0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (14)
  • R100 - R250 (138)
  • R250 - R500 (169)
  • R500+ (28)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Pitkos - In samewerking met RSG (Afrikaans, Paperback): S.T. Potgieter Pitkos - In samewerking met RSG (Afrikaans, Paperback)
S.T. Potgieter
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 2 - 4 working days

Dr ST Potgieter is 'n geregistreerde sielkundige wat daagliks in sy privaat praktyk in Bellville, Kaapstad in konsultasie staan. Hy was vir 'n hele aantal jare in Windhoek, Namibie, asook in die Limpopo Provinsie werksaam. Benewens sy werk as sielkundige tree hy gereeld op in radioprogramme en het hy ook bekendheid verwerf as skrywer en van sy bydraes en insette verskyn gereeld in artikels in koerante en tydskrifte. Hy is 'n gewilde spreker by verskeie geleenthede, van die korporatiewe mark tot by skole, manne en vroue-byeenkomste.

Ag, Ma, Whatever!  - Selfone, Neusringe En Ander Tienerkwessies (Afrikaans, Paperback): Linda Friedland Ag, Ma, Whatever! - Selfone, Neusringe En Ander Tienerkwessies (Afrikaans, Paperback)
Linda Friedland
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Moet dit altyd ’n nagmerrie wees om tieners groot te maak? Is daar ’n regte manier om dit te doen? Hoe kom ons deur hierdie moeilike tydperk sodat ons kan verseker dat ons kinders op die regte pad na volwassenheid kom?

Hierdie boek is ’n praktiese en insiggewende gids oor hoe ouers die uitdagings kan hanteer van hierdie komplekse fase in hulle en hul kinders se lewens.

Ouers moet leer hoe om goeie rolmodelle te wees vir hul tienerkinders. Vind uit hoe om 100 belangrike kwessies te hanteer. Onder andere:

  • Kommunikasie probleme
  • Drank en dwelm misbruik
  • Seks en verhoudings
  • Slegte maniere en ongeskikte gedrag
  • Pornografie
  • Slegte prestasie op skool
  • Bederfde kinders
  • Eetversteurings Internet en selfone
Gerusstellende raad van ’n mediese dokter en ma van vyf kinders.
Gelukkige Maat, Gelukkige Huwelik (Afrikaans, Paperback): Pat Williams, Ruth Williams Gelukkige Maat, Gelukkige Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Pat Williams, Ruth Williams
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 2 - 4 working days

Dit maak nie saak of jou huwelik op pad na 'n oorwinning is, in ernstige moeilikheid is of selfs net 'n halftyd-motiveringspraatjie nodig het nie. Jy sal baie goeie raad in Gelukkige maat, gelukkige huwelik kry om 'n sterk en suksesvolle huwelik te bou. Pat en Ruth Williams baseer die boek op die volgende beginsels: seen jou huweliksmaat; bou mekaar op; deel jou ware self; raak jou maat aan in liggaam en gees. Pat en Ruth moedig mans aan om die beste leiers, minnaars en luisteraars te wees en bemagtig vroue om die beste vennote en spelers in 'n wen-verhouding te wees. Tesame met die vrae vir oordenking sal die boek paartjies help om vas te byt ten spyte van die lewe se uitdagings. Gelukkige maat, gelukkige huwelik beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om 'n Christus-gesentreerde huwelik te ontwikkel en daarmee vol te hou.

Smullekker Sop (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Smullekker Sop (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R72 Discovery Miles 720 Ships in 2 - 4 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Maalvleisgeregte (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Maalvleisgeregte (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days
Brood (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Brood (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Hoe Gemaak Met My Dikmond Kind? - En Nog 99 Vrae Wat Ouers Pla (Afrikaans, Paperback): Suzette Truter Hoe Gemaak Met My Dikmond Kind? - En Nog 99 Vrae Wat Ouers Pla (Afrikaans, Paperback)
Suzette Truter
R254 Discovery Miles 2 540 Ships in 2 - 4 working days

Skielik kom jou 6-jarige by die huis en vra: “Wat is ’n moffie?” Of jou dogter van 10 begin neul oor ’n selfoon. Jy kom agter jou 11-jarige is ’n boelie. Of jou kind sit heeldag agter ’n toe deur... Dan kom jy agter daar is bitter weinig raad oor hoe jy 6- tot 12-jariges moet hanteer. Dit is dié leemte wat hierdie boek vul.

