0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (15)
  • R50 - R100 (17)
  • R100 - R250 (133)
  • R250 - R500 (176)
  • R500+ (21)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur.

Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke
wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.

Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback): Yolanda Barnard-Lemmer Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback)
Yolanda Barnard-Lemmer 2
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Gerald Burger is een van die land se bekendste sieners. Gedurende 2019 het hy die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword.

Die reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oe van Gerald Burger bied 'n in-diepte blik op die lewe van 'n heldersiende.

'n Individu wat geseen is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die "anderkant" oor te gaan.

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter van Jaarsveld Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter van Jaarsveld
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Dit is ʼn ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Oor Die Kole (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Oor Die Kole (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink 1
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Oor die kole wys Martelize Brink dat braai soveel meer as net steaks en boerewors is.

Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ’n magdom uithaler-resepte met ’n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Daar is onder meer resepte vir gerookte ribbetjie, eend met sjerrieglaseersel, gevulde lamsrol, platbrood in die ketelbraai en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot.

Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!

Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Seks, skoonma’s en skuld is ‘n blik op eietydse verhoudings se grootste uitdagings en oplossings deur iemand wat die seerder kant van die lewe en die liefde ken.

Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir verhoudingsartikels na vore gekom het. Seks, skoonma’s en skuld is van die grootste brandpunte en sy spreek die fynere detail hiervan aan.

Lees oor:

  • Verhoudings met ekse en hoe om na die opbreek van verhoudings te herstel
  • Die invloed van tegnologie op verhoudings soos Facebookaffairs
  • Hoe om familiekrisisse af te weer en skoonfamilies te hanteer
  • Hoe om ouers en kinders se soms stormagtige verhoudings te navigeer
  • Hoe om veilig uit die greep van verslawings te kom
  • Hoe om te maak as dinge in die slaapkamer verkeerd loop
Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R380 R351 Discovery Miles 3 510 Save R29 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sę sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.”

Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls.

Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.”

Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons węreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 2 - 4 working days

As jy 'n lae-koolhidraat, hoë-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R350 Discovery Miles 3 500 Save R70 (17%) Pre-order

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beďndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R210 Discovery Miles 2 100 Save R40 (16%) In Stock

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruďneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

My Gunsteling Storie-Bybel (Afrikaans, Hardcover): Ewald Van Rensburg My Gunsteling Storie-Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Ewald Van Rensburg
R189 R175 Discovery Miles 1 750 Save R14 (7%) Ships in 5 - 10 working days

50 Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament. Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God 'n band te vorm. 'n Christel

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die węreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geďnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinęre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback): Rolene Strauss Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback)
Rolene Strauss 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die węreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter węreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Węreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hę om hul drome vreesloos na te jaag.

30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst 30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R380 R275 Discovery Miles 2 750 Save R105 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hę en is terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye, kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeńo-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai Jan Braai 1
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke węreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!

Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover): Gideon F. Smith, Ben-Erik Van Wyk Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover)
Gideon F. Smith, Ben-Erik Van Wyk
R465 R415 Discovery Miles 4 150 Save R50 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie wetenskaplik akkurate handleiding is daarop gemik om tuiniers en tuinboukundiges te help om vetplant- en rotspesies van oral in die wereld te identifiseer. Inleidende hoofstukke oor waterwys tuinmaak, gebruik, bewaring, verbouing en voortplanting van vetplante, tesame met 'n gedeelte oor tuinmaak met vetplante, wat nuttige wenke gee.

Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback): Mariza van Zyl Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback)
Mariza van Zyl
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Jy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin "normaal" eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ... nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?

Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) In Stock

Jan Braai Junior  is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
 
Jan Braai is die mens in die węreld met wie die meeste onderhoude oor die onderwerp van braai gevoer word, en hy het dus ’n goeie begrip van wat mense oor braai wil weet. As ’n televisie-aanbieder en stigter van Nasionale Braaidag het hy wyd in Suider-Afrika en die węreld gereis, en dikwels, op baie verskillende plekke en met behulp van verskillende tegnieke, saam met uiteenlopende mense gebraai.
 
Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te hę, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste
treë laat gee om die res van jou lewe soos ’n kampioen te braai!

Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 8 working days

Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie.

Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lę nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hę om seker te maak dat ons nooit gaan lę nie.

Die gesprek begin by die huidige węreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio.

Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer.

Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Endings & Beginnings - A Story Of…
Redi Tlhabi Paperback  (1)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
Innovations in Ventilative Cooling
Giacomo Chiesa, Maria Kolokotroni, … Hardcover R5,191 Discovery Miles 51 910
Brutal Legacy - A Memoir
Tracy Going Paperback  (4)
R426 Discovery Miles 4 260
Refrigeration Equipment - A servicing…
A.C. Bryant Paperback R1,604 Discovery Miles 16 040
Revlon Nutri Color Filters Shadow 3-In-1…
R127 Discovery Miles 1 270
The Truths We Hold - An American Journey
Kamala Harris Paperback R295 R272 Discovery Miles 2 720
Revlon Revlonissimo Colorsmetique Color…
R127 Discovery Miles 1 270
Across Boundaries - A Life In The Media…
Ton Vosloo Paperback R372 Discovery Miles 3 720
Tax Law: An Introduction
Annet Wanyana Oguttu, Elzette Muller, … Paperback R1,238 Discovery Miles 12 380
Revlon Revlonissimo Colorsmetique 5SN…
R127 Discovery Miles 1 270

 

Partners