![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
'n Vergelyking tussen die verhaal van Sneeuwitjie en die van prinsesse soos Diana, Charlene van Monaco en Catherine, die vrou van prins William. Dit is vir elke vrou moontlik om soos 'n prinses te voel. Cas van Rensburg, bekende skrywer en kenner van die Jungiaanse sielkunde, vertel hoe elke vrou haar innerlike potensiaal kan ontwikkel. Prinse en prinsesse is argetipes wat in alle mense leef. Almal wil iemand spesiaal wees, mooi en gelukkig en geborge in die liefde van iemand wat eweneens adellik van gees is.
Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Hier is twee mense wat bestem was om saam te wees, maar mekaar verloor het en na baie jare weer gevind het. Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word op pragtige maniere uitgebeeld. Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie.
Marcus Aurelius kan as 'n ware filosoof-koning beskou word. Ten spyte van sy roem en weelderige lewe aan die hof, het hy voortdurend gestreef na 'n eenvoudige lewe, innerlike vryheid en persoonlike spirituele groei. Sy Meditasies of Bepeinsinge wat tydens sy laaste lewensjare neergeskryf is, is in 12 boeke verdeel en is nie filosofiese teoriee nie, maar praktiese oefeninge om die filosofie in die leser se gedagtes en optrede te laat deurwerk. Hy besin oor die heelal en die mens as deel daarvan, die verantwoordelikhede van die mens as 'n sosiale wese, verdraagsaamheid teenoor alle mense, hoe om in harmonie met ander en in ooreenstemming met jou ware aard te leef, hoe om te aanvaar wat met jou gebeur, en uiteindelik ook die dood te aanvaar. Tydens Marcus se heerskappy is die Christene kwaai vervolg, maar tog het sy denke oor 'n ingetoe leefwyse wat nie deur drif nie, maar deur verantwoordelikheid en plig beheer word.
In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Die skrywer se eerste boek, Vandag se sekretaresse (Human & Rousseau, 1988), was gebaseer op ontelbare kantore, kollegas en werkgewers waarmee sy tydens 'n elektroniese revolusie te doen gekry het. Daar was wêreldwye bekommernis oor of die sekretaresse met moderne kantoortoerusting vervang sou kon word. Nou is daar weer wêreldwye onsekerheid tydens 'n pandemie waar vetsug lewensgevaarlik is. My laaste dieet is die memoires van 'n smullende skaalslaaf. Ná 'n lewenslange stryd en ervaring van vraatsug, gepaard met kennis en ondervinding van 'n magdom diëte, beskou die skrywer haarself as die Koningin van Diëte.
Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is? Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie. ’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby. Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”
Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het 'n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doene? Hoe wen jy 'n Wêreldbeker? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Skatryk is 'n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar 'n ander bly 'n sukkelbestaan voer? Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van 'n samelewing - eerder as dié wat afbreek - uiteindelik seëvier.
Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is 'n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik. Dr. Dawie van Velden glo dat die dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met die boek op jou koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika jou gesondheidsvennoot. Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.
Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar 'n probleem kan wees!
'n Veelsydige versameling patrone met uitstekende geskenkidees. Die boek bevat meer as 100 oorspronklike ontwerpe, elk op ' kleur-rooster, insluitend - vrolike alfabetprente; stylvolle monogramme en motiewe vir tafellinne; oulike motiewe vir babas; cool tienermotiewe; kersfeesontwerpe; maklike patrone vir kinders. Daar is afwerkingsaanwysings vir al die geborduurde voorbeelde, asook verdere gebruiksvoorstelle.
'n Gids tot die grondbeginsels van huisontwerp, dekor en meubilering.