Ouers worstel dikwels met vrae waarmee hulle nie noodwendig na ’n sielkundige wil hardloop nie. Maar hulle wil steeds weldeurdagte raad hę, benewens die goedbedoelde maar uiteenlopende menings van familie of vriende. Hulle wil ook weet wanneer dit nodig is om wel ’n kenner se hulp in te win.

Dit is hiermee dat ouerskapskenner Suzette Truter help. Sy bied antwoorde op die uiteenlopende vrae waarmee ouers te doene kry spesifiek in hierdie tussenfase. Met die hulp van kenners ondersoek sy kwessies soos asosiale gedrag, kinders en tegnologie, magsverhoudinge en aandagafleibaarheid. Die boek bied nie net raad nie, maar ook insig in die leefwęreld van die kind.

’n Betroubare en vriendelike gids vir raad-op ouers.

Our Long Goodbye (Afrikaans, Paperback): Kellie Lynn Our Long Goodbye (Afrikaans, Paperback)
Kellie Lynn
R553 Discovery Miles 5 530 Ships in 18 - 22 working days
Kinderpartytjiekolwyntjies (Afrikaans, Paperback): Marlene Marais Kinderpartytjiekolwyntjies (Afrikaans, Paperback)
Marlene Marais
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 2 - 4 working days

Kinderpartytjiekolwyntjies laat elke ma toe om haar kreatiewe kant te ontgin en wys hoe die vaalste kolwyntjies in 'n paar maklike stappe in klein kunswerksies omskep kan word.Voor jy jou oe knip, sal die hele dorp kolwyntjies by jou bestel. Die boek bevat 'n volledige lys van die gewildste temas vir beide seun- en dogterpartytjies, maar die temas kan maklik vir teepartytjies of ander volwasse geleenthede ook gebruik word. Daar is projekte wat maklik genoeg is vir beginners en ander wat uitdagings aan meer gevorderde bakkers sal bied.

Briewe Aan My Kinders - Twiets Wat Jou Laat Dink (Afrikaans, Paperback): Jonathan Jansen Briewe Aan My Kinders - Twiets Wat Jou Laat Dink (Afrikaans, Paperback)
Jonathan Jansen
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 2 - 4 working days

Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar die stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter. Jansen het elke dag 'n "brief aan sy kinders" geskryf, 'n klein stukkie lewenswysheid oor enigiets van die liefde tot menswees. Die humoristies dog aangrypende twiets bewys oor en oor hoekom Jansen Suid-Afrika se morele barometer geword het. 'n Bundel met outydse raad, geskryf in 'n 21ste eeuse formaat, wat aanklank sal vind by oud en jonk.

Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Paperback): Brenda Ricker Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Paperback)
Brenda Ricker
R523 Discovery Miles 5 230 Ships in 18 - 22 working days
Leeus in Die Maanlig (Afrikaans, Paperback): Wanda Gallimore Leeus in Die Maanlig (Afrikaans, Paperback)
Wanda Gallimore
R509 Discovery Miles 5 090 Ships in 18 - 22 working days
In mekaar se skoene - ... waar staan jy? (Afrikaans, Paperback): Andeline Williams-Pretorius In mekaar se skoene - ... waar staan jy? (Afrikaans, Paperback)
Andeline Williams-Pretorius
R155 Discovery Miles 1 550 Ships in 2 - 4 working days

In mekaar se skoene is 'n boek wat op elke Suid-Afrikaner se boekrak behoort te wees. Dit beklemtoon die verskillende soorte interpersoonlike verhoudings, met die klem op hoe hierdie verhoudings deur respek en empatie verbeter kan word. In die Suid-Afrikaanse konteks - veral wat rassekonflik betref - is dit nodig om mense aan te moedig om in mekaar se skoene die lewe vanuit die ander se perspektief te bekyk. In die boek word daar ook gekyk na kommunikasie, rasseverhoudinge, kultuurgrense, verhoudings binne die gesin, vriendskap, die liefdesverhouding, asook verhoudings in die werksplek. Daar is inderdaad iets vir almal in hierdie boek, wat ten doel het om groter verdraagsaamheid teweeg te bring. Die outeur is 'n motiveringsspreker, berader en kampvegter vir die verbetering van rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Hierdie boek is gebore uit 'n paar pynlike persoonlike ervarings. Eerder as om die weg van negatiwiteit te volg, het sy gekies om haar pyn in iets positiefs te omskep, waarby ander ook kan baat.

