0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (15)
  • R50 - R100 (17)
  • R100 - R250 (133)
  • R250 - R500 (176)
  • R500+ (21)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Ritmes van ons lyf (Afrikaans, Paperback): Christina Landman, Nicki Spies, Ralph Barnard Ritmes van ons lyf (Afrikaans, Paperback)
Christina Landman, Nicki Spies, Ralph Barnard
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 2 - 4 working days

Watter faktore steel jou ritme? In hierdie boek stap ons saam met liefdesmaats op die pad van die liefde en lewe. Ons reis deur die landskap van passie, lyflikheid en intimiteit. Daar is vele reise wat mens onderneem - nie een meer of minder belangrik of interessant as die ander nie. 'n Enkellopende persoon is met sy of haar lyf en seksualiteit oppad. Mense van verskillende ouderdomme is met mekaar oppad. Elke lewensfase bring nuwe afdraaipaadjies wat ontdek en onderhandel moet word. Werksomstandighede, kinders, ouers, finansies, ouderdom, siekte, beserings, dood en vervreemding van self, jou maat of jou omgewing word op hierdie roete van die lewe en liefde gekarteer. Die eindbestemming is om intimiteit van lyf en gees as leefstyl te ontdek. Om elke dag op so 'n wyse met jouself en jou liefdesmaat op reis te wees dat jul telkens sinvolle en genotvolle intimiteit sal beleef en beliggaam - dat dit 'n leefstyl sal word. Hierdie is 'n reis waarop ons mekaar leer aanvoel, en die ritmes van ons harte en lywe geniet. En luister na mekaar se verhale van probleme... en oorwinnings. Onthou tog: "There is no failure, only feedback".

Roer Met Die Sterre (Afrikaans, Paperback): Marike Williams Roer Met Die Sterre (Afrikaans, Paperback)
Marike Williams
R127 Discovery Miles 1 270 Ships in 2 - 4 working days

Die resepte in Roer met die Sterre! is dié van gaskokke by wie aan huis gekook is, professionele sjefs wat as gaste op die televisie program verskyn het, asook resepte wat Tammy-Anne tydens die program gemaak het.

Kook saam met sterre soos:

  • Dozi
  • Chris Chameleon
  • André Schwartz
  • Phillip Moolman en Susan Coetzer
  • Lize Beekman
  • Lizz Meiring
  • Marc Lottering, en vele meer!
Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback): Emma Lamb Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback)
Emma Lamb
R260 R109 Discovery Miles 1 090 Save R151 (58%) Ships in 5 - 7 working days

Met Hekel vir My Huis nooi Emma Lamb jou uit om speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in te span om iets pragtigs te skep en so ’n huis met warmte en sjarme te vul. Haar speelse kombinasies met kleur, patroon en tekstuur weerspieel ’n vermenigng van retro-styl en Skandinawiese eenvoud. Die 20 splinternuwe artikels sal met gemak in die tuisteskepper se alledaagse lewe inpas. Kies uit versamelings vatlappies en kussingontwerpe, maak ’n lieflike krans om ’n kamer op te helder of ’n snoesige deken om jou te vertroos. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, sowel as Emma se eie wenke om die perfekte huisartikels te skep. Basiese tegnieke word deur stap-vir-stap-instruksies en kleurfoto’s uitgebeeld.

Sprankel in Jou Familielewe - God Se 100 Goue Reels Vir Gelukkige Families (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Sprankel in Jou Familielewe - God Se 100 Goue Reels Vir Gelukkige Families (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R104 Discovery Miles 1 040 Ships in 2 - 4 working days
Ratwerke van die menslike siel - Oor volwassenheid en lewensvaardighede (Afrikaans, Paperback): D. Louw Ratwerke van die menslike siel - Oor volwassenheid en lewensvaardighede (Afrikaans, Paperback)
D. Louw
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 2 - 4 working days

Die kuns van die lewe is nie so ingewikkeld nie. Die lewe moet net sinvol geleef word. Maar hoe? Met hierdie vraag word geworstel. Het ek 'n siel? Wat "besiel" my? Leef ek besield en sit daar "siel" in dit wat ek vandag doen? Siele vou maklik. Ons praat van 'n "senuwee-ineenstorting". Wanneer alles jou neerdruk, jy 'n mislukking en hulpeloos voel, oortuig is jy is 'n slagoffer van die lewe en die lewe skuld jou iets, praat ons van 'n depressie. Die title wil mense se oe oopmaak vir dit wat elke dag binne die netwerke van verhoudinge in elk geval "gebeur".

'n Grootwordgids Vir Meisies (Afrikaans, Paperback): Anita Naik 'n Grootwordgids Vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
Anita Naik
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.

... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Heinz Modler ... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Heinz Modler
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).

Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.

Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 2 - 4 working days

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer 1
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Doen dit so (Afrikaans, Paperback): Doen dit so (Afrikaans, Paperback)
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days

Daar's wenke vir jou kombuis, sitkamer, kamer en badkamer en ook raad oor hoe om dinge vinniger te kook, beter te bak en dies meer. Van ons lesers se wenwenke is ook in die boek vervat. En die helde van die boek? Suurlemoen, asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.

Jy en Jou Nommers (Afrikaans, Paperback): Zelda Dalling Jy en Jou Nommers (Afrikaans, Paperback)
Zelda Dalling
R237 Discovery Miles 2 370 Ships in 2 - 4 working days

Ons bly altyd gefassineer deur nommers en hoe meer ongewoon en magies die nommer blyk te wees, hoe groter die fassinasie. Die nommer is die taal sonder grense. Van ons geboorte af reguleer nommers ons daagliks. Wat is die betekenis agter elke nommer? Jy en jou nommers bied 'n toeganklike inleiding tot die betekenis agter die letterwaarde van die alfabet en fokus op die ekstra betekenis van nommers van ons name. As jy jou naam verander, hetsy omdat jy trou of omdat jy jou troetelnaam afskud, is daar altyd 'n verandering in jou lewe.

Partytjies Is Pret 2 (Afrikaans, Paperback): Bernice Van Der Merwe Partytjies Is Pret 2 (Afrikaans, Paperback)
Bernice Van Der Merwe
R269 Discovery Miles 2 690 Ships in 2 - 4 working days

Children’s parties are no longer simply about cake and balloons. A great deal of time, money and love will go into making this day extra special for your child. But some mothers find the mere thought of all the organisation and preparation required for a children’s party simply terrifying.

Fortunately, Partytjies Is Pret 2 makes it easy – to organise a party, turn it into a success, and even enjoy it yourself. Writing this book reminded us of the parties we loved as children. Our first thought with this party book was to take the children’s party back to basics. To simple pleasures like playing games, eating sweets and having fun, instead of competing to see whose mini extravaganza is the biggest and most expensive.

Our point of departure is therefore quite simple – it’s about wholesome fun and games that won’t break the bank. Of course times have changed and our children live in a world dominated by computers, cell phones and technology, but that’s all the more reason to introduce them to old-fashioned childhood pleasures through party themes and games.

Partytjies Is Pret 2 has 22 party themes to inspire you. If you're looking for even more ideas or are running out of time, there’s a chapter with 15 additional birthday cakes and six more decorating ideas for cupcakes. They’re quick and easy enough to get you out of a fix and save you loads of time.

There are fresh ideas for invitations, gift bags, sweet and savoury snacks and delicious drinks to please every taste, age group, season and budget.

Let’s get the party started!

Brekfis met die Shrink - Eugene kemp se Saterdagoggendestories op RSG in Brekfis met Derrich (Afrikaans, Paperback): Eugene Kemp Brekfis met die Shrink - Eugene kemp se Saterdagoggendestories op RSG in Brekfis met Derrich (Afrikaans, Paperback)
Eugene Kemp
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 2 - 4 working days

Die skrywer skryf met insig oor die alledaagse wat ons lewe vorm maar veral hoe ons moet reageer tenoor die gebeure wat ons lewens beinvloed. Vars kort stories wat jou lewe sal verryk. Hierdie beskrywings is 'n versameling uit Eugene Kemp se gereelde gesprekke met Derrich Gardener op Saterdag-oggende op RSG in die program Brekfis met Derrich. Dr Eugene Kemp (PhD - Noord-Wes Universiteit) is 'n geregistreerde sielkundige en 'n gesaghebbende met 'n wye ervaring in die bedryfsielkunde tov veranderingsbestuur. Hy is 'n gereelde spreker op Radio Sonder Grense en het reeds op verskeie TV programme opgetree. Hy is 'n lewensafrigter vir verskeie prominente maatskappye en was betrokke by afrigting in die Presidentskantoor in 2007 asook by leierskapontwikkeling as deel van die Business for Wellness program.

Skep Welvaart - Uit Jou Huidige Inkomste (Afrikaans, Paperback): Manus Moolman Skep Welvaart - Uit Jou Huidige Inkomste (Afrikaans, Paperback)
Manus Moolman
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Het jy jou al die vraag afgevra waarom sommige mense ryk is en ander arm? In Suid-Afrika is daar 700 mense met bates van 200 miljoen en 25000 met belebare bates van 6 miljoen. Is al hierdie mense ryk gebore of was hulle maar net uitsonderlik gelukkig? Enige iemand wat weet hoe, kan binne 'n leeftyd 'n fortuin opbou. In "Skep welvaart uit jou huidige inkomste" - deur die geheime van deskundiges te ontdek, word die beginsels om geld te maak, in maklik verstaanbare taal bespreek. Leer om soos die superrykes oor geld te dink en te beplan, salarisse aan te wend om geld te maak, 'n besigheid te begin, inkomste te verhoog, wettig minder belasting te betaal, teen risiko's te beskerm en die regte belegging vir die regte doel te kies.

