0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (10)
  • R50 - R100 (51)
  • R100 - R250 (193)
  • R250 - R500 (105)
  • R500+ (14)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Wat mans dink (projek) (Afrikaans, Paperback): Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler Wat mans dink (projek) (Afrikaans, Paperback)
Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days

Het jy al ooit gewonder wat jou man regtig van jou lyf dink?; Weet jy hoe hy voel oor seks, inkopies, rooi lippe en facials?; Wil jy jou hare uit jou kop trek omdat jou man jou aankyk of jy mal is wanneer jy huil?; Ken jy die waarheid wat hy van jou ma en jou vals naels dink?; Is daar dinge wat hy dalk vir jou wegsteek?; Wat skok hom die meeste van die huwelik (dis waarskynlik nie wat jy dink nie)? Bekende mans – soos Kobus Wiese, Heinz Winckler, Pieter Koen en Naas Botha – en “gewone” mans verduidelik hoe hulle koppe werk – of nie werk nie. Hulle praat met jou hart en jou verstand en gee al die raad wat jy nodig het om jou man beter te verstaan.. Wat mans dink (projek) is ’n lekkerlees boek wat tong-in-die-kies geskryf is, maar belangrike waarhede oor verhoudings en die verskille tussen mans en vroue bevat. Dis jou alles-in-een handboek om jou man se kop te kan lees – sodat jy hom meer en meer kan lief he.

Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback): Hennie J. De Villiers Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback)
Hennie J. De Villiers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Begin ’n nuwe lewe van sukses.

Hierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om ’n nuwe lewe van sukses te begin, leer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik en leer hoe om positiewe denke te hê.

Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback): Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback)
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien 1
R435 R359 Discovery Miles 3 590 Save R76 (17%) Ships in 5 - 7 working days

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek.

Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye.

Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!

Dis Oukei  - As Jou Kinders Verskil (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg, Beatrix van Rensburg Dis Oukei - As Jou Kinders Verskil (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg, Beatrix van Rensburg
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

In Dis Oukei, onthul Ewald en Beatrix van Rensburg die geheim van suksesvolle ouerskap: Om met “sagte oe” na jou kind te kyk. Dit beteken om jou kind se aangebore temperament te herken en te waardeer, sowel as die eksterne faktore wat ‘n invloed op sy vorming kan uitoefen, soos sy geboorteorde in die gesin en die spesifieke ontwikkelingsfase waarin hy of sy verkeer.

Met die wysheid en insig wat spruit uit jare se studie en praktiese ervaring, wys die skrywers daarop dat waar dit kind grootmaak aangaan, die “one size fits all” benadering dood eenvoudig nie werk nie. Daarteenoor sal ‘n benadering wat op die kind se unieke persoonlikheids samestelling afgestem is, lei tot ‘n gelukkiger kind…en ‘n gelukkiger ouer.

Dis Oukei is ‘n boek wat jy stuk-stuk kan lees, oor kan nadink en op die proef kan stel. Jy sal keer op keer terug keer na bepaalde aspekte wat op daardie spesifieke tydstip in jou ouerskap vir jou van belang is.

Kies Plante Vir Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Kies Plante Vir Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 4 - 6 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

My Tuin Soek Water - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha My Tuin Soek Water - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R57 Discovery Miles 570 Ships in 4 - 6 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R57 Discovery Miles 570 Ships in 4 - 6 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Eet Vir Twee (Afrikaans, Paperback): Annabel Karmel Eet Vir Twee (Afrikaans, Paperback)
Annabel Karmel
R190 R109 Discovery Miles 1 090 Save R81 (43%) Ships in 5 - 7 working days

Elke swanger vrou wil die regte voedsel eet vir haar eie gesondheid en ter wille van die ontwikkeling van haar ongebore baba. Die betroubare gids sal jou help om heerlike, gesonde maaltye voor te berei tydens jou swangerskap en ook daarna. Die regte voeding is van kardinale belang tydens jou swangerskap.

In die boek verskaf kosskrywer Annabel Karmel met die hulp van dieetkundige Fiona Hinton, belangrike raad en nuttige wenke vir optimale voeding tydens elke stadium van jou swangerskap, toegerus met eenvoudige, dog heerlike, gesonde resepte.

