0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (10)
  • R50 - R100 (51)
  • R100 - R250 (193)
  • R250 - R500 (105)
  • R500+ (14)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Ek Het 'n Engel Gesien - Luisteraars Se Stories (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.”

Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls.

Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.”

Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.

Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jan Braai Junior  is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
 
Jan Braai is die mens in die wêreld met wie die meeste onderhoude oor die onderwerp van braai gevoer word, en hy het dus ’n goeie begrip van wat mense oor braai wil weet. As ’n televisie-aanbieder en stigter van Nasionale Braaidag het hy wyd in Suider-Afrika en die wêreld gereis, en dikwels, op baie verskillende plekke en met behulp van verskillende tegnieke, saam met uiteenlopende mense gebraai.
 
Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te hê, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste
treë laat gee om die res van jou lewe soos ’n kampioen te braai!

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R280 R194 Discovery Miles 1 940 Save R86 (31%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R149 Discovery Miles 1 490 Save R136 (48%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R620 R541 Discovery Miles 5 410 Save R79 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback): Mariza van Zyl Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback)
Mariza van Zyl
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Jy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin "normaal" eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ... nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

My Gunsteling Storie-Bybel (Afrikaans, Hardcover): Ewald Van Rensburg My Gunsteling Storie-Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Ewald Van Rensburg
R189 R175 Discovery Miles 1 750 Save R14 (7%) Ships in 5 - 10 working days

50 Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament. Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God 'n band te vorm. 'n Christel

Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Opgee Se Gat - Wat Om Te Doen As Alles Suid Gaan (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R292 Discovery Miles 2 920 Out of stock

Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie.

Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lê nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hê om seker te maak dat ons nooit gaan lê nie.

Die gesprek begin by die huidige wêreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio.

Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer.

Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!

Hoe Om Jou Gesin Te Lei - 'n Gids Vir Mans Wat Meer Wil Wees (Afrikaans, Paperback): Joel R Beeke Hoe Om Jou Gesin Te Lei - 'n Gids Vir Mans Wat Meer Wil Wees (Afrikaans, Paperback)
Joel R Beeke
R39 R30 Discovery Miles 300 Save R9 (23%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe kan jy die koning, priester en profeet wees wat God jou gemaak het om te wees?

Om ’n godvresende man en pa te wees, gaan nie oor een groot oomblik nie, dit gaan daaroor om elke dag daar te wees vir jou gesin.

Hoe om jou gesin te lei is ’n kragtige gids vir mans wat hulle gesinne volgens Bybelse beginsels wil lei. Joel Beeke daag mans uit om die drie Bybelse ampte in hul gesinne uit te leef: om ’n profeet te wees wat leer, ’n priester wat opoffer en ’n koning wat lei.

Hierdie sakpas-boek is ’n waardevolle hulpbron vir mans wat hulle gesin doelgerig en met genade wil lei. ’n Kragtige gids vir mans wat die koning, priester en profeet van hul gesin wil wees wat God vra.

Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback): Emerson Eggerichs Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
Emerson Eggerichs
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.

Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red.

Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd net gedroom het.

Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud, John... Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud, John Townsend
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of is dit alles dalk waar van jou?

In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende, ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie moeilike vrae te beantwoord:

• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?

Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe vandag beter kan maak!

Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover): Henk Gous Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover)
Henk Gous
R139 R128 Discovery Miles 1 280 Save R11 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede en vreugde.

Ervaar God se troos en liefde sodat jy uiteindelik weer met vreugde kan leef totdat jy jou geliefdes eendag weer sien.

Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans,... Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans, Paperback)
Dave Strehler
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom moet ek bid?

Dit is soms moeilik om te antwoord op eerlike soos dié. Bybelvrae en antwoorde vir kinders is ’n handige hulpmiddel vir saamlees of selflees. Dave Strehler, ’n gerespekteerde skrywer met jare lange ervaring in kinderbediening, gee toepaslike Bybelgebaseerde antwoorde op meer as 80 vrae wat kinders vra oor God, geloof en die Bybel.

Elke vraag bevat genoegsame Skrifverwysings, ʼn kort bespreking asook ʼn interessante veelkeuse-vraag wat kinders self kan antwoord. Twee woordraaisels is ingesluit wat kinders uitdaag om al die name van die boeke in die Ou en Nuwe Testament op te spoor. Daar is ook ’n afdeling met kort opsommings van elke boek van die Bybel, met sleutelverse uit die boek wat gememoriseer kan word.

Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding (Afrikaans, Paperback): Clive Gibson, Gavin Hoole Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding (Afrikaans, Paperback)
Clive Gibson, Gavin Hoole 2
R120 R95 Discovery Miles 950 Save R25 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Hersien, met opgedateerde inligting en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die nuwe amptelike K53-handleiding ’n omvattende en koste-effektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motor?etse. Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreels, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van die afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is na die toets bygevoeg. Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis die gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Die handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R230 Discovery Miles 2 300 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sê, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

  • ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer
  • ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk
  • ’n gids om hulle gedagtewêreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback): Marleen Visser Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback)
Marleen Visser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” So se Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlike, nuwe plekke meevoer.”

Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback): Marleen Visser Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback)
Marleen Visser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” So se Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlike, nuwe plekke meevoer.”

Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days
Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback): Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback)
Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht
R345 R279 Discovery Miles 2 790 Save R66 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Van Kettings tot Keuses deur Savnola Goldridge en Jacques Engelbrecht is ’n transformerende Afrikaanse boek wat die Enneagram gebruik om die nege fundamentele maniere te belig waarop mense hulself onbewustelik bind — en hoe daardie selfde patrone die beginpunt van vryheid kan word.

Die boek wys hoe ons van vroeg af oorlewings- en aanpassingstrategieë ontwikkel om veilig, geliefd of in beheer te voel. Mettertyd word hierdie strategieë outomatiese patrone van denke, emosie en gedrag. Wat eens beskerming was, word dikwels ’n beperking.

Deur nege herkenbare verhale maak Van Kettings tot Keuses die Enneagram toeganklik en prakties, en wys hoe elke tipe nie net ’n vorm van gebondenheid dra nie, maar ook ’n unieke pad na integrasie, volwassenheid en bewuste keuse.

Van Kettings tot Keuses is nie bloot ’n boek oor persoonlikheid nie. Dit is ’n uitnodiging tot selfondersoek en transformasie — ’n reis van onbewuste herhaling na bewuste keuse. Deur die nege gesigte van menswees te verken, word lesers genooi om hul eie kettings te herken en die moed te hê om anders te kies.

Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover): Gideon F. Smith, Ben-Erik van Wyk Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover)
Gideon F. Smith, Ben-Erik van Wyk
R467 Discovery Miles 4 670 Ships in 5 - 7 working days

Hierdie wetenskaplik akkurate handleiding is daarop gemik om tuiniers en tuinboukundiges te help om vetplant- en rotspesies van oral in die wereld te identifiseer. Inleidende hoofstukke oor waterwys tuinmaak, gebruik, bewaring, verbouing en voortplanting van vetplante, tesame met 'n gedeelte oor tuinmaak met vetplante, wat nuttige wenke gee.

Handgemaak vir die huis (Afrikaans, Book): Deborah Morbin, Tracy Boomer Handgemaak vir die huis (Afrikaans, Book)
Deborah Morbin, Tracy Boomer
R95 R88 Discovery Miles 880 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas, van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en -teksture. Lieflike kleurfoto's van elke voltooide artikel word vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om aan te pak en sluit 'n groot verskeidenheid artikels in, van kerse wat binne vyf minute versier kan word tot 'n omgetowerde werkbank vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou huis toe te voeg sonder dat jy 'n bank hoef te beroof!

Die pasient as vennoot (Afrikaans, Paperback): Dawie van Velden Die pasient as vennoot (Afrikaans, Paperback)
Dawie van Velden
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Daar is soveel teenstrydige inligting beskikbaar oor watter dieet om te volg, hoeveel oefening om te doen, hoeveel water om te drink, watter medisyne om te neem, ensovoorts. In Die pasient as vennoot skei die bekende dr. Dawie van Velden die kaf van die koring en gee praktiese raad om holistiese welsyn te bereik: wanneer die liggaam, siel en gees optimaal gesond is. In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasient medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kagiso Reader: a re raloke (NCS): Grade…
Barbara Coombe, Heather Moore, … Paperback R73 Discovery Miles 730
Goue Reeks Vlak 2: Ons speel lekker saam
Staple bound R155 Discovery Miles 1 550
Goue Reeks Vlak 5: Vissie Duikboot…
Paperback R94 Discovery Miles 940
Kagiso Reader: e tla mo (NCS): Grade 1…
Barbara Coombe, Heather Moore, … Paperback R73 Discovery Miles 730
Kagiso: Die groot baklei
Maggie Slingsby, Barbara Coombe Staple bound R79 Discovery Miles 790
Yimina lona?
F. Khuboni, Z. Radebe Staple bound R234 Discovery Miles 2 340
Die halssnoer
Margaret Rowley Paperback R117 Discovery Miles 1 170
'n Nuuskierige buurman
R. Golding Paperback R92 Discovery Miles 920
Kagiso Reader: Sala gabotse (NCS): Grade…
Barbara Coombe, Heather Moore, … Paperback R85 Discovery Miles 850
Kagiso: Groot en klein: Graad 1…
Paperback R67 Discovery Miles 670

 

Partners