![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
In Moerstaāl word oorsprong in oënskyn geneem: perspektiewe word gebied op geskiedenis en erfenis en hoe dit met taal saamhang. ’n Skryfwyse wat deur Khoekhoegowab geïnspireer is, veral wat die gebruik van die makron op klinkers betref, word ingespan tesame met Sols se kenmerkende Ghoema-Afrikaans. ’n Respek vir byna uitgestorwe kennis word oorgedra en in dié opsig is die gedigte ’n kreet van verlies en ’n bewuste poging tot ’n daad van bestendiging. Die lewe-gewende moederfiguur tree hier na vore – die vrou wat verguising en ontkenning moes deurleef en wie se bydrae en plek, soos ook dié van die taal, in en deur die bundel herstel, of ten minste openbaar gemaak, wil word. Die musikaliteit van Sōls se vorige twee bundels is weer hier teenwoordig. Só ook sy vlymskerp kommentaar en ironie, en sy digterlike gebruik van spreektaal. Sols se terugkeer na geskrewe poësie – die eerste bundel in sestien jaar – is beslis ’n groot aanwins vir die Afrikaanse letterkunde.
Dit spook beslis al sedert die oertyd in Suid-Afrika, maar die skrywer begin sy hervertelling van dosyne ware spookverhale met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval. Die magdom ware stories is tematies ingedeel volgens die soort verskynsel, van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners. Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor, soos net Daniël Lötter kan.
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.
Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak. In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie. Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.
Begin ’n nuwe lewe van sukses. Hierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om ’n nuwe lewe van sukses te begin, leer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik en leer hoe om positiewe denke te hê.
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.
'n Verversingstasie is in 1652 in Tafelbaai aangele om skepe te bedien op die roete tussen Europa en Oos-Indie. Die diens is deur 'n netwerk van bemande buiteposte aan die Kaapse kus en op die nabygelee eilande moontlik gemaak. Die Buiteposte is die resultaat van 30 jaar van navorsing in Suid-Afrika en in Europa, waar die VOC sy ontstaan gehad het. Dr. Sleigh is een van slegs 'n klein aantal geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente met gemak lees. Hy is lid van verskeie plaaslike en internasionale geskiedenisverenigings en bewaringsorganisasies en word landswyd erken as adviseur rakende sake wat op die VOC betrekking het.
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is
’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar
pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou
hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur
hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat
stel om vreesloos in liefde te leef.
Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.
A distinctive volume of poetry by a talented poet and highly acclaimed translator. Although the themes and ideas explored are mostly personal, De Kock's voice ensures a universal resonance in his poetry.
Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou. As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak. Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.
Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge. Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor. Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie. ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!
Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.
Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: “Kenmerkend is die ironiese, selfs sardoniese, toon terwyl die stem se personasie in die gedigte dikwels skollieagtig is; iets wat direk verband hou met die titel se verwysing na parool: Iemand wat voorwaardelik vrygelaat is, dog streng by beheermaatreëls moet hou ten einde daardie gewaande vryheid te handhaaf en hernieude tronkstraf te voorkom. Die digter slaag om indrukwekkende wyse daarin om dié filosofiese beskouing van vryheid vs gebondenheid verteenwoordigend van die mens se algehele lewenslot te maak.”
In die eerste opstel, “Oor huise”, beskryf hy hoe hy self 'n huis van klip in die Kouga gebou het. So 'n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is. Hy skryf verder oor die vreugde van kook en goeie kos, oor die verwantskap tussen die skepping van poesie en die skepping van 'n eenvoudige meubelstuk, oor jag, visvang en ons belewing van die natuur. Die laaste opstel, “Oor patriotisme”, kry opnuut betekenis in 'n tyd waarin ons verhouding met ons geboorteland en ons medemens geproblematiseer word. Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur 'n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word. So skryf hy byvoorbeeld oor klip: “Die engel uit die klip is die engel wat alreeds in die klip gesit het, en aan hom is die kliphouer onderdanig. Laat die engele dus jou huisie bou, maar hulle sal net met jou hande bou, en net met jou eie hande sal jy aan hulle raak.”
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in. Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.
Toeganklike, klankryke, geslepe, fyn afgeronde verse van ’n woordsmid wat slim speel met klank, taal, beelde en verwagtinge. Op toeganklike, klankryke wyse ontgin Daniel Hugo verskillende temas – verblyf in die Lae lande, liefdesverhoudings, die seisoene, die natuur, die dood, die skryfproses, die taal waarin hy skryf, die pandemie wat ons tans ervaar, die rol van die digter – op speelse wyse en sonder om te skroom om met homself die draak te steek. Met enkele verbluffende vertalings van klassieke gedigte.
Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19. Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.
In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word. Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met parkinsons: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.
Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe
dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan
mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk.
Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so? Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.
Cas van Rensburg se oeuvre kom op ’n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome – die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot ’n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het ’n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daar’s ’n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, “maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir ma’s en pa’s wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan” (agterplat). Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van “die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis” of omdat “die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het”. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word ’n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies. Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval. Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die “moederkompleks” in die manwordproses aangespreek word sodat die “stryd met die moeder” op ’n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n “heldereis” gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook “begin by jou pa” en jou pa “agterlaat” deur hom te leer ken of verstaan. Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels. Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie ’n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek ’n indruk maak, “in die onbewuste (sal) bly spook” met antwoorde wat mettertyd oprys.
Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is? Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar. ’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom. |
You may like...
|