Die boek bevat ook raad oor hoe om met oggendnaarheid, slapeloosheid, sooibrand en lusteloosheid klaar te speel. Toegerus met die raad van kenners en meer as 90 resepte, kan jy verseker wees dat jy die beste voedsel inneem vir jou en jou ontwikkelende baba.

Sinvolle Tuinontwerp (Afrikaans, Paperback): Lindsay Gray, Gray, Lindsay | Lachenicht, Helen | Walker, Sharon, Helen... Sinvolle Tuinontwerp (Afrikaans, Paperback)
Lindsay Gray, Gray, Lindsay | Lachenicht, Helen | Walker, Sharon, Helen Lachenicht, Sharon Walker
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

For most people, creating a garden, or caring for and nurturing a garden, is of far greater significance than just gardening itself. Modern-day gardens tend to be more personalised as an expression of individual lifestyle choices. However, with so much information available on the broad subject of gardening and what to plant, it's not surprising that many garden lovers feel intimidated and choose the route of blissful ignorance, while all the time wishing there had been an accessible way of knowing how to do it right the first time.

In this concise and systematic publication, the authors have pooled their cumulative knowledge and wisdom of their own practical experience, as well as their respective, proven teaching methods, into a book which will help the beginner and even the more knowledgeable gardener to navigate his or her way through the process of creating a successful garden. The illustrations are visually stunning, and in their own right present a veritable treasury of inspirational ideas.

Most importantly, Making Sense of Garden Design (Sinvolle Tuinontwerp) it is a companion to help you create or recreate your garden. It offers practical exercises and hints, and is a practical, interactive reference and guide to the fundamental topics relating to planning and creating your own garden, including the basic steps in developing a long-term master plan; important considerations such as appropriate choices of styles and plants, water consumption, labour-saving techniques, and security, all shared within a local, South African context, which will also contribute to building confidence and pride in the development and evolution of a uniquely South African gardening style.

Koester Jou Kleuter - Verstaan Jou Kleuter Se Sensoriese Wereld (Afrikaans, Paperback, New edition): Ann Richardson Koester Jou Kleuter - Verstaan Jou Kleuter Se Sensoriese Wereld (Afrikaans, Paperback, New edition)
Ann Richardson
R165 R153 Discovery Miles 1 530 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling. Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie - om hom die beste leiding te gee, het jy hope sin-volle insig nodig. Hierdie gewilde opvolg op Koester jou baba is pas bygewerk met die jongste relevante navorsing en vertel jou alles oor: Hoe om jou kind se unieke sensoriese profiel te herken en verstaan; stimulering sonder om jou kind te oorlaai; slaaptydoplossings vir elke ouderdom; dissipline met liefde en 'n sin vir humor; 'n sinvolle benadering tot toiletgebruik; kleutervoeding en hoe om kleuterfiemies te hanteer; ontwikkelingsmylpale en idees om ontwikkeling aan te moedig; hoe om leergestremdhede te herken en vroeg reeds aan te spreek.

Om Dogters Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback): J. C. Dobson Om Dogters Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback)
J. C. Dobson
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 5 - 7 working days
Soet En Sout Gebak Vir Volgehoue Energie - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Gabi Steenkamp, Jeske Wellmann Soet En Sout Gebak Vir Volgehoue Energie - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Gabi Steenkamp, Jeske Wellmann
R175 R158 Discovery Miles 1 580 Save R17 (10%) Ships in 5 - 7 working days
Bobaas Bredies (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Bobaas Bredies (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

35 Kruisiesteekpatrone (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff 35 Kruisiesteekpatrone (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R160 R136 Discovery Miles 1 360 Save R24 (15%) Ships in 5 - 7 working days

Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou 'n huis met sy eie persoonlikheid! Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net 'n paar basiese beginsels te volg. Hierdie boek gee 'n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak. Die boek behandel alles van die versiering van knope, kussings, badsakkies, drasakkies en harte tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word. Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir die wat hou van 'n uitdaging en meer tyd op hande het.

DIY vir Divas (Afrikaans, Paperback): Janice Andersen DIY vir Divas (Afrikaans, Paperback)
Janice Andersen
R175 R136 Discovery Miles 1 360 Save R39 (22%) Ships in 5 - 7 working days

DIY vir Divas is 'n eenvoudige gids vir die vrou, uit die oogpunt van 'n vrou. Die nuttige boek leer jou meer oor die verskillende soorte gereedskap en toebehore wat nodig is vir basiese huisreparasies en doen-dit-self-projekte. Daarna lei dit jou stap vir stap deur 'n aantal projekte. Begin met klein projekte en opknappingstakies en kort voor lank sal jy die vertroue hê om moeiliker take aan te durf!

