![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Na haar pa se selfmoord beloof Jeanne Els haarself dat sy nooit so iets sal doen nie. Jare later word sy self deur die stroom meegesleur. Sy sluk 'n oordosis voorgeskrewe pille terwyl haar kinders elders in die huis doenig is en haar man Carte Blanche kyk... In As die stroom jou vat beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfmoord en gesels openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het en met gesinslede en vriende wat die selfmoord van 'n geliefde beleef het. Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde psigiaters deel sy kundigheid en daar is uittreksels uit selfmoordbriewe.
Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel. Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."
Today’s working woman needs to be Superwoman: frantically juggling the never-ending tasks that fill her day. But all this Busyness often comes at the sacrifice of personal time and needs, leading to Burnout: depletion of physical resources, deterioration in health, and frustration and resentment. In this practical and down-to-earth book, Linda Friedland looks honestly and squarely at all the demands and challenges of today’s busy woman, and offers a way of coping with all these stresses, while avoiding the Burnout. Her Seven Point Plan is a practical, workable approach to managing the stresses of modern existence. It offers solid, sensible advice on:
Hierdie titel bevat 'n magdom tyd- en kostebesparingsidees om 'n pragtige en funksionele tuin te skep sonder dat dit 'n fortuin kos. Daar is 'n uitgebreide lys waterbesparende plante en waterbesparingswenke, 'n menigte voorstelle vir herwinning, en volledige inligting oor die natuur se eie verdedigingsmeganismes en hoe jy geld kan spaar deur snyblomme in jou tuin te kweek.
Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.
Raadpleeg 'n span hoogs gerespekteerde vrouedokters en kry betroubare, gerusstellende advies oor al jou vrae en kwellings rakende jou gesondheid. Vind uit hoekom vroue anders as mans geaffekteer word deur sommige toestande. Leer om jou liggaam te verstaan – let op tekens wat jou gerusstel of waarsku oor jou welsyn. Maak positiewe, ingeligte keuses oor jou gesondheid en jou toekoms.
IN
Woord-Engel, debuutbundel deur Azette Wiesner het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om haar seer en rou te verwerk na die tragiese ongeluk van haar eggenoot, Etienne Wiesner. Sy het haar verse op Facebook geplaas en kort voor lank was sy ‘n enigma met meer as 60 000 vriende: jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit Nederland en België is gereelde lesers van haar verse. Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar gedigte is egter intuïtief en uniek. Sy skryf sonder veel literêre verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde. Soos reeds genoem, is die digter 'n besprekingspunt in die letterkundige geledere: haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool. 'n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena Hettema sestien toonsettings sing van lirieke/verse uit Azette se bundel.
Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word. Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.
Poeding is altyd gewild en hierdie samestelling van almal se gunstelinge is hemels op die oog 'en op die tong. Met Clover aan die stuur, val die kollig natuurlik op suiwel in al sy gedaantes. Gunsteling poedings bring jou inspirasie regoor die wereld, met die klem op gewilde en klassieke nageregte, terwyl daardie geliefde tradisionele Suid Afrikaanse poedings ook 'n plekkie kry.
’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede. Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.
Dr Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek Die Nuwe Hervorming en van Kom ons Bid. Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het Die Evangelie volgens Jesus verskyn. Op Pad is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.
Leer alles wat jy moet weet om ’n voortreflike virusvegter te wees! Hierdie titel verduidelik sagkens wat 'n virus is (insluitend die Coronavirus), hoe om dit te beveg en hoe om jouself en die mense vir wie jy omgee te beveilig teen virusse. Dit gee ook wenke oor hoe om jouself en julle huis virusvry te hou, insluitend stappe oor hoe om jou hande te was en hoe en hoekom ons moet keer dat 'n virus oraloor versprei. Die boek is saamgestel om op 'n gerusstelende maar praktiese manier vrees uit die weg te ruim, en terselftertyd kinders aan te moeding en in te lig oor hoe om na hulle eie en ander se veiligheid om te sien.
Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hul ontwerpe. Soos hulle sê: “Tendense kom en gaan, maar jy moet in jou huis leef – maak dit dus ’n geriefl ike ruimte wat kan groei en saam met jou verander.” Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Die skrywers is innoverend en inspirerend en gebruik verskillende materiale om gewone voorwerpe in iets anders en mooiers te omskep. Daar is iets vir almal: óf jy verkies om projekte aan te pak met ’n handsaag en ’n koordlose boor, handwerkpapier en ’n skêr, óf met ’n naald en delikate afwerking. Hulle verskaf idees sodat jy projekte volgens jou eie styl en behoeftes kan aanpas. Pragtige fotografie, bondige instruksies en besondere ontwerpe beeld ruimtebesparingstegnieke, gebreide toumatte, gestoffeerde sitplekke, gestempel teëls, nuwerwetse buitesitplekke en nog vele meer, uit.
