Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde
skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in
Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.
In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm
word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die
inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies
volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer
alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak.
Al gewonder wat ’n huilboerboom, meelwurms, kofia,
ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie
boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte
waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees
op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!