0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (94)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R271 Discovery Miles 2 710 Ships in 6 - 10 working days

Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik.

Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ’n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid. Hanlie Retief Gesels Met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het.

Steve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.

La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback): Ansja Ferreira La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback)
Ansja Ferreira 4
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen.

Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg.

Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Jaarsveld
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Vervleg (Afrikaans, Paperback): Petro Hansen Vervleg (Afrikaans, Paperback)
Petro Hansen
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld.

Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback): Roedolf Botha Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback)
Roedolf Botha
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelê, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert

100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback): Andries Cilliers 100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Andries Cilliers
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. 

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n  kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Meer as jou Seerkry - Groei as jy Stukkend is (Afrikaans, Paperback): Johannes de Villiers Meer as jou Seerkry - Groei as jy Stukkend is (Afrikaans, Paperback)
Johannes de Villiers
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek.

Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie.

Maar jy kán dit oorleef - en selfs sterker wees.

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Bos (Afrikaans, Paperback): Malan Steyn Bos (Afrikaans, Paperback)
Malan Steyn
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie drama handel oor tien tieners in ’n bos by ’n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie “lekker” nie. Grootword is pyn. En “verwonding".

Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ‒ paraat! ‒ die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.

Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback): Leti Kleyn, Dawid Slinger Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback)
Leti Kleyn, Dawid Slinger; Photographs by Adriaan Oosthuizen
R453 Discovery Miles 4 530 Ships in 6 - 10 working days

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.

Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback): James Scott Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback)
James Scott
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het.

Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar.

Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

Kaiings Van Wysheid (Afrikaans, Paperback): Daniel J. Louw Kaiings Van Wysheid (Afrikaans, Paperback)
Daniel J. Louw
R295 R240 Discovery Miles 2 400 Save R55 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Kaiings wil sê: Waarheid en wysheid is twee karperde wat weet dat dit in die ritme van lewe nie altyd klopdisselboom gaan nie. Mens word ontnugter deur die feit dat waarheid dikwels verpak is in kaiings van twyfel, sinisme, valsheid en oppervlakkigheid. Selfs Pilatus het gesukkel terwyl die Sanhedrin hom woedend aangluur: Wat is waarheid?

Die media beweeg dikwels tussen feit en sensasie. Waarheid word omhul deur skyn en die teendeel van feitelikheid, naamlik bedrog en leuens. Die media laat mens twyfel. So ook is wysheid meestal ‘n masker vir dwaasheid en eie gewin. Veral in publieke kommunikasie en politieke debatte. Ook die waarheid van die Christelike geloof word maklik verpak in kerspapier van kerklike formules en sinodeverslae oor hoe om geloof suiwer te hou en van dwaling te bevry.

Ongelukkig kan geloofsbelydenisse ook met behulp van die kulkuns van interpretasie en kultuurparadigmas, met hermeneutiese ‘spekskiet’ verpak word.

Die titel wil sê: Die waarheid van kaiings braai uit en kierankies vorm harde kastaiings wat niemand weet hoe om uit die vuur te krap nie. Selfs die harde neut van hoe om oor God op outentieke wyse na te dink proe, na baie eeue van ortodoksie, effe galsterig.

Hierdie boek waag nie met definisies oor die wat van geloof en die sin van die lewe nie, maar karring voort oor die hoe van geloof: Om met blomkoolore te skrum (volharding), met derms te geniet (God se vrolike ruil) en empatie te luister (barmhartigheid).

Om weer sinvol te lees en te leef, in bliksemgedagtes met dood te moet worstel en te voorkom dat ek as pastor bloot as ‘n hoëpriester met aparte pyn gebrandmerk word, moet ek soms van Weskus bokkom-spraak, asook van tinktinkietaal en mossiegetjirp gebruikmaak!

Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover): Anne Pretorius Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover)
Anne Pretorius
R450 R415 Discovery Miles 4 150 Save R35 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.

Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.

Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Alwyn Roux Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Roux
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken.

Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback): Stephanie Rappard, Henk Rappard Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Rappard, Henk Rappard
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Hier is twee mense wat bestem was om saam te wees, maar mekaar verloor het en na baie jare weer gevind het.

Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word op pragtige maniere uitgebeeld.

Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie.

Plunder (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Plunder (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar ná Mede-wete.

Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut.

Daar is ’n onrusbarende kwesbaarheid, ’n brandende woede en ’n direktheid, en tegelyk ’n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In die openingsgedig skryf sy: “Dit kom nie meer op my af nie / die geluid/ die geluid van ’n gedig kom nie meer op my af nie.” En dan, teenstrydig hiermee, sleur Krog die leser in die daaropvolgende verse mee in ’n jubelsang en ook ’n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder.

Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees. En hoe dit in Afrikaans kan klink en resoneer.

Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback): Hilda Smits Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback)
Hilda Smits
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis.

Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit.

Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.

Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ’n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966–1989).

Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd.

Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ’n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ’n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ’n debat op LitNet gevoer het en ’n swart aktivis.

My Laaste Dieet - Memoires Van 'n Smullende Skaalslaaf (Afrikaans, Paperback): Joan Strydom My Laaste Dieet - Memoires Van 'n Smullende Skaalslaaf (Afrikaans, Paperback)
Joan Strydom
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer se eerste boek, Vandag se sekretaresse (Human & Rousseau, 1988), was gebaseer op ontelbare kantore, kollegas en werkgewers waarmee sy tydens 'n elektroniese revolusie te doen gekry het. Daar was wêreldwye bekommernis oor of die sekretaresse met moderne kantoortoerusting vervang sou kon word. Nou is daar weer wêreldwye onsekerheid tydens 'n pandemie waar vetsug lewensgevaarlik is. My laaste dieet is die memoires van 'n smullende skaalslaaf. Ná 'n lewenslange stryd en ervaring van vraatsug, gepaard met kennis en ondervinding van 'n magdom diëte, beskou die skrywer haarself as die Koningin van Diëte.

173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback): Marizanne Knoesen 173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback)
Marizanne Knoesen
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is?

Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie.

’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby.

Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”

Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom 1
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis.

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.

Skatryk - Waarom On Beter Leef As Ons Voorsate (Afrikaans, Paperback): Johan Fourie Skatryk - Waarom On Beter Leef As Ons Voorsate (Afrikaans, Paperback)
Johan Fourie
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het 'n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doene? Hoe wen jy 'n Wêreldbeker? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag.

Skatryk is 'n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar 'n ander bly 'n sukkelbestaan voer?

Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van 'n samelewing - eerder as dié wat afbreek - uiteindelik seëvier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Software Engineering Research…
Roger Lee Hardcover R2,675 Discovery Miles 26 750
Queer Sites in Global Contexts…
Regner Ramos, Sharif Mowlabocus Paperback R1,375 Discovery Miles 13 750
Learning from Imbalanced Data Sets
Alberto Fernandez, Salvador Garcia, … Hardcover R4,006 Discovery Miles 40 060
Embrace Your Elegant Power - Your Path…
Nicky Rowbotham Paperback R270 R241 Discovery Miles 2 410
The Self-Care Plan for Empaths - 365…
Katie Krimer Paperback R382 R361 Discovery Miles 3 610
Digital Dharma - How AI Can Elevate…
Deepak Chopra Paperback R440 R393 Discovery Miles 3 930
Green IT Engineering: Components…
Vyacheslav Kharchenko, Yuriy Kondratenko, … Hardcover R4,550 R3,479 Discovery Miles 34 790
5G Networks - Planning, Design and…
Christofer Larsson Paperback R2,657 R2,504 Discovery Miles 25 040
Examining Fractal Image Processing and…
Soumya Ranjan Nayak, Jibitesh Mishra Hardcover R6,655 Discovery Miles 66 550
Models of Neurons and Perceptrons…
Andrzej Bielecki Hardcover R4,606 Discovery Miles 46 060

 

Partners