![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Die gebruik van vetkwarte is nie net vir kwilters nie, maar is baie meer veelsydig. Naaldwerkers gebruik ook graag die klein stukkies materiaal wat in pragtige bondeltjies in materiaalwinkels, asook by handwerk- en kunsmarkte teen ’n billike prys verkoop word. Elf talentvolle ontwerpers van regoor die wereld verduidelik stap-vir-stap in 50 Lapblokprojekte hul gunstelingpatrone en -projekte. Hierdie unieke versameling vinnige en maklike naaldwerkprojekte sluit kontemporere idees vir doen-dit-self dekor, bykomstighede, en geskenke in – alles gemaak met behulp van vetkwarte. Dit wissel van eenvoudige projekte met een vetkwart na projekte met ’n paar vetkwarte vir ’n vinnige lappieskombers, en bevat meer komplekse projekte wat tot tien vetkwarte gebruik. Die versameling projekte bied die ideale oplossing vir naaldwerkers met ’n bondel vetkwarte wat wag om in iets moois omskep te word.
Alles oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe – met hersiene en opgedateerde inhoud en fotografie – sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaatboek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto’s, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos lank, lank gelede; die mense; die kultuur; die gemeenskap; wetenskap en tegnologie; die ekonomie; die land; en die natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.
Een van die gewildste programme, Die Professor, op Amore Bekker se oggendprogram op RSG is nou in boekformaat. Die Menslike Dieretuin nooi die leser uit tot ʼn unieke leeservaring oor die belangrikste parasiete en ander organismes wat in en op ons leef.
Instagram, Facebook, perfeksie. Die beeld wat op sosiale media van ouerskap voorgehou word is lieflik, maar o só ver van die werklikheid af. En moenie vergeet van die mommy wars nie: keiser of normaal, bors of bottel, om te sleep train of nie... Lente, Juanli en Suzanne, drie doodgewone ma’s, het genoeg gehad van die mededinging en oordeel – ma’s behoort eerder vir mekaar 'n village te wees. En só is Die Naguilklub gebore: ’n oordeelvrye digitale ruimte waar ma’s mekaar inspireer en ondersteun deur die brutale fase van slapelose nagte, snotneuse en tantrums. In dié boek deel die stigterlede hul persoonlike ouerskapervarings – sonder filters of voorgee – en gee raad sodat ander ma's kan sê: Ek ook! Meer As Net ’n Ma is eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap.
Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:
Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
Dit is die jaar 1967. ‘n Tienjarige seun in ‘n disfunksionele mynwerkershuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan en help om sin te gee aan wat om hom gebeur. Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatsstelsel in die 60’s asook die wyse waarop ‘n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan. Sewe van die gedigte is verlede jaar in die bundel Nuwe Stemme 6 opgeneem en het uiters positiewe reaksie ontlok.
Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hul ontwerpe. Soos hulle sê: “Tendense kom en gaan, maar jy moet in jou huis leef – maak dit dus ’n geriefl ike ruimte wat kan groei en saam met jou verander.” Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Die skrywers is innoverend en inspirerend en gebruik verskillende materiale om gewone voorwerpe in iets anders en mooiers te omskep. Daar is iets vir almal: óf jy verkies om projekte aan te pak met ’n handsaag en ’n koordlose boor, handwerkpapier en ’n skêr, óf met ’n naald en delikate afwerking. Hulle verskaf idees sodat jy projekte volgens jou eie styl en behoeftes kan aanpas. Pragtige fotografie, bondige instruksies en besondere ontwerpe beeld ruimtebesparingstegnieke, gebreide toumatte, gestoffeerde sitplekke, gestempel teëls, nuwerwetse buitesitplekke en nog vele meer, uit.
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak.
Ritmes En Rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in Vrye Weekblad verskyn het. Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende tye.
’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk. Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak. Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe. ’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.
Terwyl die gronddebat woed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie. 'n Inspirerende ode aan ons landbouers.
Baie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede
verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit
beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal
antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God
voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg?
Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan
nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word
...”
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier. Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken. Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig. Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom. |
You may like...
Scotlandville
Rachel L Emanuel Phd, Ruby Jean Simms Phd, …
Paperback
Computational Medicine in Data Mining…
Goran Rakocevic, Tijana Djukic, …
Hardcover
Physical and Mathematical Aspects of…
Sergio Duarte, Jean-Pierre Gazeau, …
Hardcover
R4,114
Discovery Miles 41 140
|