In Moerstaāl word oorsprong in oënskyn geneem: perspektiewe word
gebied op geskiedenis en erfenis en hoe dit met taal saamhang. ’n
Skryfwyse wat deur Khoekhoegowab geïnspireer is, veral wat die
gebruik van die makron op klinkers betref, word ingespan tesame met
Sols se kenmerkende Ghoema-Afrikaans. ’n Respek vir byna
uitgestorwe kennis word oorgedra en in dié opsig is die gedigte ’n
kreet van verlies en ’n bewuste poging tot ’n daad van bestendiging.
Die lewe-gewende moederfiguur tree hier na vore – die vrou wat
verguising en ontkenning moes deurleef en wie se bydrae en plek,
soos ook dié van die taal, in en deur die bundel herstel, of ten minste
openbaar gemaak, wil word.
Die musikaliteit van Sōls se vorige twee bundels is weer hier
teenwoordig. Só ook sy vlymskerp kommentaar en ironie, en sy
digterlike gebruik van spreektaal. Sols se terugkeer na geskrewe
poësie – die eerste bundel in sestien jaar – is beslis ’n groot aanwins
vir die Afrikaanse letterkunde.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!