![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.
Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou 'n huis met sy eie persoonlikheid! Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net 'n paar basiese beginsels te volg. Hierdie boek gee 'n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak. Die boek behandel alles van die versiering van knope, kussings, badsakkies, drasakkies en harte tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word. Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir die wat hou van 'n uitdaging en meer tyd op hande het.
Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is 'n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik. Dr. Dawie van Velden glo dat die dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met die boek op jou koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika jou gesondheidsvennoot. Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.
In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.
Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar 'n probleem kan wees!
Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn. Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het. Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek. Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid. “Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.
Hersien, met opgedateerde inligting en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die nuwe amptelike K53-handleiding ’n omvattende en koste-effektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motor?etse. Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreels, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van die afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is na die toets bygevoeg. Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis die gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Die handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.
Begin ’n nuwe lewe van sukses. Hierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om ’n nuwe lewe van sukses te begin, leer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik en leer hoe om positiewe denke te hê.
Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek. Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee. Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld. Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling. Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie - om hom die beste leiding te gee, het jy hope sin-volle insig nodig. Hierdie gewilde opvolg op Koester jou baba is pas bygewerk met die jongste relevante navorsing en vertel jou alles oor: Hoe om jou kind se unieke sensoriese profiel te herken en verstaan; stimulering sonder om jou kind te oorlaai; slaaptydoplossings vir elke ouderdom; dissipline met liefde en 'n sin vir humor; 'n sinvolle benadering tot toiletgebruik; kleutervoeding en hoe om kleuterfiemies te hanteer; ontwikkelingsmylpale en idees om ontwikkeling aan te moedig; hoe om leergestremdhede te herken en vroeg reeds aan te spreek.
Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons. Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek. Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:
Poeding is altyd gewild en hierdie samestelling van almal se gunstelinge is hemels op die oog 'en op die tong. Met Clover aan die stuur, val die kollig natuurlik op suiwel in al sy gedaantes. Gunsteling poedings bring jou inspirasie regoor die wereld, met die klem op gewilde en klassieke nageregte, terwyl daardie geliefde tradisionele Suid Afrikaanse poedings ook 'n plekkie kry.
KOSBAAR is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep. In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!” KOSBAAR bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.
Daar is niks wat die mens tot stand bring wat nie as ’n idee begin nie. Hierdie boek gee ’n oorsig van hoe om jou doelwitte, van watter aard ook al, te bereik deur jou verbeelding te gebruik. Kwessies soos gewigsverlies, ophou rook, die hantering van moeilike situasies en selfs aansoek vir werk word aangespreek. Daar word ook vertel hoe visualisering deur sportlui aangewend word om ’n ingesteldheid van wen te kweek, beserings te beheer en duidelike doelwitte te stel. Praktiese oefeninge wat mens kan help om stres te hanteer en suksesvol te visualiseer, word breedvoerig beskryf.
Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.
Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.
Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.
As ’n opvolgboek vir haar oorspronklike album, Ons Ongeloofl ike Reis Saam, het Cathy Heaton ’n nuwe swangerskap- en geboortejoernaal geskep wat die baba se ouers in staat stel om alle mylpale aan te teken. Die kind sal dié album kan verstaan en geniet wanneer hy/sy ouer is. Dit is ’n kosbare aandenking van die moeder en kind se reis vanaf voorgeboorte (reeds vanaf die vyfde week van swangerskap) tot die kind vyf jaar oud word. Die aanloklike formaat word deurvleg met verruklike babafoto’s en toepaslike aanhalings en verse wat dit maklik maak om mylpale, spesiale geleenthede, gedagtes en algemene agtergrond aan te teken. Daar is oorgenoeg ruimte om verskeie foto’s of ander aandekings of herinnerings in te plak.
Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywêreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele wêreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel. Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19. Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.
Anna de Jager het in KwaZulu Natal grootgeword. Dit was nog altyd vir haar ʼn passie en selfopgelegde uitdaging om oomblikke vas te vang deur te skryf en te skets. Sy is in 1990 met Gert de Jager getroud en woon in Centurion. Hulle het twee dogters, Anita en Gerda en ‘n skoonseun, Marco. Daar het al verskeie vakpublikasies uit haar pen verskyn, maar hierdie is haar eerste memoires. Kort nadat sy haar PhD voltooi het, is sy met borskanker gediagnoseer. Chemo, koekies en tee is ’n openhartige deel van ʼn eiesoortige perspektief, baie genade en dankbaarheid.
Nuut van die uitgewers van verskeie topverkopergidse vir die slaag van jou leerling- en bestuurslisensie, is Net die Toets ideaal vir enige iemand wat so ’n bietjie meer oefening benodig voordat hulle die leerlinglisensietoets aflê. Met meer as 160 vrae wat alles dek van Padreëls, Waarskuwingstekens, Inligtingstekens en Padmerktekens tot Voertuigkontroles, Motorfietse en Reguleringstekens, sal jy die toets met selfvertroue aflê. Die vrae is waar nodig met padtekens en padmerktekens toegerus om die leerproses te vergemaklik. Die gids bevat ook ’n nutti ge afdeling van wat op die dag van die toets benodig word, lisensiekodes en oor toetse wat elektronies afgelê word.
|
![]() ![]() You may like...
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
Paperback
Fantastic Beasts And Where To Find Them…
J. K. Rowling
Hardcover
![]()
|