Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas
wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil
hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle
wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik
omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is
met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en
hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar.
Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker
vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar
is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker,
sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!