiese beelde die menslike kondisie belig. Louw werk met fassinerende stof uit ander kulture wat op prikkelende manier ontgin word.
Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met
goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as
wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan
gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad
wat deur dié boek loop.
In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees. Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat. Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets. In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër. Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?” In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.
Bevat baie figure en foto's. Daar is duisende soorte soetrissie. Dit is
'n gewilde speserye wat oral in die wêreld voorkom. Baie mense hou van
soetrissies. Sommige mense verwerf uitgebreide kennis en begin die
beste variëteite versamel. Diegene wat van goeie kos hou, ervaar groot
tevredenheid as hulle die versameling tuisgemaakte soetrissies wys. Op
hierdie manier kan gaste hul gunsteling geur kies. In die somer- en
herfsmaande kan die gekleurde vrugte direk van hul plante gepluk word
om onmiddellik op die tafel bedien te word met al die kleure en aromas.
Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.
Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.
Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.
Hierdie is ‘n opvolg van die nou reeds onontbeerlike en uiters suksesvolle digbundel Knapsekêrels. Dit bevat toeganklike gedigte vir alle lesers. Wye dekking in gedrukte sowel as digitale media
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson. |
You may like...
The Science of Aphasia Rehabilitation
Chris Code, Donald Freed
Hardcover
R4,485
Discovery Miles 44 850
|