Hoe leer jy skryf?
Loer oor die skouers van ambagsmense. Dis die maklikste en lekkerste manier.
Hier’s ’n boek in Afrikaans om jou daarmee te help.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Woord-Juweel
Wed, 29 Jun 2022 | Review
by: Bea M.
Goeie dag,
My dogter, Bea, het "Om te skryf" (tweede uitgawe), vir my bestel nav 'n berig in Die Burger (11.6.2022).
Welke soet genot om die dikke boek, 'n ware woord juweel, teen die hart te kan aandruk.. die malsheid van woorde se rangskik, te kan pluk uit die boom van kennis en smaak!!
My seun, Jaco, ernstig gehoorgestrem (dog die wonder van 'n kogliêre inplanting!!), ook 'n besondere liefhebber van die skryfkuns, het ten tyde sy besoek die ander dag, summer geblaai na Dana Snyman se "Ouma ni gr8, so Roi-^ gan ky-ir", en dit sodanig geniet dat hy nie kan wág dat sy moeder hierdie skatkis van woord- gebeur, in sy 2 hande kan plaas vir die indrink, leer, maar meer, suiwer genot, daarvan nie..
Baie dankie aan Van Schaik Uitgewers vir die besondere ervaring om te kan "loer oor die skouers van ambagsmense".
Vriendelik die uwe,
Joanie Mostert
Louis Trichardt str nr 10
Goodwood
7460
Sel: 082 787 6894
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)