Evita – bekroonde sjef en ikoon van die nasie – bring vir jou die heerlikste disse van haar omswerwinge deur gans Suid-Afrika en die wye wêreld. Van die Kaap tot in Limpopo, van die Weskus tot daar waar die President vandaan kom, rol die borde in vol kwartels en tarentaalsvleis met pruimedante. Kweperbredie en lemoeneend. Pofadders, beesstert en soetsuur vlakvark. Sy maak ou geregte nuut, en berei veldkos fyn – wie het kon dink aan waterblommetjiehoender of botterblomslaai vir die eetkamertafel? Iedere resep getoets en gekeur, almal verspot maklik om te maak. Goeiste, net om haar boek te lees of deur te blaai is al ’n smakkende ervaring, met al die prente van ons vriendin op al die plekke waar sy was. Eers was dit Kossie Sikelela, nou Bossie – ’n nuwe kou-front tref jou tafel.
Hekel saam met Vrouekeur bied 10 splinternuwe moderne patrone in elke boekie en al die items is met Saprotex-draad gehekel en oral beskikbaar.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Die lewe maak seer. Tog is hierdie nie ’n boek oor seerkry en swaarkry nie. Dit vertel hoe pyn lyk, waar dit vandaan kom en waarheen dit met ons op pad is. Maar die fokus is op oorwinning en genesing. Natuurlik kan niemand swaarkry en seerkry ontsnap nie. Die lewe is nie regverdig nie en elke persoon sal mettertyd in ’n mindere of ’n meerdere mate pyn ervaar. Daarom nooi ek jou om ’n pad saam met my te stap – dat ons lyding kan uitoorle met die oorwinning waarvan ons by Jesus geleer het. Die kerk is ’n plek van genesing, maar kos, medisyne, die natuur, kunswerke, berading, humor, en musiek kan ook mense help om heel te word. As jy dit regkry om God se mooi dinge raak te sien te midde van jou pyn, kan swaarkry jou ’n mooier mens maak. Stap saam en leer hoe jy jou kop kan regop hou wanneer die lewe jou druk. Vind uit hoe om gesond en mooi te leef, al gaan dinge moeilik. Laat hierdie boek toe om jou sterk te maak, sodat seerkry nooit jou innerlike krag en skoonheid by jou steel nie. Dit sal beter word!
Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers
bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit
bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en
donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante
stres, depressie, siekte, dood tot mishandeling.
Die resepte in dié boek kan elke dag van die week gebruik word vir daardie een hoofmaaltyd wat ons elke dag voorberei, hetsy ons vir die gesin kook of vriende vermaak. Bord is in slegs drie hoofstukke ingedeel – Vleis, Pluimvee en Seekos – en die resepte wissel van bekende klassieke tot moderne geregte, meestal met ’n kontinentale invloed. Alles word voorberei met die skrywer se flair vir tuisgemaakte, hartlike en lekker etes. Bord is die perfekte geskenk vir diegene wat huis opsit en relatief onervare in die kombuis is, maar selfs gesoute kokke sal inspirasie in dié boek vind.
Die resepte in Roer met die Sterre! is dié van gaskokke by wie aan huis gekook is, professionele sjefs wat as gaste op die televisie program verskyn het, asook resepte wat Tammy-Anne tydens die program gemaak het. Kook saam met sterre soos:
Melinde Coetzee se nuutste boek, Loopbaanbeplanning in die 21ste Eeu, stel 'n loopbaanbeplanningsproses voor wat individue sal help om die kompleksiteite van die onstuimige, onseker en snel veranderende werksomgewing van vandag te hanteer. Dit bied 'n buigsame alternatief vir die tradisionele benaderings tot loopbaanbestuur en wys hoe jy jou werksidentiteit en loopbaan op 'n volgehoue grondslag kan herskep in 'n grenslose werkplek sender vaste betrekkings. |
You may like...
Intrusion Detection Systems
Roberto Di Pietro, Luigi V. Mancini
Hardcover
R4,460
Discovery Miles 44 600
Minimum Entropy Control for Time-Varying…
Marc A. Peters, Pablo Iglesias
Hardcover
R3,063
Discovery Miles 30 630
Information Security - Foundations…
Ali Ismail Awad, Michael Fairhurst
Hardcover
R4,221
Discovery Miles 42 210
The Japanese Art Of The Cocktail
Masahiro Urushido, Michael Anstendig
Hardcover
R766
Discovery Miles 7 660
Algebraic Methods for Nonlinear Control…
Giuseppe Conte, Claude H. Moog, …
Hardcover
R3,101
Discovery Miles 31 010
|