0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (17)
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (81)
  • R250 - R500 (110)
  • R500+ (5)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Koue Koffie (Afrikaans, Paperback): Carla Lang Koue Koffie (Afrikaans, Paperback)
Carla Lang
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 4 - 8 working days

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback): De Waal Venter Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback)
De Waal Venter
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Gedigte met ongewone benaderings wat op mekaar inspeel.

Insigte in ‘n wye reeks onderwerpe. Verskeie terreine vir die eerste keer in Afrikaans ontgin.

Dit sal ‘n leser verryk en genot verskaf.

Vervleg (Afrikaans, Paperback): Petro Hansen Vervleg (Afrikaans, Paperback)
Petro Hansen
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld.

Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R70 Discovery Miles 700 Ships in 4 - 8 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback): Stephanie Rappard, Henk Rappard Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Rappard, Henk Rappard
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Hier is twee mense wat bestem was om saam te wees, maar mekaar verloor het en na baie jare weer gevind het.

Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word op pragtige maniere uitgebeeld.

Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie.

La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback): Ansja Ferreira La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback)
Ansja Ferreira 4
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 4 - 8 working days

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen.

Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg.

Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R271 Discovery Miles 2 710 Ships in 4 - 8 working days

Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik.

Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ’n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid. Hanlie Retief Gesels Met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het.

Steve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.

Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback): Hilda Smits Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback)
Hilda Smits
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis.

Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit.

Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.

Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jana Marx, bekende joernalis soos gesien in Devildorp bestudeer die fenomeen van kultusse.

Sy beantwoord vrae soos:

  • watter antieke kultusse daar was
  • wat die verskil tussen 'n kerk, 'n sekte, die okkulte en 'n kultus is
  • watter tipe mens word in 'n kultus ingetrek
  • watter kenmerke word in 'n kultusleier gevind?

Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.

Jy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Maak Jou Lewe 'n Plesier (Afrikaans, Paperback): Hennie J. De Villiers Maak Jou Lewe 'n Plesier (Afrikaans, Paperback)
Hennie J. De Villiers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Maak Jou Lewe 'n Plesier is ‘n praktiese gids wat lesers help om geluk in elke dag te vind.

Baie mense is ongelukkig, depressief en angstig oor die lewe en hul toekoms. Dit is nie nodig om so te leef nie.

Almal kan ‘n gelukkige en gebalanseerde lewe ervaar. Hierdie boek is vol keuses wat jy moet maak om blymoedig en vreugdevol te lewe.

Bos (Afrikaans, Paperback): Malan Steyn Bos (Afrikaans, Paperback)
Malan Steyn
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie drama handel oor tien tieners in ’n bos by ’n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie “lekker” nie. Grootword is pyn. En “verwonding".

Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ‒ paraat! ‒ die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.

Die Buiteposte (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Die Buiteposte (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R531 Discovery Miles 5 310 Ships in 4 - 8 working days

'n Verversingstasie is in 1652 in Tafelbaai aangele om skepe te bedien op die roete tussen Europa en Oos-Indie. Die diens is deur 'n netwerk van bemande buiteposte aan die Kaapse kus en op die nabygelee eilande moontlik gemaak. Die Buiteposte is die resultaat van 30 jaar van navorsing in Suid-Afrika en in Europa, waar die VOC sy ontstaan gehad het. Dr. Sleigh is een van slegs 'n klein aantal geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente met gemak lees. Hy is lid van verskeie plaaslike en internasionale geskiedenisverenigings en bewaringsorganisasies en word landswyd erken as adviseur rakende sake wat op die VOC betrekking het.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback): Leti Kleyn, Dawid Slinger Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback)
Leti Kleyn, Dawid Slinger; Photographs by Adriaan Oosthuizen
R453 Discovery Miles 4 530 Ships in 4 - 8 working days

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.

Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Alwyn Roux Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Roux
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken.

Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback): James Scott Dan Sien Ons Mekaar - 'n Kliniese Sielkundige Sien Mense En Word Deur Hulle Gesien (Afrikaans, Paperback)
James Scott
R320 R277 Discovery Miles 2 770 Save R43 (13%) Ships in 4 - 8 working days

James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het.

Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar.

Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback): Marizanne Knoesen 173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback)
Marizanne Knoesen
R192 Discovery Miles 1 920 Ships in 4 - 8 working days

Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is?

Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie.

’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby.

Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”

Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback): George Claassen Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback)
George Claassen
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 8 working days

Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal, of dat gesprekke met dooies moontlik is? Dis die soort vrae wat George Claassen in hierdie boek stel. George Claassen is dosent in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van die By-rubriek "Kwakoskoop" waarin hy vreesloos alle vorme van kwaksalwery onder die soeklig plaas. Hierdie teks bestaan uit vyftig hoofstukke waarin ’n verskeidenheid onderwerpe aangeroer word, van evolusie en die kartering van die menslike genoom tot supersnaarteorie en sieninge oor die ontstaan van die heelal.

Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ’n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966–1989).

Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd.

Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ’n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ’n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ’n debat op LitNet gevoer het en ’n swart aktivis.

Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback): Talbot Cox Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback)
Talbot Cox
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge.

Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor.

Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie.

ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!

Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback): Hennie J. De Villiers Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback)
Hennie J. De Villiers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Begin ’n nuwe lewe van sukses.

Hierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om ’n nuwe lewe van sukses te begin, leer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik en leer hoe om positiewe denke te hê.

Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback): Beryl Botman Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback)
Beryl Botman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) In Stock

Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek.

Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee.

Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld.

Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Commentaries on American Law
James Kent Paperback R943 Discovery Miles 9 430
Biogeochemistry of Inland Waters
Gene E. Likens Paperback R3,399 Discovery Miles 33 990
Merlinus Liberatus: An Almanack for the…
John Partridge Paperback R494 Discovery Miles 4 940
The Soweto Uprisings - Counter-Memories…
Sifiso Mxolisi Ndlovu Paperback  (3)
R250 R227 Discovery Miles 2 270
Free-Surface Flow - Computational…
Nikolaos D. Katopodes Paperback R5,715 R5,291 Discovery Miles 52 910
Insectopedia - The Secret World of…
Erik Holm Paperback  (3)
R350 R323 Discovery Miles 3 230
Society 5.0: Cyberspace for Advanced…
Alla G. Kravets, Alexander A. Bolshakov, … Hardcover R4,931 Discovery Miles 49 310
Co-creating Videogames
John Banks Hardcover R2,860 Discovery Miles 28 600
Wunderbar Country - Germans Look at…
Jurgen Tampke Hardcover R2,981 Discovery Miles 29 810
Alexis' Story - 4th Grade
Donnilee J Hernandez Hardcover R616 R560 Discovery Miles 5 600

 

Partners