0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (17)
  • R50 - R100 (52)
  • R100 - R250 (143)
  • R250 - R500 (145)
  • R500+ (23)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Partytjiepret Vir Kinders (Afrikaans, Hardcover): Jenny Dodd Partytjiepret Vir Kinders (Afrikaans, Hardcover)
Jenny Dodd
R154 R131 Discovery Miles 1 310 Save R23 (15%) Ships in 5 - 7 working days

In Partytjiepret! lei die skrywer jou deur elke stadium, van die beplanning en uitnodigings, kos en versier idees deur tot by temas en vermaak. Die titel bevat 20 partytjie idees, wat aangepas kan word vir amper enige ouderdomsgroep, en dit kan selfs gebruik word vir ander spesiale geleenthede soos Valentynsdag, Halloween of 'n ooievaarspartytjie. Van die temas - Baba se 1ste Verjaarsdag, 'n Hartjie Partytjie, Teddie se piekniek, Hekse en Towenaars, Poppie se tee partytjie, Speelgoedland trein, Winter Wense, Sjokolade Fabriek, Meerminne, Eerste Skooldag, Onderstebo Agterstevoor, Ballet.

Woordeloos tot verhaal - Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans (Dutch, Afrikaans, Paperback): Hans Ester, Chris van... Woordeloos tot verhaal - Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans (Dutch, Afrikaans, Paperback)
Hans Ester, Chris van der Merwe, Etty Mulder
R798 Discovery Miles 7 980 Ships in 10 - 15 working days

Woordeloos tot verhaal is in menig opzicht een baanbrekend werk. Het brengt 24 onderzoekers uit verschillende disciplines bij elkaar om vanuit een scala van perspectieven helderheid te verschaffen over het trauma als centraal gegeven in de menselijke samenleving. Nieuw is tevens de samenwerking tussen Afrikaanstalige en Nederlandstalige auteurs. Zij hebben elkaar gevonden vanuit een gemeenschappelijke belangstelling en werden gestimuleerd door de verwantschap tussen hun talen. Trauma behels in Woordeloos tot verhaal die oorweldigende effekte van geweld op die indiwidu sowel as die kollektiewe verlies van betekenis by die ineenstorting van 'n bekende wereld. Die artikels fokus egter nie alleen op die duister kant van die menslike natuur en van die menslike geskiedenis nie, maar verken ook die helende kragte wat die verwerking van trauma moontlik maak. Van wesentlike belang in die verband is die skeppende krag van die menslike gees wat die woordloosheid as gevolg van ’n oorweldigende trauma kan transformeer tot betekenisgewende verhaal.

Floreer (Afrikaans, Paperback): Ilse Salzwedel Floreer (Afrikaans, Paperback)
Ilse Salzwedel
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R289 Discovery Miles 2 890 Save R91 (24%) Pre-order

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback): Susan Fourie Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback)
Susan Fourie
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier.

Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken.

Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig.

Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte
Herman Lensing Paperback R350 R235 Discovery Miles 2 350
Low Carb Is Lekker Drie
Ine Reynierse Paperback R340 R266 Discovery Miles 2 660
Tietie & Nanna se Huiskos
Najma Abrahams, Azba Fanie Paperback R375 R275 Discovery Miles 2 750
Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met…
Susan Coetzer Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe…
Rolene Strauss Paperback  (1)
R330 R284 Discovery Miles 2 840
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Keto Lifestyle: Maklik
Hendrik Marais Paperback R380 R179 Discovery Miles 1 790
Kanker Schmanker!
Madelein Rust Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Atmosvuur
Jan Braai Hardcover R590 R425 Discovery Miles 4 250
So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam…
Ilse Verster Paperback  (1)
R290 R249 Discovery Miles 2 490

 

Partners