0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (66)
  • R250 - R500 (126)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R499 Discovery Miles 4 990 Ships in 6 - 10 working days

Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie.

Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lê nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hê om seker te maak dat ons nooit gaan lê nie.

Die gesprek begin by die huidige wêreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio.

Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer.

Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Eie Rigting (Afrikaans, Paperback): Willie Spies Eie Rigting (Afrikaans, Paperback)
Willie Spies
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem.

In ‘n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig.

Willie Spies skryf sedert 2016 – die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA – rubrieke vir Beeld en Netwerk 24.

Die rubrieke ontgin die stand van die makro-omgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zuma-bewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreld gebeure in historiese konteks.

Dit keer telkens terug na die mikro-werklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer-word en vergifnis.

Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind wat leemtes vul wat die staat ooplaat.

Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Ontsluit die Bybel - ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.

• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek

Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.

Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak

Ons staan vandag voor geweldige probleme en uitdagings – ekonomies, polities, moreel, noem maar op. ’n Mens wil-wil moed verloor.

Tog is daar geen rede tot wanhoop nie. Want, sê Isak Burger, God self gee ons die versekering dat Hy by ons is. Ons is nie alleen nie. Deur sy Gees is Hy daagliks by ons en deur sy Woord lei Hy ons. Ons kan op God vertrou in elke situasie waarin ons ons bevind.

Stap in die 365 dagstukke van Veilig in sy hand deur die Bybel en ervaar opnuut hoe God by sy kinders is. Vind bemoediging vir die tye wanneer jy eensaam voel, ver van God af voel, voor groot besluite te staan kom, wonder oor God se ewigheidsplan of bloot net weer jou verhouding met God wil verdiep. Jy sal tot ’n nuwe ervaring van God se teenwoordigheid en leiding kom en die lewe met nuwe hoop en moed tegemoetgaan.

Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Riekert Botha Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Riekert Botha
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.

In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.

• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.

Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.

Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.

Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.

• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jana Marx, bekende joernalis soos gesien in Devildorp bestudeer die fenomeen van kultusse.

Sy beantwoord vrae soos:

  • watter antieke kultusse daar was
  • wat die verskil tussen 'n kerk, 'n sekte, die okkulte en 'n kultus is
  • watter tipe mens word in 'n kultus ingetrek
  • watter kenmerke word in 'n kultusleier gevind?

Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.

Jy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.

Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is.

Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus.

Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.

Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback): Johan Greyling Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback)
Johan Greyling
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 6 - 10 working days

Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees.

As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag.

In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was.

Ons geloof is ’n offer in Sy diens.

In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).

Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover): Anne Pretorius Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover)
Anne Pretorius
R450 R415 Discovery Miles 4 150 Save R35 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.

Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.

Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Ashwin Arendse Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Ashwin Arendse
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap hier gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die streek weerklink.

Op vernuwende wyse word dié bry skriftelik uitgebeeld. ’n Rugbyderby, ’n krieketwedstryd, en ’n besoek aan die openbare swembad word vars verbeeld deur die skep van opvallende kontraste.

Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer.

Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback): Nicolaas Faasen Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback)
Nicolaas Faasen
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.

- Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.

- Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik.

- Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.

Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Marnus Kok Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Marnus Kok
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902?1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902–1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R492 Discovery Miles 4 920 Ships in 2 - 4 working days

Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers.

Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.

100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback): Andries Cilliers 100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Andries Cilliers
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. 

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n  kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 2 - 4 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

Vervleg (Afrikaans, Paperback): Petro Hansen Vervleg (Afrikaans, Paperback)
Petro Hansen
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld.

Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback): Ansja Ferreira La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback)
Ansja Ferreira 4
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 2 - 4 working days

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen.

Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg.

Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die…
Sebastian Pistor, Dalene Muller Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R283 Discovery Miles 2 830
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R311 Discovery Miles 3 110
Knapsekerels
Pieter Fourie Paperback R159 Discovery Miles 1 590
Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So?
Anelia Heese Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die…
Juliana Coetzer Paperback R305 Discovery Miles 3 050
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R459 Discovery Miles 4 590
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R415 Discovery Miles 4 150
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R100 R93 Discovery Miles 930

 

Partners