0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (14)
  • R100 - R250 (135)
  • R250 - R500 (169)
  • R500+ (31)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback): Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback)
Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.

Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Kinders moet grense he - Doeltreffende dissipline sonder straf (Afrikaans, Paperback): Anne Cawood Kinders moet grense he - Doeltreffende dissipline sonder straf (Afrikaans, Paperback)
Anne Cawood
R75 R70 Discovery Miles 700 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Elke kind is by tye moeilik - uitdagend, uitputtend, irriterend en rebels. Dis ons taak as volwassenes om hulle reg te hanteer as ons gelukkige, selfversekerde kinders wil grootmaak. Wyse raad en duidelike voorbeelde vir die hantering van verskeie gedragsprobleme en uitdagings wat ouers ondervind. Hoofstukke oor spesifieke knelpunte soos twis tussen kinders, enkel- en stiefouerskap, geskeide ouers, kinders met spesiale behoeftes, en dissipline in die klaskamer. Wenke spesifiek vir oupas en oumas.

Grense - Wanneer Om Ja te Sę en Hoe Om Nee Te Sę Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud, John... Grense - Wanneer Om Ja te Sę en Hoe Om Nee Te Sę Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud, John Townsend
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sę. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lę. Of is dit alles dalk waar van jou?

In Grense: Wanneer Om Ja te Sę en Hoe Om Nee Te Sę Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet wanneer om ja te sę en hoe om nee te sę sodat jy weer in beheer is van jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende, ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie moeilike vrae te beantwoord:

• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale węreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hę?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?

Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe vandag beter kan maak!

Kennis Klop Kanker (Afrikaans, Paperback): Albert Stegmann Alberts, Stegman Alberts, Alberts Kennis Klop Kanker (Afrikaans, Paperback)
Albert Stegmann Alberts, Stegman Alberts, Alberts
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Ook in Engels beskikbaar: Knowledge Beats Cancer
JY HET KANKER! 'n Ystervuis beklem jou hart wanneer jy die diagnose hoor. Ná die skok en ontkenning kom die vrae: Wat gaan nou met my gebeur? Wat is my oorlewingskans?
In Kennis Klop Kanker word die pasiënt, en enigeen wat meer van kanker wil weet, ingelig oor alle fasette van kanker:
Wat kanker presies is en hoe kanker ontstaan
Die omvangsyfer en suksesse van kankerterapieë
Belangrikheid van dieet, noodsaaklike gereelde ondersoeke en selfondersoeke
Die vele vertakkinge en benaderinge van moderne terapieë
Moderne behandelingsmetodes en prognose van algemene kankers (29 tipes)
Deurbrake in molekulęre biologie met minder newe-effekte
Beenmurgstamseloorplanting
Mediane oorlewingstatistiek
Alternatiewe, komplementerende en integrerende terapieë
Pasiëntondersteuning, herstel ná mastektomie, kanker by jongmense en kinders, goeie pynkontrole, versorging van pasiënte met gevorderde kanker
Ondersteuning deur gemeenskapsorganisasies
Skrywer se persoonlike perspektief oor lyding en geloofsgenesing
DIE OUTEUR: Albert Stegmann Alberts is 'n onkoloog wat 33 jaar lank met kankerpasiënte gewerk het. Hy het gespesialiseer in al die vertakkings van kankerterapie. Hy is die outeur van verskeie internasionale publikasies.

Blydskap: Mindfulness-Wenke vir 'n Vreugdevolle Lewe (Afrikaans, Paperback): Johannes de Villiers Blydskap: Mindfulness-Wenke vir 'n Vreugdevolle Lewe (Afrikaans, Paperback)
Johannes de Villiers
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Dit is nie noodwendig maklik om bly te wees nie – maar Johannes de Villiers wys hoe dit ’n haalbare doel is vir enigiemand. Vind in hierdie boek ’n omvattende blik op lewensvreugde; alles van teorieë oor wat presies blydskap behels tot praktiese wenke om dit te bereik, met inligting van spiritueles sowel as sielkundiges. Ware verhale staaf sy voorstelle, soos dié van die man wie se pad na blydskap begin het toe Geheime Polisie hom skiet.

Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback): Marleen Visser Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback)
Marleen Visser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” So se Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlike, nuwe plekke meevoer.”

Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback): Marleen Visser Krabbelkuns inkleur - Doodle art colouring (Afrikaans, English, Paperback)
Marleen Visser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” So se Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlike, nuwe plekke meevoer.”

Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover): Henk Gous Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover)
Henk Gous
R139 R128 Discovery Miles 1 280 Save R11 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede en vreugde.

Ervaar God se troos en liefde sodat jy uiteindelik weer met vreugde kan leef totdat jy jou geliefdes eendag weer sien.

Gids tot die eienskappe en gebruike van Suider-Afrikaanse hout (Afrikaans, Hardcover): Stephanie Dyer, Barry James, Danielle... Gids tot die eienskappe en gebruike van Suider-Afrikaanse hout (Afrikaans, Hardcover)
Stephanie Dyer, Barry James, Danielle James
R595 R522 Discovery Miles 5 220 Save R73 (12%) Ships in 5 - 22 working days

Die Suider-Afrikaanse subkontinent is besonder ryk aan inheemse boomspesies (sowat 2100) wat in grootte wissel van struikagtiges tot oeroue, hooggroeiende reuse. Baie van die boomspesies en die natuurlike omgewing waarin hulle voorkom, is al deeglik bestudeer en gedokumenteer in bele algemene beskikbare publikasies. Inligting oor hulle hour is egter beperk en nie maklik toeganklik vir die algemene publiek nie. Hierdie boek bevat inligting oor die hourkenmerke en houteienskappe van 140 Suider-Afrikaanse houtsoorte (134 inheemse en ses uitheemse spesies).

Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans,... Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans, Paperback)
Dave Strehler
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom moet ek bid?

Dit is soms moeilik om te antwoord op eerlike soos dié. Bybelvrae en antwoorde vir kinders is ’n handige hulpmiddel vir saamlees of selflees. Dave Strehler, ’n gerespekteerde skrywer met jare lange ervaring in kinderbediening, gee toepaslike Bybelgebaseerde antwoorde op meer as 80 vrae wat kinders vra oor God, geloof en die Bybel.

Elke vraag bevat genoegsame Skrifverwysings, ʼn kort bespreking asook ʼn interessante veelkeuse-vraag wat kinders self kan antwoord. Twee woordraaisels is ingesluit wat kinders uitdaag om al die name van die boeke in die Ou en Nuwe Testament op te spoor. Daar is ook ’n afdeling met kort opsommings van elke boek van die Bybel, met sleutelverse uit die boek wat gememoriseer kan word.

Kruissteek - Miniature (Afrikaans, Paperback, miniature): Fransie Snyman Kruissteek - Miniature (Afrikaans, Paperback, miniature)
Fransie Snyman
R75 R70 Discovery Miles 700 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

'n Veelsydige versameling patrone met uitstekende geskenkidees.

Die boek bevat meer as 100 oorspronklike ontwerpe, elk op ' kleur-rooster, insluitend - vrolike alfabetprente; stylvolle monogramme en motiewe vir tafellinne; oulike motiewe vir babas; cool tienermotiewe; kersfeesontwerpe; maklike patrone vir kinders.

Daar is afwerkingsaanwysings vir al die geborduurde voorbeelde, asook verdere gebruiksvoorstelle.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 22 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Kalmte In Die Malle Gejaag - Mindfulness Vir Besige Mense (Afrikaans, Paperback): Johannes Bertus de Villiers Kalmte In Die Malle Gejaag - Mindfulness Vir Besige Mense (Afrikaans, Paperback)
Johannes Bertus de Villiers
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die węreld te kyk.

Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hę, 'n positiewe bydrae tot die węreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.

Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die węreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R230 Discovery Miles 2 300 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sę, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

  • ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer
  • ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk
  • ’n gids om hulle gedagtewęreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) In Stock

Jan Braai Junior  is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
 
Jan Braai is die mens in die węreld met wie die meeste onderhoude oor die onderwerp van braai gevoer word, en hy het dus ’n goeie begrip van wat mense oor braai wil weet. As ’n televisie-aanbieder en stigter van Nasionale Braaidag het hy wyd in Suider-Afrika en die węreld gereis, en dikwels, op baie verskillende plekke en met behulp van verskillende tegnieke, saam met uiteenlopende mense gebraai.
 
Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te hę, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste
treë laat gee om die res van jou lewe soos ’n kampioen te braai!

Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Marnus Kok Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Marnus Kok
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

Dink Soos 'n Miljardęr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback): Daniel... Dink Soos 'n Miljardęr - Geheime Van 'n Suksesvolle Suid­Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss 1
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig nie hoe nie.”

Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of jy droom daarvan om een te wees. Jy wil jou eie onderneming besit en jou eie baas wees.

Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy daarvan oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie. Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardęr-entrepreneur hom laat besef dat ‘die rykes’ eintlik ‘normale mense’ is, net soos hy. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardęr.

In Dink soos ’n miljardęr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende nuwe ingesteldheid aan te neem. Hy deel sy geheime tot sukses, insluitend hoe om toegang tot kapitaal te verkry, waar om die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik, en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry, sodat jy ook soos ’n miljardęr kan dink – en uiteindelik – een kan word.

Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R353 Discovery Miles 3 530 Ships in 2 - 4 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

Handgemaak vir die huis (Afrikaans, Book): Deborah Morbin, Tracy Boomer Handgemaak vir die huis (Afrikaans, Book)
Deborah Morbin, Tracy Boomer
R95 R88 Discovery Miles 880 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas, van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en -teksture. Lieflike kleurfoto's van elke voltooide artikel word vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om aan te pak en sluit 'n groot verskeidenheid artikels in, van kerse wat binne vyf minute versier kan word tot 'n omgetowerde werkbank vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou huis toe te voeg sonder dat jy 'n bank hoef te beroof!

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 2 - 4 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Regsalmanak - 100 Stories Uit Ons Regserfenis (Afrikaans, Paperback): Gustaf Pienaar Regsalmanak - 100 Stories Uit Ons Regserfenis (Afrikaans, Paperback)
Gustaf Pienaar
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 2 - 4 working days

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis is ’n keur uit die rubriek Regsalmanak wat Gustaf Pienaar sedert 2012 op gereelde grondslag vir LitNet lewer. Die 12 hoofstukke se titels is die 12 maande van die jaar, en elke maand het datumverwante verhale, telkens met ’n regsinhoud. Pienaar put uit gepubliseerde hofverslae vir hierdie vermaaklike dog leersame verhale.

Regter Burton Fourie, wat die voorwoord tot die boek skryf, beskryf Regsalmanak as volg: “Vir almal – jonk en oud – behoort hierdie publikasie van groot waarde te wees, veral om die implementering van regsbeginsels op praktiese vlak te ervaar. In hierdie opsig is die skrywer werklik ’n meester. Regsbeginsels word deur die gebruik van keurige Afrikaans verduidelik en toegepas. Daardeur word soms ingewikkelde regsbegrippe vir almal toeganklik gemaak. Derhalwe is die werk ’n hoogs genotvolle reis deur ons regsgeskiedenis.”

Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R45 R41 Discovery Miles 410 Save R4 (9%) Ships in 5 - 22 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Victor! - The Final Battle of Ulysses S…
Craig Von Buseck Paperback R615 R569 Discovery Miles 5 690
Self-Helpless - A Cynic's Search for…
Rebecca Davis Paperback  (4)
R290 R263 Discovery Miles 2 630
Origami Book for Beginners - A Guide to…
Angelica Lipsey Hardcover R634 R573 Discovery Miles 5 730
Why Chrisianity Isn't Working for You…
Bonnie Werner Hardcover R797 R696 Discovery Miles 6 960
Knock Knock, Jingle Jingle!
Brenda Ponnay Hardcover R638 Discovery Miles 6 380
The Lost Prince Of The ANC - The Life…
Mandla J. Radebe Paperback R340 R314 Discovery Miles 3 140
The Video Studio
Alan Bermingham, Ed Boyce, … Paperback R140 Discovery Miles 1 400
Analysis of Darwin, Huxley and Lyell…
Henry A. DuBois Paperback R376 Discovery Miles 3 760
Slavery and Sin - The Fight against…
Molly Oshatz Hardcover R1,998 Discovery Miles 19 980
A Detail of Some Particular Services…
Ithiel Town Paperback R416 Discovery Miles 4 160

 

Partners