0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (93)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons węreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Joshlin: Meer As 'n Naam - Drama (Afrikaans, Paperback): Herschelle Benjamin Joshlin: Meer As 'n Naam - Drama (Afrikaans, Paperback)
Herschelle Benjamin
R250 R199 Discovery Miles 1 990 Save R51 (20%) Ships in 6 - 10 working days

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Joshlin Smith (6), die blougroenoog kind wat in 2024 deur haar ma aan ’n sangoma vir R20 000 verkoop is. 

Nota van die skrywer:
Die drama probeer nie om die werklikheid rondom die lewe en verdwyning van Joshlin Smith op onverantwoordelike wyse te weerspieël nie. Dit probeer om ruimte te skep vir herbesinning én aksie, sover moontlik. Die stuk moet troos, verag en introspeksie bied.

Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Hestelle van Staden Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Hestelle van Staden; Foreword by Gerard Labuschagne
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Voorwoord deur die outeur en reeksmoordenaar-ondersoeker, Gerard Labuschagne.

Die forensiese patoloog, Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7000 outopsies behartig waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings.

Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit 'n stootwaentjie geval . . . die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van 'n jong swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.

Outopsie bied 'n blik op die lewe van 'n forensiese patoloog in SuidAfrika en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) In Stock

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Aanstap Boere - 'n Ooggetuie Van Die Ontrafeling Van Wit Mag In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Max du Preez Aanstap Boere - 'n Ooggetuie Van Die Ontrafeling Van Wit Mag In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Max du Preez
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Pre-order

Voor Max du Preez as joernalis bekend – en omstrede – geword het, was hy ʼn doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans.

As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng met groot kokkedore soos John Vorster en Vlok. Hy doen ook verslag uit Soweto. Op ’n dag begin klippe spat. Skielik hoor hy skote. Die datum is 16 Junie 1976 . . .

Du Preez ondersoek in dié rou relaas die laaste 50 jaar. Hoe kon kerkmense, sy eie pa inkluis, apartheid steun, hoe het dit verander, en wat gaan vandag aan met Afrisol?

Die boek is heerlik leesbaar, onthutsend, krities – ook teenoor homself – en vol staaltjies; van PW se mauser, Lang Hendrik se uitbarsting, en ontbyt met Kaunda tot die (swak) sing van Sarie Marais vir Sankara.

Dan was daar ook die keer toe ’n informant Max met ’n RPG dwing om peermampoer af te sluk.

Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R169 R79 Discovery Miles 790 Save R90 (53%) In Stock

In ’n węreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback): Engela Linde van Rooyen Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback)
Engela Linde van Rooyen 1
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys).

Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R149 Discovery Miles 1 490 Save R136 (48%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sę: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Weer-Lig (Afrikaans, Paperback): Fransi Nieuwoudt Weer-Lig (Afrikaans, Paperback)
Fransi Nieuwoudt
R10 Discovery Miles 100 In Stock

‘n Sterk sintuiglike aanslag en oorspronklike beeldgebruik.

Hierdie bundel roep temas in die lewe wat nie dikwels in die Afrikaanse digkuns voorkom nie.

Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Christo van der Westhuizen Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Christo van der Westhuizen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) In Stock

Chrisalis is die indrukwekkende debuut van ‘n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. In hierdie fyn afgewerkte gedigte word die grens tussen teks en werklikheid telkens getoets.

Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Soos’n skoenlapper uit sy papie breek, so kom die digter self te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.

Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dět is wat God vir jou wil hę.

Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback): Rolene Strauss Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback)
Rolene Strauss 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die węreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter węreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Węreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hę om hul drome vreesloos na te jaag.

Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Hoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie? Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms? 

Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op ’n nogtans-manier."

Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C. Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in Christus is.

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R70 Discovery Miles 700 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback): Mariza van Zyl Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback)
Mariza van Zyl
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Jy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin "normaal" eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ... nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?

Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Tumi K. Steyn Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
Tumi K. Steyn; Contributions by Gloudine Kellerman, Jonelle du Toit
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters - met 'n fokus op gedramatiseerde poësie - verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer. 

Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback): Reggie Peace Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback)
Reggie Peace
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewęreld en die Woord (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius, Jurie... Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewęreld en die Woord (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius, Jurie Schoeman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewęreld en dat indien hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste, waardegebaseerde leierskap uitbeeld.

Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Riekert Botha Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Riekert Botha
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) In Stock

Is Jesus regtig wie Hy gesę het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en węreld.

In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.

• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.

Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback): De Waal Venter Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback)
De Waal Venter
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Gedigte met ongewone benaderings wat op mekaar inspeel.

Insigte in ‘n wye reeks onderwerpe. Verskeie terreine vir die eerste keer in Afrikaans ontgin.

Dit sal ‘n leser verryk en genot verskaf.

Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie.

Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lę nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hę om seker te maak dat ons nooit gaan lę nie.

Die gesprek begin by die huidige węreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio.

Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer.

Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie…
Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met…
Evert Buurman Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Knapsekerels
Pieter Fourie Paperback R215 Discovery Miles 2 150
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R441 Discovery Miles 4 410
Rooiletterkind
Sandy Schoeman Paperback R240 R222 Discovery Miles 2 220
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R267 Discovery Miles 2 670
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R252 Discovery Miles 2 520

 

Partners