![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Erica Neser het meer as 'n dekade se ervaring as borsvoedingkonsultant en babamasseringinstrukteur en het deur die jare 地 spesiale belangstelling in babas se slaappatrone ontwikkel op professionele en persoonlike vlak. Hierdie gids het begin as 地 artikel van twee bladsye vir die moeders by haar klinieke, en het aanhou groei namate sy oor die jare meer en meer geleer het oor slaap. "My doel met die gids is om jou 地 keuse van metodes en opinies te gee, sodat jy kan besluit wat die beste vir jou baba gaan werk. Ek het probeer om dit vol te laai met praktiese, sensitiewe en babavriendelike raad, maar dit steeds in 地 maklik leesbare formaat te hou (iemand het gese: 地 mens moet dit met moee oe in die halfdonker kan lees!).
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is 地 groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel 地 groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer 地 mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. 地 Wonderlike lewensverhaal uit die pen van 地 sterk, intelligente vrou.
Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie. Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie. Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.
Sinvolle, eenvoudige oplossings om jou 駭 jou baba van ’n goeie nagrus te verseker deur gesonde slaapgewoontes te vorm. Lees hier hoe jy dit doen deur:
Benewens hierdie riglyne, bied Slaap, kindie, slaap! ’n kitsverwysingseksie waar desperate ouers vinnig oplossings vir ouderdomsverwante slaapkwessies sal vind.
地 Nuttige handleiding wat 'n ereplek in elke Suid-Afrikaanse huis behoort te he. Maklike oplossings op daaglikse probleempies wat in en om die huis ontstaan, word hier prakties en effektief beantwoord. Van die behandeling van algemene kwale soos slaaploosheid, tot die skoonmaak van yskaste en silwerware. Daar is nuttige raad vir die gaarmaak en preservering van voedsel, algemene noodhulpwenke asook wenke vir buitelugliefhebbers.
Die skrywer se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ‘n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde. Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ‘n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime. Inligting oor nuwe ontdekkings en teoriee, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.
Ses jaar n die verskyning van Bloedvreemd vertel Juliana Coetzer wat
h騁 geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd vertel die skrywer
hoe Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opgedoen wat haar brein
aangetas het, en geleidelik het sy verstandelik begin agteruitgaan. Die
werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar n die boek vra
mense steeds – wat het geword van julle? Is Anneke oukei? Hoe maak ’n
mens met die voortdurende verlies, die agteruitgang?
Hekel vorm deel van 'n reeks boeke van 25 hekelprojekte elk. Die eerste in die reeks skop af met moderne en unieke hekelprojekte vir vroue. Die skrywer bied 'n verfrissende en moderne aanslag tot hekel met 'n sterk ondertoon van Boho (Boheemse) mode-neiging wat internasionaal groot nuus is. Projekte is divers en gehekel met verskillende breidraad en sluit bonkige tot fyn hekelwerk in iets vir elkeen! Die 25 patrone sluit onder meer in: 4 Somertruie: Driehoektop in suiwer katoen, ongewone blomonderbaadjie, fyn kantbloktoppie en bandjiebloesie; 4 Wintertruie: Interessante kantbloktop met arandikte katoen (ongewoon), seshoek-onderbaadjie in suiwer wol, tunik met wye moue en kimono in verskillende steke; 4 Serpe en sjaals: Sirkelserp, driehoekponcho, kantsjaal wat vasknoop, skoursjaal met blomme en pastelblokwinterserp; 9 Bykomstighede soos 'n gordel, sonhoed, mus, pantoffels en kouse en 4 handsakpatrone; 4 Juweliersware soos armbande, oorbelle en 'n unieke ryk versierde halssnoer; Die patrone is unieke ontwerpe deur die bekende skrywer, Karen Adendorff; Alles word gehekel met plaaslike wol verskaf deur Saprotex, maar plaaslik, vervaardigde draad deur kleiner verskaffers in SA word ook ingesluit; Die boek sluit verduidelikings van al die basies steke wat gebruik word in, asook afkortings en verduidelikingsvan simbole; Patrone word toegelig deur diagramme en dien as ekstra bonus vir die hekelpersoon.
Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Maar jy k疣 dit oorleef - en selfs sterker wees.
Daar is soveel teenstrydige inligting beskikbaar oor watter dieet om te volg, hoeveel oefening om te doen, hoeveel water om te drink, watter medisyne om te neem, ensovoorts. In Die pasient as vennoot skei die bekende dr. Dawie van Velden die kaf van die koring en gee praktiese raad om holistiese welsyn te bereik: wanneer die liggaam, siel en gees optimaal gesond is. In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasient medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.
Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons. Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspiel op elke bladsy van hierdie boek. Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:
As slaap en alleen piepie vir die vols is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou! ’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees. Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan s cool wees. Di towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
Vir baie uitdagings en vraagstukke van die moderne lewe kon die skrywer nie al die antwoorde in die Bybel kry nie. Sy besef dat die wereld waarin ons vandag leef, radikaal anders is as die wereld van ons oumagrootjies. Tong-in-die-kies vertrek sy op 'n spirituele reis wat by die Oerknal begin. Sy beleef die vorming van die aarde, die begin van lewe, evolusie, die ontstaan van Homo sapiens, en die ontstaan van die spirituele bewussyn van die mens. Op pad kom sy Zoroaster, die Boeddha, Jesus, Mohammed en Einstein tee. Haar reis na die dieper betekenis van die lewe is uiteindelik 'n intellektuele geskiedenis van die mensdom wat eindig by globalisering, relatiwiteitsteorie en kosmologie. Sy kom tot die ontdekking dat die simboliek van die Christendom behou moet word maar dat nuwe betekenis daaraan gegee moet word; en dat dit gedoen kan word deur onsself te leer ken.
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!
InDit proe soos huiseer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou di – ’nkosverhaal wat dt wat is, verbind met dt wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis.
Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Hier is twee mense wat bestem was om saam te wees, maar mekaar verloor het en na baie jare weer gevind het. Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word op pragtige maniere uitgebeeld. Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie.
13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen. Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en renboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg. Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?
Sagteband (Flexibound); volkleur en gelamelleer
n Noodsaaklike gids vir ouers om hul baba se eerste jaar met selfvertroue te hanteer. Meg Faure (arbeidsterapeut) en Ann Richardson (geregistreerde verpleegsuster en vroed vrou), ouerskapkenners en medeskrywers van die bekende Sense-reeks, bied ouers nou 'n bygewerkte en uitgebreide derde uitgawe van hulle hoogs suksesvolle ouerskaphan dleiding vir die eerste jaar. Ouers oral in die land beskou die boek as hulle Bababybel, en dit is maklik om te sien waarom dit een van Suid-Afrika se gewildste ouerskapboeke is. Koester jou baba spreek met 'n sagte dog praktiese benadering die belangrikste ouerskapkwessies van geboorte tot 12 maande aan.
地 Reenboog deur my trane is 地 bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van 地 geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook 地 lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.
'n Vergelyking tussen die verhaal van Sneeuwitjie en die van prinsesse soos Diana, Charlene van Monaco en Catherine, die vrou van prins William. Dit is vir elke vrou moontlik om soos 'n prinses te voel. Cas van Rensburg, bekende skrywer en kenner van die Jungiaanse sielkunde, vertel hoe elke vrou haar innerlike potensiaal kan ontwikkel. Prinse en prinsesse is argetipes wat in alle mense leef. Almal wil iemand spesiaal wees, mooi en gelukkig en geborge in die liefde van iemand wat eweneens adellik van gees is.
地 Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir 地 heruitgawe. 地 Stil gemoed is 地 eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik 地 aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op 地 manier wat met die invloede rekening hou.
Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste tre as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die W靡eld aangewys is. Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend. Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibi.
In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker. |
You may like...
A Critical History of Psychotherapy…
Renato Foschi, Marco Innamorati
Hardcover
R6,653
Discovery Miles 66 530
The Profiler Diaries - From The Case…
Gerard Labuschagne
Paperback
(2)
|