Beheer Aandagafleibaarheid - 'n Suid-Afrikaanse Gids Vir Ouers, Onderwysers En Terapeute (Afrikaans, Paperback): Helena... Beheer Aandagafleibaarheid - 'n Suid-Afrikaanse Gids Vir Ouers, Onderwysers En Terapeute (Afrikaans, Paperback)
Helena Bester
R165 R109 Discovery Miles 1 090 Save R56 (34%) Ships in 5 - 7 working days

Van soveel as 10% van skoolgaande kinders en 4% van studente aan tersiere inrigtings word gese dat hulle konsentrasieprobleme het, met of sonder gepaardgaande hiperaktiwiteit. Hierdie toeganklike, omvattende en leesbare gids bevat die jongste inligting oor die hantering van ATHV (aandagtekorthiperaktiwiteitversteuring). In 'n meelewende geselstrant, toegelig met onderhoudende gevallestudies, vertel die skrywer hoe sy baie van die jongste behandelingsmetodes, wat fisieke terapiee, ontspanningstegnieke, dieetaanpassings en nuwe medikasie insluit, in haar praktyk beproef het. Sy verskaf die nuutste genetiese en neurochemiese navorsingsgewens, en ook die jongste bevindinge oor byvoorbeeld die langtermyn gevolge van die gebruik van 'ouer' medikasie soos Ritalin. Verwikkelinge in die onderwysdepartemente om voorsiening te maak vir die hantering van ATHV-kinder in die klaskamer word eweneens bespreek. Die title sal sy lesers bemagtig om sinvolle keuses te kan doen uit die verwarrende behandelingsopsies, en verskaf waardevolle raad oor praktiese dinge wat tuis en in die klaskamer gedoen kan word om die probleem van aandagafleibaarheid, met of sonder hiperaktiwiteit, aan te spreek.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R500 R384 Discovery Miles 3 840 Save R116 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover): Brenda Ricker Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover)
Brenda Ricker
R872 Discovery Miles 8 720 Ships in 10 - 15 working days
Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Marnus Kok Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Marnus Kok
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback): Yvonne Retief Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback)
Yvonne Retief
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.

Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.

Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.

Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback): Anna Carolina Alberts Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback)
Anna Carolina Alberts
R399 R368 Discovery Miles 3 680 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘n Anderste, trots Suid-Afrikaanse Afrikaner kookboek waarin vertellinge van plaaslewe, doilies, koeksisters en ander Afrikaanse ikone saamgevleg word. Anna Carolina put uit die tallose invloede van die Suid- Afrikaanse platteland om iets unieks en eietyds, ‘n viering van ‘n ryk nalatenskap, aan te bied.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Kom Ons Loop Weg - Ons Pad Met Parkinsons (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron Kom Ons Loop Weg - Ons Pad Met Parkinsons (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word.

Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met parkinsons: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R720 Discovery Miles 7 200 Ships in 10 - 15 working days

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Brown's Regional Anesthesia Review
Ehab Farag, Loran Mounir-Soliman Paperback R1,853 Discovery Miles 18 530
Mayo Clinic Atlas of Regional Anesthesia…
James Hebl, Robert Lennon Hardcover R5,854 Discovery Miles 58 540
Mount Vision Soft Pastel - Raw Sienna…
R142 R132 Discovery Miles 1 320
The North Wind and the Sun
Sigal Adler Hardcover R761 Discovery Miles 7 610
Mount Vision Soft Pastel - Dark Brown…
R142 R132 Discovery Miles 1 320
Which Gate?
Byron L. Reeder Hardcover R765 Discovery Miles 7 650
Anesthesia Topics for Plastic and…
Victor M. Whizar-Lugo Hardcover R3,519 Discovery Miles 35 190
Daler Rowney Artists Soft Pastel - Poppy…
R95 R90 Discovery Miles 900
Sports Anesthesia, An Issue of Clinics…
Ashley M Shilling Hardcover R2,524 Discovery Miles 25 240
Mount Vision Soft Pastel - Yellow Purple…
R142 R132 Discovery Miles 1 320

 

Partners