0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (95)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie.

Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry.

In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.

Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback):... Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig.

Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom.

Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.

50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur.

Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke
wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.

20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R250 R204 Discovery Miles 2 040 Save R46 (18%) Ships in 7 - 11 working days

20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld.

Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.

20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.

Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback): Yolanda Barnard-Lemmer Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback)
Yolanda Barnard-Lemmer 2
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Gerald Burger is een van die land se bekendste sieners. Gedurende 2019 het hy die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword.

Die reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oe van Gerald Burger bied 'n in-diepte blik op die lewe van 'n heldersiende.

'n Individu wat geseen is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die "anderkant" oor te gaan.

Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback): Pieter Malan, Chris Jones Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Malan, Chris Jones
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks.

Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word.

Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.

'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler 'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Aletté Winckler, influencer, voorkomskonsultant, vrou en ma neem jou met hierdie 366 dagstukkies nader aan God.

Sy daag jou reguit uit om die Here te vertrou in elke aspek van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer. Ontdek saam met Aletté God se palet vol vreugde vir elke dag.

Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.

Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback): Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback)
Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht
R345 R279 Discovery Miles 2 790 Save R66 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Van Kettings tot Keuses deur Savnola Goldridge en Jacques Engelbrecht is ’n transformerende Afrikaanse boek wat die Enneagram gebruik om die nege fundamentele maniere te belig waarop mense hulself onbewustelik bind — en hoe daardie selfde patrone die beginpunt van vryheid kan word.

Die boek wys hoe ons van vroeg af oorlewings- en aanpassingstrategieë ontwikkel om veilig, geliefd of in beheer te voel. Mettertyd word hierdie strategieë outomatiese patrone van denke, emosie en gedrag. Wat eens beskerming was, word dikwels ’n beperking.

Deur nege herkenbare verhale maak Van Kettings tot Keuses die Enneagram toeganklik en prakties, en wys hoe elke tipe nie net ’n vorm van gebondenheid dra nie, maar ook ’n unieke pad na integrasie, volwassenheid en bewuste keuse.

Van Kettings tot Keuses is nie bloot ’n boek oor persoonlikheid nie. Dit is ’n uitnodiging tot selfondersoek en transformasie — ’n reis van onbewuste herhaling na bewuste keuse. Deur die nege gesigte van menswees te verken, word lesers genooi om hul eie kettings te herken en die moed te hê om anders te kies.

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Reynardt Hugo Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Reynardt Hugo
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback): Pirow Bekker Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback)
Pirow Bekker
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Volgens PG du Plessis het Pirow Bekker ʼn “benydenswaardig-heldere pen”. In hierdie, Bekker se 23ste publikasie sedert 1965, word die leser meegevoer deur sy herinneringsreise na plekke van herkoms en vroeëre verblyf, sowel as die verlede in sy eie gedagtes. Daar is juwele in hierdie teks.

’n Belangrike bydrae van die boek is die beligting van demensie en Alzheimer. Beurtelinge se stralende eerlikheid maak dit ʼn waardevolle werk.

Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
R250 R49 Discovery Miles 490 Save R201 (80%) In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

Gode Van Papier (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Gode Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R52 Discovery Miles 520 Ships in 4 - 6 working days

In Gode van Papier poog die digter om gestalte te gee aan die moderne mens se gode: gode (ook buite die tradisionele sin van die woord) met voete van klei wat op hul plek gesit en gehou word.

Hoewel die woord "gode" dikwels in die bundel gebruik word, dui dit baie keer nie op gode in die tradisionele sin van die woord nie.

Allerlei dinge, tot die gedigte self, word gode in hierdie bundel.

Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback): Evert Buurman Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback)
Evert Buurman
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Van Oekraïne tot Iran is 'n kort verhaalbundel wat saamgestel is uit 'n keur van talle reisverhale en ervarings wat deur die skrywer, Evert Buurman, oor jare van herwaarts en derwaarts reis neergeskryf en opgeteken is.

In hierdie bundel verskyn staaltjies en annekdotes van veral ervarings in moeiliker begaanbare gebiede en bestemmings. Die verhale dek hoofsaaklik die gebied rondom die Swart See en verder suid na die Midde-Ooste en uiteindelik Iran.

Die verhale in hierdie bundel spruit uit die skrywer se voorliefde vir geskiedenis en argeologie en reise wat onderneem is vir doeleindes van navorsing oor die oudste strata van die mensdom se geskiedenis

Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R5 Discovery Miles 50 Ships in 5 - 10 working days

Seks, skoonma’s en skuld is ‘n blik op eietydse verhoudings se grootste uitdagings en oplossings deur iemand wat die seerder kant van die lewe en die liefde ken.

Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir verhoudingsartikels na vore gekom het. Seks, skoonma’s en skuld is van die grootste brandpunte en sy spreek die fynere detail hiervan aan.

Lees oor:

  • Verhoudings met ekse en hoe om na die opbreek van verhoudings te herstel
  • Die invloed van tegnologie op verhoudings soos Facebookaffairs
  • Hoe om familiekrisisse af te weer en skoonfamilies te hanteer
  • Hoe om ouers en kinders se soms stormagtige verhoudings te navigeer
  • Hoe om veilig uit die greep van verslawings te kom
  • Hoe om te maak as dinge in die slaapkamer verkeerd loop
Om Te Skryf (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Om Te Skryf (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
1
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 4 - 6 working days

Hoe leer jy skryf?

Loer oor die skouers van ambagsmense. Dis die maklikste en lekkerste manier.

Hier’s ’n boek in Afrikaans om jou daarmee te help.

Vel - 15 Oorstories (Afrikaans, Paperback): Emma Bekker Vel - 15 Oorstories (Afrikaans, Paperback)
Emma Bekker
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.

Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

Die Hart Van 'n Ma - Essays Uit Die Podsending 'n M & 'n Mikrofoon (Afrikaans, Paperback): Daniella van Heerden Die Hart Van 'n Ma - Essays Uit Die Podsending 'n M & 'n Mikrofoon (Afrikaans, Paperback)
Daniella van Heerden
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) Ships in 5 - 10 working days

'n Boek oor ma’s. Vir ma’s. Deur ’n ma.

Gebaseer op die joernalis Daniëlla van Heerden se gewilde podsending ’n Ma & ’n Mikrofoon (met meer as 100 episodes as inspirasie) is ‘n keur van dié gesprekke nou verwerk in geskrewe vorm: eerlik, inspirerend en eg Suid-Afrikaans.

In dié bundel word ouerskap en al die verskillende fases daarvan gevier en bespreek: die onsekerheid van ‘n eerste swangerskap tot die opwinding en chaos van ‘n pienkvoet in die huis. Die uitdagings van die tienerjare tot die heimwee van ‘n leë nes.

Jy gaan die ouerskapstories hoor van uiteenlopende bekende ma’s (soos die aktrises Simoné Pretorius en Lindie Strydom en politikus Helen Zille) maar ook leer by minder bekende, maar ewe merkwaardige vroue.

Hulle sluit in Tina van Deventer (‘n ma van twaalf kinders!), Tarryn Bell (wat sterwende kinders versorg) en Shani Little (‘n ma wat geweier het dat blindheid of borskanker haar stuit.)

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal 1
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 3
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

'n Ewige Kroon - Jy is meer as wat jy glo (Afrikaans, Paperback): Demi-Leigh Tebow 'n Ewige Kroon - Jy is meer as wat jy glo (Afrikaans, Paperback)
Demi-Leigh Tebow
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 'n Ewige kroon vertel die gewese Mej. Heelal en Mej. Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en hoe jy jou platform kan gebruik om ’n verskil te maak. Demi verweef haar lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het, en wys hoe jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van sukses.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.”

Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls.

Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.”

Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Terms And Conditions - Dreamland…
Lauren Asher Paperback  (2)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Ebena Hidden Magic
Patricia E Sandoval Hardcover R558 Discovery Miles 5 580
Fish and Seafood Keto Diet Cookbook…
Elisa Hayes Hardcover R742 R651 Discovery Miles 6 510
From Para To Dakar - Overcoming…
Joey Evans Paperback  (2)
R310 R277 Discovery Miles 2 770
Turn & Burn - The Scriptwriter's Guide…
Cj Walley Hardcover R680 Discovery Miles 6 800
Eye Care Netra Jyoti
Ashwini Kumar Aggarwal Hardcover R502 Discovery Miles 5 020
Sensei Tennis - Martial Arts (And More…
Beede&Nelson Hardcover R813 Discovery Miles 8 130
Exchanging Terrorism Oxygen for Media…
Mahmoud Eid Hardcover R4,959 Discovery Miles 49 590
Rebel - Renegades: Book 3
Rebecca Yarros Paperback R315 R281 Discovery Miles 2 810
Alien: Isolation
Keith R. A. DeCandido Paperback R236 R223 Discovery Miles 2 230

 

Partners