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Hekel vorm deel van 'n reeks boeke van 25 hekelprojekte elk. Die eerste in die reeks skop af met moderne en unieke hekelprojekte vir vroue. Die skrywer bied 'n verfrissende en moderne aanslag tot hekel met 'n sterk ondertoon van Boho (Boheemse) mode-neiging wat internasionaal groot nuus is. Projekte is divers en gehekel met verskillende breidraad en sluit bonkige tot fyn hekelwerk in – iets vir elkeen! Die 25 patrone sluit onder meer in: 4 Somertruie: Driehoektop in suiwer katoen, ongewone blomonderbaadjie, fyn kantbloktoppie en bandjiebloesie; 4 Wintertruie: Interessante kantbloktop met arandikte katoen (ongewoon), seshoek-onderbaadjie in suiwer wol, tunik met wye moue en kimono in verskillende steke; 4 Serpe en sjaals: Sirkelserp, driehoekponcho, kantsjaal wat vasknoop, skoursjaal met blomme en pastelblokwinterserp; 9 Bykomstighede soos 'n gordel, sonhoed, mus, pantoffels en kouse en 4 handsakpatrone; 4 Juweliersware soos armbande, oorbelle en 'n unieke ryk versierde halssnoer; Die patrone is unieke ontwerpe deur die bekende skrywer, Karen Adendorff; Alles word gehekel met plaaslike wol verskaf deur Saprotex, maar plaaslik, vervaardigde draad deur kleiner verskaffers in SA word ook ingesluit; Die boek sluit verduidelikings van al die basies steke wat gebruik word in, asook afkortings en verduidelikingsvan simbole; Patrone word toegelig deur diagramme en dien as ekstra bonus vir die hekelpersoon.
Daar is niks wat die mens tot stand bring wat nie as ’n idee begin nie. Hierdie boek gee ’n oorsig van hoe om jou doelwitte, van watter aard ook al, te bereik deur jou verbeelding te gebruik. Kwessies soos gewigsverlies, ophou rook, die hantering van moeilike situasies en selfs aansoek vir werk word aangespreek. Daar word ook vertel hoe visualisering deur sportlui aangewend word om ’n ingesteldheid van wen te kweek, beserings te beheer en duidelike doelwitte te stel. Praktiese oefeninge wat mens kan help om stres te hanteer en suksesvol te visualiseer, word breedvoerig beskryf.
Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn. Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het. Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek. Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid. “Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.
Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.
Wanneer horende ouers besef hulle kind is doof, veroorsaak dit 'n emosionele skok en trane en met verloop van tyd baie vrae. Baie vrae word onbeantwoord gelaat weens onkunde en omdat daar geen behoorlike ouerleiding is uit die dowe mense se oogpunt, wat horende ouers help om 'n dowe of 'n hardhorende kind in Suid-Afrika op te voed nie. Die eerste vraag wat die horende ouers gewoonlik vra, is: "Hoe kommunikeer ons met ons dowe of hardhorende kind?"
In hierdie keur van 35 stories vertel hy pittig van sy fyn waarnemings van veral die pronkers onder ons geveerde vriende - die vleiloerie met sy bloedrooi borsie, die fladderende, soetsappige suikerbekkies, parmantige bandkeel-kleinjantjies, tarentaalmannetjies wat in paartyd in gelid en kruis en dwars al waggelend agter die wyfie aandraf, en die kenmerkende gedrag van nog vele Suid-Afrikaanse voelspesies. Die leser deel sy plesier en verwondering aan die voelwereld wat ons omring.
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.
Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie! Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak. Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te pak nie. 30 uitsendings van RSG se gewilde oggendprogram, Groeipyne, is nou in ’n boek saamgevat sodat jy dag en nag antwoorde en wenke kan kry. Alles waaroor jy wonder en bekommer word bespreek: dikbek tieners, hoe om die regte vriende te kies, goeie Wiskundepunte, boelies, dissipline, skoolgereedheid, emosionele ontwikkeling, lyfstraf, eksamenstres, leesvaardighede, roetine, neulery en nog 18 ander relevante temas. Die kenners wat hulle wysheid en ervaring met ander ouers deel, weet wat die uitdagings en probleme is waarmee kinders vandag te doen kry. Die nuwe lewenstyl vra dat ouers nuut sal dink en doen en dis waarmee hierdie boek jou sal help. Hierdie is ’n saampraat boek propvol idees wat werk – nie ingewikkelde teorie nie. Dit haal die pyne uit opvoeding uit en maak ouerskap weer plesierig … en iets waarin jy goed is. |
You may like...
Randall Thompson - A Bio-Bibliography
Caroline C. Benser, David F. Urrows
Hardcover
R2,004
Discovery Miles 20 040
Angela Harding: Look Out! (Foiled…
Flame Tree Studio
Notebook / blank book
R234
Discovery Miles 2 340
Witold Lutoslawski - A Bio-Bibliography
Stanislaw Bedkowski, Stanislaw Hrabia
Hardcover
R2,331
Discovery Miles 23 310
|