0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (66)
  • R250 - R500 (126)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle

Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sę sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.”

Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls.

Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.”

Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.

Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback): Emile Joubert Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback)
Emile Joubert
R322 Discovery Miles 3 220 Ships in 4 - 6 working days

Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter.

Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap.

Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons węreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Hestelle van Staden Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Hestelle van Staden; Foreword by Gerard Labuschagne
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Voorwoord deur die outeur en reeksmoordenaar-ondersoeker, Gerard Labuschagne.

Die forensiese patoloog, Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7000 outopsies behartig waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings.

Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit 'n stootwaentjie geval . . . die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van 'n jong swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.

Outopsie bied 'n blik op die lewe van 'n forensiese patoloog in SuidAfrika en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) In Stock

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint): Tom Dreyer Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint)
Tom Dreyer
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) In Stock

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie.

Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde.

’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback): Engela Linde van Rooyen Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback)
Engela Linde van Rooyen 1
R36 Discovery Miles 360 Ships in 6 - 10 working days

Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys).

Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.

Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) In Stock

In ’n węreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R476 Discovery Miles 4 760 Ships in 6 - 10 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sę: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Weer-Lig (Afrikaans, Paperback): Fransi Nieuwoudt Weer-Lig (Afrikaans, Paperback)
Fransi Nieuwoudt
R10 Discovery Miles 100 In Stock

‘n Sterk sintuiglike aanslag en oorspronklike beeldgebruik.

Hierdie bundel roep temas in die lewe wat nie dikwels in die Afrikaanse digkuns voorkom nie.

Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Christo van der Westhuizen Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Christo van der Westhuizen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) In Stock

Chrisalis is die indrukwekkende debuut van ‘n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. In hierdie fyn afgewerkte gedigte word die grens tussen teks en werklikheid telkens getoets.

Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Soos’n skoenlapper uit sy papie breek, so kom die digter self te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.

Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback): Rolene Strauss Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback)
Rolene Strauss 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die węreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter węreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Węreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hę om hul drome vreesloos na te jaag.

Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R431 Discovery Miles 4 310 Ships in 6 - 10 working days

Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C. Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in Christus is.

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R395 Discovery Miles 3 950 Ships in 6 - 10 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R121 Discovery Miles 1 210 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback): De Waal Venter Oop Sirkel (Afrikaans, Paperback)
De Waal Venter
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Gedigte met ongewone benaderings wat op mekaar inspeel.

Insigte in ‘n wye reeks onderwerpe. Verskeie terreine vir die eerste keer in Afrikaans ontgin.

Dit sal ‘n leser verryk en genot verskaf.

Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback): Mariza van Zyl Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback)
Mariza van Zyl
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Jy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin "normaal" eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ... nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?

Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Tumi K. Steyn Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
Tumi K. Steyn; Contributions by Gloudine Kellerman, Jonelle du Toit
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters - met 'n fokus op gedramatiseerde poësie - verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer. 

Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback): Reggie Peace Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback)
Reggie Peace
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse.

Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan.

Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewęreld en die Woord (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius, Jurie... Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewęreld en die Woord (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius, Jurie Schoeman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewęreld en dat indien hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste, waardegebaseerde leierskap uitbeeld.

Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.

Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.

Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke!

Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback): Gerda Engelbrecht Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Engelbrecht
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku?

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek bevat dit alles! Hierdie versameling bevat meer as 200 van die beste blokraaisels en ander speletjies wat in Media24 se gewilde tydskrifte soos Sarie, Weg, Tuis en Landbou-weekblad verskyn het.

Dit beloof om jou ure lank te vermaak en uit te daag. Dit is boonop die perfekte geskenk vir enige blokraaiverslaafde.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles…
CJH Johan Coetzee Paperback R499 Discovery Miles 4 990
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R415 Discovery Miles 4 150
Gebed Vir Elke Geleentheid
Hennie Maartens Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Knapsekerels
Pieter Fourie Paperback R159 Discovery Miles 1 590
Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te…
Erika de Beer Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R283 Discovery Miles 2 830
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R459 Discovery Miles 4 590
Rooiletterkind
Sandy Schoeman Paperback R240 R222 Discovery Miles 2 220
Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die…
Sebastian Pistor, Dalene Muller Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R293 Discovery Miles 2 930

 

Partners