0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (93)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.

Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.

Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke!

Eie Rigting (Afrikaans, Paperback): Willie Spies Eie Rigting (Afrikaans, Paperback)
Willie Spies
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem.

In ‘n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig.

Willie Spies skryf sedert 2016 – die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA – rubrieke vir Beeld en Netwerk 24.

Die rubrieke ontgin die stand van die makro-omgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zuma-bewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreld gebeure in historiese konteks.

Dit keer telkens terug na die mikro-werklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer-word en vergifnis.

Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind wat leemtes vul wat die staat ooplaat.

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak

Ons staan vandag voor geweldige probleme en uitdagings – ekonomies, polities, moreel, noem maar op. ’n Mens wil-wil moed verloor.

Tog is daar geen rede tot wanhoop nie. Want, sê Isak Burger, God self gee ons die versekering dat Hy by ons is. Ons is nie alleen nie. Deur sy Gees is Hy daagliks by ons en deur sy Woord lei Hy ons. Ons kan op God vertrou in elke situasie waarin ons ons bevind.

Stap in die 365 dagstukke van Veilig in sy hand deur die Bybel en ervaar opnuut hoe God by sy kinders is. Vind bemoediging vir die tye wanneer jy eensaam voel, ver van God af voel, voor groot besluite te staan kom, wonder oor God se ewigheidsplan of bloot net weer jou verhouding met God wil verdiep. Jy sal tot ’n nuwe ervaring van God se teenwoordigheid en leiding kom en die lewe met nuwe hoop en moed tegemoetgaan.

Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.

Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.

Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.

• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Ontsluit die Bybel - ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.

• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek

Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.

Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback): Anelia Heese Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback)
Anelia Heese
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”

Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.

Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is. Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.

Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .

Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jana Marx, bekende joernalis soos gesien in Devildorp bestudeer die fenomeen van kultusse.

Sy beantwoord vrae soos:

  • watter antieke kultusse daar was
  • wat die verskil tussen 'n kerk, 'n sekte, die okkulte en 'n kultus is
  • watter tipe mens word in 'n kultus ingetrek
  • watter kenmerke word in 'n kultusleier gevind?

Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.

Jy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.

Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback): Johan Greyling Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback)
Johan Greyling
R208 Discovery Miles 2 080 Ships in 6 - 10 working days

Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees.

As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag.

In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was.

Ons geloof is ’n offer in Sy diens.

In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).

Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback): Gerda Engelbrecht Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Engelbrecht
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku?

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek bevat dit alles! Hierdie versameling bevat meer as 200 van die beste blokraaisels en ander speletjies wat in Media24 se gewilde tydskrifte soos Sarie, Weg, Tuis en Landbou-weekblad verskyn het.

Dit beloof om jou ure lank te vermaak en uit te daag. Dit is boonop die perfekte geskenk vir enige blokraaiverslaafde.

Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is.

Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus.

Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.

Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Ashwin Arendse Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Ashwin Arendse
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap hier gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die streek weerklink.

Op vernuwende wyse word dié bry skriftelik uitgebeeld. ’n Rugbyderby, ’n krieketwedstryd, en ’n besoek aan die openbare swembad word vars verbeeld deur die skep van opvallende kontraste.

Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer.

Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback): Erika de Beer Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback)
Erika de Beer
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.

Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser.

Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”

Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse.

Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan.

Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback): Nicolaas Faasen Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback)
Nicolaas Faasen
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.

- Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.

- Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik.

- Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.

Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Marnus Kok Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Marnus Kok
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902?1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902–1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers.

Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R85 Discovery Miles 850 Ships in 6 - 10 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Koue Koffie (Afrikaans, Paperback): Carla Lang Koue Koffie (Afrikaans, Paperback)
Carla Lang
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 6 - 10 working days

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Rotating Machinery and Signal Processing…
Ahmed Felkaoui, Fakher Chaari, … Hardcover R4,327 Discovery Miles 43 270
Self-Learning Optimal Control of…
Qinglai Wei, Ruizhuo Song, … Hardcover R3,819 Discovery Miles 38 190
Modeling, Control and Coordination of…
Beibei Ren, Shuzhi Sam Ge, … Hardcover R2,669 Discovery Miles 26 690
Stable and Efficient Cubature-based…
Dominik Ballreich Hardcover R2,317 R1,821 Discovery Miles 18 210
It Lives Under My Bed
A E Stanfill Hardcover R467 Discovery Miles 4 670
Grammatical Gender and Linguistic…
Bernhard Walchli, Bruno Olsson, … Hardcover R1,347 Discovery Miles 13 470
Optimal Trajectory Tracking of Nonlinear…
Jakob Loeber Hardcover R3,619 R3,359 Discovery Miles 33 590
Veldbestuur - Beginsels en Praktyke…
Frits van Oudtshoorn Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480
Insight into Magnetorheological Shock…
Janusz Goldasz, Bogdan Sapinski Hardcover R3,615 R3,354 Discovery Miles 33 540
Advances in Topology and Their…
Santanu Acharjee Hardcover R3,659 Discovery Miles 36 590

 

Partners