![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Die forensiese wetenskap het in die afgelope dekades indrukwekkend ontwikkel. Ballistiek sluit in: die identifikasie van vuurwapens, bloedspatselpatrone en die aard van die wonde veroorsaak. Dikwels is die oplossings egter te laat. Die afsluiting wat dit bring vir die agtergeblewenes, te min.
Die stories is in kortverhale omskep deur ware, alledaagse gebeure, deurweef met humor en hoop wat bewys dat almal van ons net mense is: Uniek, maar tog eners! Die stories help lesers om hul eie uitdagings en worstelinge in ’n ander lig te sien. Die gebed is dat elkeen wat deur die blaaie woel, agteroor sal sit en lag, jouself vind in daardie oomblik en daarmee saam die Boodskap en Woord te ervaar..
Anna de Jager het in KwaZulu Natal grootgeword. Dit was nog altyd vir haar ʼn passie en selfopgelegde uitdaging om oomblikke vas te vang deur te skryf en te skets. Sy is in 1990 met Gert de Jager getroud en woon in Centurion. Hulle het twee dogters, Anita en Gerda en ‘n skoonseun, Marco. Daar het al verskeie vakpublikasies uit haar pen verskyn, maar hierdie is haar eerste memoires. Kort nadat sy haar PhD voltooi het, is sy met borskanker gediagnoseer. Chemo, koekies en tee is ’n openhartige deel van ʼn eiesoortige perspektief, baie genade en dankbaarheid.
Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur… Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig. In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is. Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly. Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.
Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met
goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as
wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan
gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad
wat deur dié boek loop.
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
Why do people fall in love with criminals? From thieves to perpetrators of violent crimes – they can still become the love of someone’s life. Carla van der Spuy interviews people who found love despite andbecause of the presence of prison bars, as well as experts such as forensic psychologists, and investigates what drives such relationships.
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?” In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.
Dis een verhaal, maar ook nie. Asof vanuit twee hoeke in dieselfde vertrek, vertel ma en dogter van hul worsteling nadat Henriëtte op 18 gediagnoseer is en Marga en haar man, Frans, die verdoemende woorde moes hoor: Jul kind is skisofrenies. Nou is dit 30 jaar later en Marga en Henriëtte het vrede gemaak. Met die siekte, maar ook met mekaar.
Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek. Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee. Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld. Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
Alles oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe – met hersiene en opgedateerde inhoud en fotografie – sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaatboek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto’s, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos lank, lank gelede; die mense; die kultuur; die gemeenskap; wetenskap en tegnologie; die ekonomie; die land; en die natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.
Minjonet en bitterbos is Thomas Deacon se vyfde digbundel in Afrikaans. Die bundel sentreer om ouer word, die jeugdige energie wat daarmee afneem, ‘n herbesoek aan dit wat was en ‘n skrynende begeerte daarna. Deacon slaag uitmuntend daarin om die oerbron van herinnering en nostalgie telkens deur ‘n ander merafoor, ‘n ander tyd en met ander woorde te laat spreek. Die bundel bevat ook ‘n heuglike inslag van Boerneef se loslittige Afrikaans met ‘n voorkeur vir die kontreiwoord en -uitdrukking.
Stiltes en stemme is ’n huldigingsboek vir een van die belangrikste
Afrikaanse skrywers, Karel Schoeman. Karel Schoeman se oeuvre verdien
‘n huldiging, selfs as mens slegs na die omvang van sy lewenswerk kyk:
Schoeman se werk is al dikwels vergelyk met die werk van Marcel Proust maar die verband tussen hulle werk is nog nie tevore ondersoek nie. Willie Burger wys op merkwaardige ooreenkomste tussen Proust se literatuurbeskouing en Schoeman se roman. Die boek word afgesluit met ‘n omvattende bibliografie van Schoeman se werk en al die resensies, besprekings, artikels, proefskrifte en verhandelings daaroor. Dit is ‘n onontbeerlike hulpbron vir enige verdere navorsing oor Schoeman.
Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hul ontwerpe. Soos hulle sê: “Tendense kom en gaan, maar jy moet in jou huis leef – maak dit dus ’n geriefl ike ruimte wat kan groei en saam met jou verander.” Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Die skrywers is innoverend en inspirerend en gebruik verskillende materiale om gewone voorwerpe in iets anders en mooiers te omskep. Daar is iets vir almal: óf jy verkies om projekte aan te pak met ’n handsaag en ’n koordlose boor, handwerkpapier en ’n skêr, óf met ’n naald en delikate afwerking. Hulle verskaf idees sodat jy projekte volgens jou eie styl en behoeftes kan aanpas. Pragtige fotografie, bondige instruksies en besondere ontwerpe beeld ruimtebesparingstegnieke, gebreide toumatte, gestoffeerde sitplekke, gestempel teëls, nuwerwetse buitesitplekke en nog vele meer, uit.
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
Die gebruik van vetkwarte is nie net vir kwilters nie, maar is baie meer veelsydig. Naaldwerkers gebruik ook graag die klein stukkies materiaal wat in pragtige bondeltjies in materiaalwinkels, asook by handwerk- en kunsmarkte teen ’n billike prys verkoop word. Elf talentvolle ontwerpers van regoor die wereld verduidelik stap-vir-stap in 50 Lapblokprojekte hul gunstelingpatrone en -projekte. Hierdie unieke versameling vinnige en maklike naaldwerkprojekte sluit kontemporere idees vir doen-dit-self dekor, bykomstighede, en geskenke in – alles gemaak met behulp van vetkwarte. Dit wissel van eenvoudige projekte met een vetkwart na projekte met ’n paar vetkwarte vir ’n vinnige lappieskombers, en bevat meer komplekse projekte wat tot tien vetkwarte gebruik. Die versameling projekte bied die ideale oplossing vir naaldwerkers met ’n bondel vetkwarte wat wag om in iets moois omskep te word.
’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou. Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.
Bevat baie figure en foto's. Daar is duisende soorte soetrissie. Dit is
'n gewilde speserye wat oral in die wêreld voorkom. Baie mense hou van
soetrissies. Sommige mense verwerf uitgebreide kennis en begin die
beste variëteite versamel. Diegene wat van goeie kos hou, ervaar groot
tevredenheid as hulle die versameling tuisgemaakte soetrissies wys. Op
hierdie manier kan gaste hul gunsteling geur kies. In die somer- en
herfsmaande kan die gekleurde vrugte direk van hul plante gepluk word
om onmiddellik op die tafel bedien te word met al die kleure en aromas.
Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywêreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele wêreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel. Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19. Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.
In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees. Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat. Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets. In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër. Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe. |
You may like...
Portuguese - Learn Portuguese For…
Language Learning University
Hardcover
German Short Stories - 11 Simple Stories…
Daily Language Learning
Hardcover
Portuguese Dialogues for Beginners Book…
Learn Like A Native
Hardcover
|