Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier.
Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken.
Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig.
Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!