Okkasies (Afrikaans, Paperback): Francois Ferreira Okkasies (Afrikaans, Paperback)
Francois Ferreira
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Okkasies moedig jou aan om van elke maaltyd ’n spesiale geleentheid te maak, al is dit ontbyt, middag- of aandete. Eerder as ontbyt op die gallop eet, middagete agter jou lessenaar of in die motor afsluk. Behalwe al die liplekker resepte verskaf die boek ook algemene inligting soos spyskaartbeplanning, tafelvoorbereiding, uitnodigings, plasing van gaste, spyskaartterme en kos- en wynkombinasies om te help om van elke maaltyd iets spesiaals te maak. Ontbyt sluit interessante geregte in soos mini-patat-en-preifrittatas, 'n amasi-en-kruiebrood wat perfek bak asook Croque Madame (Franse roosterbrood). Met hoofstukke oor slaai, kaas, vleis, nagereg en eenskottelgeregte is die boek maklik om te gebruik. Daar is ook 'n hoofstuk vir baie spesiale geleenthede met voorbeelde van spyskaarte. Die titel eindig met vriende se gunstelinge - waarvan Alan Coxon se kaaskoek sekerlik die voortreflike is. 'n Moet vir smulpape en elkeen wat daarvan hou om die lewe te vier.

Idees Geskenke (Afrikaans, Paperback): Tydskrif Idees Idees Geskenke (Afrikaans, Paperback)
Tydskrif Idees
R243 Discovery Miles 2 430 Ships in 2 - 4 working days

Op soek na die perfekte geskenk vir iemand spesiaals? Hou op soek en maak self 'n besonderse geskenk - dis uniek, bekostigbaar, en baie persoonlik. Niks is immers so spesiaal soos 'n handgemaakte geskenk nie - een wat met liefde toegedraai is en waar geen moeite ontsien is met selfs die kaartjie nie. As jy op soek is na inspirasie vir verjaardag-, Kers- en ander spesiale geskenke, is die titel 'n onontbeerlike gids vir jou.

As Die Stroom Jou Vat (Afrikaans, Paperback): Jeanne Els As Die Stroom Jou Vat (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Els
R179 Discovery Miles 1 790 Ships in 2 - 4 working days

Na haar pa se selfmoord beloof Jeanne Els haarself dat sy nooit so iets sal doen nie. Jare later word sy self deur die stroom meegesleur. Sy sluk 'n oordosis voorgeskrewe pille terwyl haar kinders elders in die huis doenig is en haar man Carte Blanche kyk... In As die stroom jou vat beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfmoord en gesels openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het en met gesinslede en vriende wat die selfmoord van 'n geliefde beleef het. Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde psigiaters deel sy kundigheid en daar is uittreksels uit selfmoordbriewe.

Waarheen nou . . . (Afrikaans, English, Paperback): Ben Nolte Waarheen nou . . . (Afrikaans, English, Paperback)
Ben Nolte
R674 R634 Discovery Miles 6 340 Save R40 (6%) Ships in 18 - 22 working days
Rooi Rose Versamelresepte vir Elke Seisoen (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer Rooi Rose Versamelresepte vir Elke Seisoen (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 2 - 4 working days

Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir die seisoen, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. Die resepte is meestal eenvoudig en sonder fieterjasies, maar sonder om die essensie of smaak van 'n gereg prys te gee. Die titel gaan bedrywige kokke weer laat uitsien daarna om die kombuiskaste in te vaar en gaan elke dag se kookervaring weer in 'n genieting omskep. Met resepte wat oor en oor die toets van die tyd deurstaan het, gekombineer met vars, nuwe idees, bied dit 'n uitkoms vir elke ma en besige kok.

