![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!
Die oorlewingstog van 'n dapper vrou. “ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.” In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg. Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.
Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!” Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie Roer My verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem. In Kruidjie Roer My hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter. ’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.
Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!
Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal! Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou. Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!
Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid om iets te kan gee wat jy self gemaak het. Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die boek se gebak.
“Kosmaak is pure toorkuns. Met ’n knippie oëverblindery en ’n skeutjie kulkuns word aartappels rose en klits eierwit en suiker tot blink, wolkerige malvalekkers.” Dié aanhaling van Johané Neilson, Tuis se kosredakteur, som presies op wat jy in Ta-da! kan verwag. Tuis is nie om dowe neute Suid-Afrika se topverkoper in die huis-en-tuin-tydskrifmark nie – alles in dié praktiese mooimaakgids is toeganklik en makliker as wat dit lyk. Dit geld ook die gewilde kosafdeling. Johané het deur die jare die kuns vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos vir haar geliefdes voor te sit. In dié bundel deel sy van Tuis se gewildste resepte, met nuttige wenke vir hoe jy self die ta-da! in jou kookkuns kan sit. Die boek bevat ’n keur van ligte somermaaltye tot koesterende winterkos, spog-voorgeregte tot liplekker nageregte (verbeel jou ‘n boerewors-frittata, kerrieviskoekies, potgebraaide bief met spek en biltong, heuning-appeltert, klapperkoek . . . ). Dit was not nooit so maklik om jou mense te beïndruk nie!
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry. Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak. In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.
In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante - en soms komiese - vertellings. So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in 'n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt. Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe. Kom, wees 'n engel!
Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou. As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak. Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.
In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.
Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir 'n boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder.
Gramadoela-kos is saamgestel om in die bos te kook wanneer jy ’n ietsie meer as net boerewors en pap elke aand wil voorberei. Die resepte is vars, innoverend en bowenal, maklik! Al die resepte is getoets en kan oor ’n oop vuur of ’n kampstofi e berei word, maar dit is so smaaklik dat jy dié boek selfs in jou kombuis of vir jou braai by die huis kan gebruik. As jy daarvan hou om in die buitelug te kook, hetsy onder die sterre by ’n kampterrein in die gramadoelas of buite in jou agterplaas te braai, is hierdie boek net vir jou.
Die VLV-kookboek bevat 'n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier - om maar net enkeles te noem. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai. 'n Onontbeerlike resepteboek deur ma's en vroue vir vroue van alle ouderdomme.
Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.” Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek? Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem. Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word. Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense. Hierdie boek is ook beskikbaar in Engels HIER Annelien se kookboek-program begin op VIA, DStv kanaal 147 vanaf 9 April 2018 om 18:00.
Colouring books for adults are one of the world’s top leisure (and book-publishing) trends. Quivertree’s unique, all-South African colouring book is beautifully drawn by up-and-coming young SA illustrator Mieke van der Merwe, and enables its interactive users to feed their imaginations with quality creative time. With intricate illustrations ranging from proteas and fynbos to the Joburg skyline, the Big Five and the Bo-Kaap, this book will help you take a fresh and inspiring new look at the beauty of our diverse – and unique – country.
Smulkos is 'n splinternuwe versameling van Esther se gewilde kosblad Vat Vyf wat elke week in Huisgenoot verskyn. Die resepte wissel van geurige idees vir Ontbyt, terte & pasteie, braai, hoender, straatkos, kaggelkos na vinnige en gesonde slaaie - watertand poedings en gebak bly ook nie agterweë nie. Alles getoets in die Huisgenoot toetskombuis wat verseker dat dit keer op keer werk.
JAN: My Franse Kosverhaal is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk. Dié restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word. Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet.
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en bekostigbare plaasvervangers te vind vir voedselsoorte wat die res van ons as vanselfsprekend beskou. Hierdie resepte is ontwikkel om maklik gebruik te kan word vir ’n verskeidenheid allergiese toestande. By elke resep is aangedui of dit vry is van: koring, gluten, mielies, eier, melk, laktose, soja, kleur- en preserveermiddels. Voorstelle by van die resepte kan help om met geringe wysiging ’n resep nog meer geskik te maak. Daar is moeite gedoen met die keuse van bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar en vrylik beskikbaar is. Die omvattende inleiding verskaf noodsaaklike inligting aangaande allergieë en voedselsensitiwiteit.
’n Omnibus met Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer in om met die film gebaseer op die boeke saam te val. Die omnibus bevat albei boeke. Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Hierdie is die verhaal oor hoe sy uiteindelik die stilte verbreek het en haar verhaal aan die wêreld en ook in die hof gaan vertel het. Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal.
Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste goedvoelstories uit haar program op RSG. Daars stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid. Voel sommer dadelik beter met dié Afrikaanse Chicken Soup for the Soul.
Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:
Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek. |
![]() ![]() You may like...
Superkos Vir Superkinders - Die Kos…
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, …
Paperback
|