0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (15)
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (93)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Eet Gesond, Voel Goed - Beveg Kanker Met Voeding (Afrikaans, Paperback): Jeske Wellmann, Adele van der Merwe Eet Gesond, Voel Goed - Beveg Kanker Met Voeding (Afrikaans, Paperback)
Jeske Wellmann, Adele van der Merwe
R74 Discovery Miles 740 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie gesaghebbende boek is daarop gemik om kankerlyers, hul versorgers en families op te lei en te bemagtig sodat hulle die kanker optimaal kan beveg met die regte voeding.

Kleure En Klere Vir 'n Slanker Jy - Slim Planne Vir 'n Fantastiese Figuur (Afrikaans, Paperback): Veronique... Kleure En Klere Vir 'n Slanker Jy - Slim Planne Vir 'n Fantastiese Figuur (Afrikaans, Paperback)
Veronique Henderson, Pat Henshaw
R230 R109 Discovery Miles 1 090 Save R121 (53%) Ships in 5 - 7 working days

'n Stylgids van die kenners agter die internasionale topverkoper Colour Me Beautiful-reeks. Kleure en klere vir 'n slanker jy is 'n omvattende gids tot die kuns van mooilyk. Dit lei die lesers deur 'n proses. Eers word jy gewys hoe om jou ligaamstipe en figuursprobleme te identifiseer. Dan verduidelik die kenners hoe verskillende materiale, style en kleure jou slanker kan laat voel en lyk. Foto's van 'n reeks modelle met verskillende liggaamsboue en kleurtipes demonstreer hoe die verskillende wenke werk. Vind uit watter kleure en klere jou die beste pas, en hoe om elke aspek van jou uitrusting te gebruik om die regte indruk te skep – van die onderklere wat werk vir jou liggaamsbou, tot die grimering, jou geheime wapen. Elke vrou wil graag weet wat in die boek verklap word.

Meer As Net 'n Ma - Stories En Raad Uit Die Hart Van Die Naguilklub (Afrikaans, Paperback): Lente Swift, Suzanne Swift,... Meer As Net 'n Ma - Stories En Raad Uit Die Hart Van Die Naguilklub (Afrikaans, Paperback)
Lente Swift, Suzanne Swift, Juanli Theron
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Instagram, Facebook, perfeksie. Die beeld wat op sosiale media van ouerskap voorgehou word is lieflik, maar o só ver van die werklikheid af. En moenie vergeet van die mommy wars nie: keiser of normaal, bors of bottel, om te sleep train of nie...

Lente, Juanli en Suzanne, drie doodgewone ma’s, het genoeg gehad van die mededinging en oordeel – ma’s behoort eerder vir mekaar 'n village te wees. En só is Die Naguilklub gebore: ’n oordeelvrye digitale ruimte waar ma’s mekaar inspireer en ondersteun deur die brutale fase van slapelose nagte, snotneuse en tantrums.

In dié boek deel die stigterlede hul persoonlike ouerskapervarings – sonder filters of voorgee – en gee raad sodat ander ma's kan sê: Ek ook! Meer As Net ’n Ma is eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap.

Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Ivor Price, Kobus Louwrens Hartstories Van Ons Land Se Boere - Om Te Boer In Vandag Se Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Ivor Price, Kobus Louwrens
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Terwyl die gronddebat woed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie. 'n Inspirerende ode aan ons landbouers. 

Die Jaar Toe Pa... (Afrikaans, Paperback): Hannes Visser Die Jaar Toe Pa... (Afrikaans, Paperback)
Hannes Visser
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is die jaar 1967. ‘n Tienjarige seun in ‘n disfunksionele mynwerkershuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan en help om sin te gee aan wat om hom gebeur.

Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatsstelsel in die 60’s asook die wyse waarop ‘n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan.

Sewe van die gedigte is verlede jaar in die bundel Nuwe Stemme 6 opgeneem en het uiters positiewe reaksie ontlok.

In Die Grot Van Die Sibille (Afrikaans, Paperback): Juanita Louw In Die Grot Van Die Sibille (Afrikaans, Paperback)
Juanita Louw
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

"Elke gedig is ’n uiting van die sibille. "Die woorde deur Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in haar grot gespreek is. Die leser gaan as't ware die grot binne waar klankryke, evokatiewe verse met droomagtige, eksotiese beelde die menslike kondisie belig. Louw werk met fassinerende stof uit ander kulture wat op prikkelende manier ontgin word.

