![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Loorita het in Reinet en Dirk Nagtegaal se besige lewe ingestap en sonder enige omhaal hulle lewe van kantoor tot kombuis begin herorganiseer. Saam het die drie 'n passie vir kook gedeel, met die voorneme om eendag wanneer hulle aftree, saam aan 'n kookboek te werk - 'n kookboek met al die disse wat Loorieta die Nagtegaals op Melkbosstrand leer kook het. Haar resepte was meestal Grieks geïnspireerd, met 'n duidelik Suid-Afrikaanse geur. En die rede? Sy het haar hart vroeg-vroeg op 'n Griek verloor en oor die jare het sy selfs 'n groter Griek geword as hy. Die resepte hierin is enersyds die wat die Nagtegaals saam met Loorita in hul kombuis leer kook het, en dan is daar die wat hulle uit Griekeland saamgebring en tot Suid-Afrikaanse weergawes verwerk het.
Die skrywer Andre le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Hier is die Kook & Geniet van intieme verhoudings - slegs vir volwassenes. Wat is dit met mans en vroue? Hoekom sukkel ons so? Hoekom is ons so gelukkig? So ongelukkig? Hoekom eet ons so? Worrie ons so? Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom kyk ons so sepies? Hoekom stry ons so? Hoekom so baie seks? Hoekom so mín seks? Hoekom trou ons so? Skei ons so? En wat moet jy jou kind leer om verhoudings beter te hanteer? Wat is die vier grootste bedreigings vir die huwelik? Die antwoord le in gesonde verstand en drie dinge - en hel, dis so opwindend!
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.
Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragtig en voedsaam is. Pretkos bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei – met groot pret! Van slaaie, peuselhappies, kosblikkos en toebroodjies, aandete, teetyd en pieknieks tot groente en vrugte word ingesluit. Die hoofstukke bevat heelwat kreatiewe idees vir verbeeldingryke geregte wat kinders vir hulself kan berei. Al die resepte is gestileer om alledaagse maaltye pret te maak, soos Slaaihasie, Vrolike frittatas, Pers pasta, Ryskoekie-uile en Soesji-broodjies.
Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het 'n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doene? Hoe wen jy 'n Wêreldbeker? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Skatryk is 'n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar 'n ander bly 'n sukkelbestaan voer? Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van 'n samelewing - eerder as dié wat afbreek - uiteindelik seëvier.
For most people, creating a garden, or caring for and nurturing a garden, is of far greater significance than just gardening itself. Modern-day gardens tend to be more personalised as an expression of individual lifestyle choices. However, with so much information available on the broad subject of gardening and what to plant, it's not surprising that many garden lovers feel intimidated and choose the route of blissful ignorance, while all the time wishing there had been an accessible way of knowing how to do it right the first time.
Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer. Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.
In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word. Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met parkinsons: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees. Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.
Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is
‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol
heerlike, pretensielose resepte.
Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n
koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare
rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig
nie hoe nie.”
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed. Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou: - hoe om 'n resep te volg - hoe om te meet - wat kookterme beteken - hoe om kombuisgereedskap te gebruik Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Elke mens het 'n eie persoonlikheid en 'n spesifieke geaardheid. Dit is wat ons individue maak. 'n Mens se persoonlikheidstipe maak jou vatbaar vir sekere hebbelikhede. Volgens die verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal is 'n hebbelikheid 'n "(hinderlike) gewoonte, aanwensel, neiging". Besonder individualistiese mense is dikwels interessante mense. Hulle hoekigheid en andersheid is kleurvol. Hulle woede of spoggery of skindery of opneukery of dwarsheid of ondersteboheid is die sout en peper van menslikheid. Hierdie titel gaan egter oor geaardhede wat vasval in sekere hebbelikhede dermate dat dit die persoonlikheid oorheers. Dit word dan iets wat ander mense kwaad maak of irriteer en dus 'n karaktertrek wat die grens van aanvaarbaarheid oorskry. Hoewel ander mense dit aanvanklik verduur of dit selfs interessant kan vind, word dit later vir hulle 'n ergernis. Dit gaan hier oor die "te" van 'n faset van mens se geaardheid. Te jaloers, nederig, aggressief, skynheilig of wat ook al. Gewoonlik het dit 'n vernietigende uitwerking op so 'n mens se verhoudings. Hierdie title is gebaseer op die kennis wat De Klerk van sy eie hebbelikhede opgedoen het, op 'n leeftyd se saamwees met ander mense, en op ervarings in die spreekkamer waar hy vir baie jare as sielkundige terapeut probeer help het met die identifikasie en tempering van hebbelikhede wat te erg geword het. Plek-plek word gevallestudies uit sy spreekkamer gebruik.
’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. ’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding. In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.
Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel. Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."
'n Siektetoestand is soos 'n klippie wat in 'n dam gegooi word, met rimpels wat veel wyer uitkring as waar die klippie geland het. In Son en Suurlemoene praat Frances le Roux openhartig oor die onverwagse en uitdagende reis waarop die diagnose van borskanker haar geneem het. Die boek is egter veel meer as bloot 'n vertelling oor die herstelpad wat sy moes loop. Dit is 'n inspirerende verhaal waarin Frances haar ervaring as fisioterapeut en haar sonderlinge kennis van die invloed van musiek en kuns op haar genesingsproses met lesers deel. Son en Suurlemoene spreek tot elkeen wat sin moet maak van 'n vreemde leefwereld waarin hulle skielik gedompel is.
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.
In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie ’n pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? |
![]() ![]() You may like...
Frequency Analyses of Natural Extreme…
Jose A. Raynal-Villasenor
Hardcover
R4,171
Discovery Miles 41 710
The Metaphysic of Christianity and…
Dawsonne Melanchthon Strong
Paperback
R443
Discovery Miles 4 430
|