Veilig En Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Naomi van Wyk Veilig En Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Naomi van Wyk
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Dit is maklik om jou kind teen die meeste gevare te beskerm. Jy stuur hulle vir swemlesse, hou hulle hande vas as julle die straat kruis en sit valhelms op as julle fietsry. Maar hoe beskerm jy jou kinders teen seksuele misbruik? Veilig en vreesloos bied aan ouers die basiese beginsels en veiligheidsmaatreels sodat hulle kinders van voorskool tot tienerfase teen seksuele misbruik kan beskerm. Die titel fokus nie op die terapie en behandeling van kinders wat reeds seksueel misbruik is nie, maar op die voorkoming daarvan.

Die krag (Afrikaans, Hardcover): Rhonda Byrne Die krag (Afrikaans, Hardcover)
Rhonda Byrne
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Na die baanbrekerswerk van die fenomenale wereldwye blitsverkoper Die geheim onthul Rhonda Byrne die sterkste krag in die heelal. 'n Wonderlike lewe is vir jou bedoel! Dit is die handboek tot die sterkste krag in die heelal – die mag om alles te kry wat jy wil he. Elke ontdekking, uitvinding en menslike skepping is die werk van Die krag. Volmaakte gesondheid, wonderlike verhoudings, 'n loopbaan waaroor jy mal is, 'n lewe vol geluk, en die geld wat nodig is om alles wat jou hart begeer, te doen, te wees en te he, kom van Die krag. Die lewe waaroor jy droom, was nog altyd nader as wat jy besef, want Die krag – om alles wat goed is, in jou lewe te he – is binne-in jou. Net een ding is nodig om alles te skep en alles te verander – Die krag.

Nog 'n Stukkie (Afrikaans, Paperback): Dine Van Zyl Nog 'n Stukkie (Afrikaans, Paperback)
Dine Van Zyl
R243 Discovery Miles 2 430 Ships in 2 - 4 working days
Seisoene van seks - Wat is normaal?  - Stories en feite oor seks (Afrikaans, Book): Leandie Buys Seisoene van seks - Wat is normaal? - Stories en feite oor seks (Afrikaans, Book)
Leandie Buys
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

"Leandie Buys se boek, "Help! Ons het (SEKS) probleme!" is so welkom soos 'n koel briesie op 'n versengende warm dag. In 'n tyd waar baie mense reken dat niemand hulle iets oor seks kan leer nie en ander weer te skaam is om te erken dat hulle eintlik niks van seks verstaan nie, is dit verfrissend om 'n boek te lees wat reguit, ondubbelsinnig, op die man en vrou af met mense oor seks gesels. Dis egter nie sommer sulke oppervlakkige en vervelige lesings oor seks soos mens in skole en universiteite en sommige geestelike seminare hoor nie. Haar boek sny die "geheime" aspekte van seks aan - daardie dinge waaroor talle mense in verhoudings nooit praat nie, die dinge wat so seer is dat 'n mens nie eers aan jouself wil erken dat jy vrae daaroor het nie. Premature ejakulasie; lae of geen seksdrang (by vrouens en mans!); die seer van onvrugbaarheid en die pynlike effek daarvan op verhoudings; ontrouheid; seksuele drange van ouer persone, die onvermoe om 'n orgasme te ervaar - dit alles word op 'n sensitiewe, eerlike manier bespreek en praktiese wenke hoe om die dinge te oorkom, word aan die hand gedoen. Wat die titel egter uniek maak, is die stories van persone wat met hierdie sake worstel. 'n Mens sluk swaar as jy die skreiende seer van 'n vrou aanvoel wat sukkel om swanger te raak. Jy word meegesleur in die aangrypende vertelling van 'n egpaar se pogings om tog net 'n kind van hulle eie te he. Jy ervaar die verleentheid van 'n man wat nie kan presteer as dit by die slaapkamer kom nie. Jy besef watter effek die onvermoe om seks te geniet op 'n paartjie se hele verhouding het - hoe dat geestelike sowel as liggaamlike intimiteit in die slag bly. Die stories, seer verhale van regte mense soos ek en jy, gee aan die boek 'n dimensie van geloofwaardigheid. Dit bring ook op 'n vreemde manier 'n stuk verligting vir die leser: as ander gewone, goeie, normale mense met hierdie dinge worstel en uiteindelik gehelp word, dan is ek mos nie so abnormaal nie! Alhoewel die mense wat hulle storie met die leser deel, se identiteit beskerm word, slaag die vertellings daarin om 'n mens te laat besef dat hierdie dinge nie sommer deur 'n skrywer uitgedink is nie. Die bondige, praktiese en ter saaklike inligting wat dan telkens na elke storie deur die seksterapeut gegee word, sal vir talle mense hoop, moed en oplossings bied. Hierdie titel is nie net 'n moet vir elke persoon of paar wat met seksuele probleme worstel nie. Dit behoort deur elke verliefde, verloofde en getroude paartjie gelees te word. Dit behoort 'n verpligte deel van skole en opleidingsinstellings se kurrikulum uit te maak. Dominees behoort dit met hulle jongmense te bespreek en ouer mense behoort dit saam met die Bybel op hulle bedkassie te he! Ons almal moet op 'n positiewe, deernisvolle manier bevry word van ons seksuele wanpersepsies. Ons almal moet opnuut met dankbaarheid besef dat ons seksualiteit 'n wonderlike deel van ons menswees is.