Nog Maklike Soet Happies Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Janette Mocke Nog Maklike Soet Happies Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Janette Mocke
R200 R109 Discovery Miles 1 090 Save R91 (45%) Ships in 5 - 7 working days

Elke hoofstuk in Nog Maklike soet happies vir kinders bevat ’n ander partytjietema, insluitende treine, monsters, skape, skoenlappers, bye, superhelde, lappoppe en dinosourusse. Al die soet happies word gemaak deur maklik bekombare bestanddele te gebruik, soos malvalekkers, roomyshorinkies, jellielekkers, stokkielekkers en wafelbeskuitjies. Elke tema sluit ’n middelstuk vir die tafel in wat gebruik kan word vir die tradisionele verjaardagkoek. Die eenvoudige aanwysings vereis nie bak- of spesialisvaardighede nie en is gemik op enige ouer wat die perfekte kinderpartytjie wil reel sonder om te veel geld of ure in die kombuis te spandeer. Kinders sal groot byval vind by al die peuselhappies en temas kan aangepas word volgens voorkeure en ouderdomme. Pragtige fotografi e en stilering vertoon die peuselhappies op ’n besondere manier en verskaf verdere idees vir partytjies.

Die Menslike Dieretuin (Afrikaans, Paperback): Francois Durand Die Menslike Dieretuin (Afrikaans, Paperback)
Francois Durand
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Een van die gewildste programme, Die Professor, op Amore Bekker se oggendprogram op RSG is nou in boekformaat.

Die Menslike Dieretuin nooi die leser uit tot ʼn unieke leeservaring oor die belangrikste parasiete en ander organismes wat in en op ons leef.

Ritmes En Rites - Rubrieke Vir Drumpeltye (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Ritmes En Rites - Rubrieke Vir Drumpeltye (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 4 - 6 working days

Ritmes En Rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in Vrye Weekblad verskyn het.

Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende tye.

Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback): Malvory Adams Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback)
Malvory Adams
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk.

Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak.

Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe.

’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.

Bidsnoer (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Bidsnoer (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is ‘n opvolg van die nou reeds onontbeerlike en uiters suksesvolle digbundel Knapsekêrels.

Dit bevat toeganklike gedigte vir alle lesers.

Wye dekking in gedrukte sowel as digitale media

Omvattende Familie Gesondheidsgids (Afrikaans, Paperback): Linda Friedland Omvattende Familie Gesondheidsgids (Afrikaans, Paperback)
Linda Friedland
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Omvattende familie gesondheidgids is 'n volledige en toeganklike gids wat die hele gesin se gesondheid bespreek. Dit bevat: strategiee om siekte te voorkom, algemene siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, noodhulp en trauma. Dr. Friedland gee voorkomende wenke, beskryf simptome en bespreek behandelingsopsies vir verskillende siektes.

Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback): Christine Ferreira, Marielle de Vos Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback)
Christine Ferreira, Marielle de Vos
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak. 

Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Engela Duvenage Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Engela Duvenage 5
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.

Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.

Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.

Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback): Susan Fourie Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback)
Susan Fourie
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier.

Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken.

Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig.

Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Corrupted - A Study Of Chronic…
Jonathan D. Jansen Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
Optimization Methods and Applications
Xiao-qi Yang, Kok Lay Teo, … Hardcover R5,389 Discovery Miles 53 890
Online Learning and Assessment in Higher…
Robyn Benson, Charlotte Brack Paperback R1,554 Discovery Miles 15 540
The House In The Pines
Ana Reyes Paperback R439 R401 Discovery Miles 4 010
Religion in Hip Hop - Mapping the New…
Monica R. Miller, Anthony B Pinn, … Hardcover R4,316 Discovery Miles 43 160
Enhancing Learning and Teaching Through…
Chenicheri Sid Nair, Arun Patil, … Paperback R1,320 Discovery Miles 13 200
Chrisalis - Gedigte
Christo van der Westhuizen Paperback R50 R47 Discovery Miles 470
Developments in Global Optimization
Immanuel M Bomze, Tibor Csendes, … Hardcover R4,204 Discovery Miles 42 040
UCLA Daily Bruin; Reel 61
Anonymous Hardcover R1,269 Discovery Miles 12 690
Oscillation Theory of Delay Differential…
I. Gyoeri, G. Ladas Hardcover R4,940 Discovery Miles 49 400

 

Partners