50 Van Die Beste Volstruisresepte (Afrikaans, Paperback): Human & Rousseau 50 Van Die Beste Volstruisresepte (Afrikaans, Paperback)
Human & Rousseau
R161 Discovery Miles 1 610 Ships in 2 - 4 working days

'n Versameling resepte van reg oor Suid-Afrika wat ligte somerdisse en geurige winterskos insluit.

Wat dan nou beter as Volstruisneksop of Volstruisgoulash met wyn op ‘n triesterige wintersaand? Of Volstruisburgers met tropiese salsa vir ‘n lui-lekker somersmiddagete saam met vriende? Daar is selfs geregte soos Volstruiskefta, Volstruisdriehoekies en Volstruissushi wat ideaal is vir gaste onthaal.

Dollaswerk (Afrikaans, Paperback): Martini Nel Dollaswerk (Afrikaans, Paperback)
Martini Nel
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 2 - 4 working days

Oorskietmateriaal-kwilts is een van die oudste vorms van kwiltwerk. Honderde jare gelede is kwilts uit nood gemaak van ou klere en oorskietmateriaal. Die afgelope paar jaar is daar egter weer ’n groot oplewing in die maak van dollaskwilts en ander dollasartikels. Mense maak dit nou weer as pronkstukke en ook om in hul huise te gebruik as versiering.

Een van die redes hoekom dollaswerk so in gewildheid toeneem, is omdat baie verskillende kunsvorme soos kwiltwerk, borduurwerk, appliekwerk, materiaalverf en kralewerk alles in een artikel gekombineer kan word.

Die lekkerte van dollaskwiltwerk of dollaswerk (crazy patch of crazy quilt) is dat dit presies is soos die naam sę: Dit kan op feitlik enige manier aanmekaar gelas word!

In Dollaswerk word die basiese tegnieke van dollaswerk uiteengesit, asook die basiese benodigdhede, borduurwerk, blomme en motiewe wat gebruik word om dollaskwiltwerk te versier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
In Dialogue with Reggio Emilia…
Carlina Rinaldi Paperback R939 Discovery Miles 9 390
Celebrating Sundays - Reflections from…
Stephen Holmes Hardcover R1,218 Discovery Miles 12 180
Teaching Music to Students with Special…
Alice Hammel, Ryan Hourigan Hardcover R3,280 Discovery Miles 32 800
The Restoration and Organic Development…
Laszlo Dobszay Hardcover R5,284 Discovery Miles 52 840
Janesplains - A Compendium of Jane…
Jane Austen Hardcover R375 R342 Discovery Miles 3 420
Food Futures in Education and Society
Angela Turner, Marion Rutland, … Hardcover R3,923 Discovery Miles 39 230
Notes on the Rise, Progress, and…
Samuel Laing Paperback R500 Discovery Miles 5 000
Children's Play and Its Place in…
Walter Wood Hardcover R4,355 Discovery Miles 43 550
Safari Nation - A Social History Of The…
Jacob Dlamini Paperback R330 R305 Discovery Miles 3 050
Guide To Sieges Of South Africa…
Nicki Von Der Heyde Paperback  (4)
R250 R231 Discovery Miles 2 310

 

Partners