'n Grootwordgids Vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Anita Naik 'n Grootwordgids Vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Anita Naik
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.

Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback): Beryl Botman Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback)
Beryl Botman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) In Stock

Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek.

Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee.

Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld.

Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.

Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

Hekel & Word Heel 2 - Hoe Hekel Weer My Lewe Gered Het (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock, Hilda Steyn, Jessica Haasbroek Hekel & Word Heel 2 - Hoe Hekel Weer My Lewe Gered Het (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock, Hilda Steyn, Jessica Haasbroek
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot mishandeling.

Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer. Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal! Hierdie unieke hekelboek bevat patrone vir ponchos, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem.

Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings!

50 Tydlose Hekelpatrone - Iets Vir Elke Hekelentoesias (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 50 Tydlose Hekelpatrone - Iets Vir Elke Hekelentoesias (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie hekelboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur.

Die 50 hekelpatrone beloof om elkeen se hekellus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te hekel. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan hekel.

Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te hekel.

Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Janette Mocke Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Janette Mocke
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 2 - 4 working days

Soos 'n mens van die titel kan aflei, is Maklike soet happies vir kinders bedoel vir enigeen wat vir hul kind die perfekte partytjie wil gee sonder om die begroting te knou of ure in die kombuis deur te bring. Met betreklik min, algemeen beskikbare koekies, lekkers en versierings is dit moontlik om 'n verskeidenheid partytjie-soetgoed vir 'n seun of 'n dogter te maak. Van die temas sluit in voertuie en vliegtuie, ruimtewesens en grillerige goed, en prinsesse en fantasiewoude. Leer hoe om malvalekkers, roomyshorinkies, Rice Krispies, mariebeskuitjies en 'n verskeidenheid lekkertjies te omtower in 'n oorvloed figuurtjies, diere en vorms wat jong partytjiegangers sal verstom. Fotografie prikkel die verbeelding en danksy duidelike aanwysings en nuttige wenke, sal jy in 'n japtrap self aanloklike eetgoed vir 'n kinderpartytjie kan maak.

Hester se brood (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Hester se brood (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days

Hester se Brood is set in a small town in the Little Karoo, where Hester van der Walt bakes bread in a woodfired oven for the local market in MacGregor. The book is inhabited by the spirit of the poets C. Louis Leipoldt and Martin Versfeld, as Hester van der Walt has the same deep rooted, intuitive connection between food and soul, especially food that is prepared with traditional ingredients and methods. Along with generous portions of soul food comes a down to earth delicious recipes that show you how to bake classic European breads, like ciabatta, focaccia, kitke and baguettes as well as good old-fashioned sourdough breads. Van der Walt's fine sense of humour, and her valuing of the magic interplay between fire and wood, grain and salt, water and yeast and time - the basics elements necessary for baking real bread, makes this book as irresistible as the savour of freshly baked bread, as it comes out of the oven.

Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback): Armand Aucamp Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback)
Armand Aucamp
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

???? ??? ???? - The Book of Alchemy (Afrikaans, Paperback): Teninet Setegn Wendrad መጽሐፈ ምልአ ውህደት - The Book of Alchemy (Afrikaans, Paperback)
Teninet Setegn Wendrad
R408 Discovery Miles 4 080 Ships in 10 - 15 working days
Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop.

In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Lees hier vir advies. Daar is hoop.

Tayada Waalidnimada - Qaabka ugu Wanaagsan Korinta Dhalaanka (Afrikaans, Paperback): Aisha Ahmed Tayada Waalidnimada - Qaabka ugu Wanaagsan Korinta Dhalaanka (Afrikaans, Paperback)
Aisha Ahmed; Fathia Feerayarre, Fatiha Feerayarre
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Foundations for the LPC
Clare Firth, Elizabeth Smart, … Paperback R1,464 Discovery Miles 14 640
Pharmako-AI
K Allado-McDowell Paperback R395 R356 Discovery Miles 3 560
Atonement: The Person and Work of Christ
Thomas F Torrance Hardcover R1,365 Discovery Miles 13 650
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe Paperback  (1)
R280 R250 Discovery Miles 2 500
Berkeley's Idealism - A Critical…
Georges Dicker Hardcover R1,917 Discovery Miles 19 170
An Examination of Sir William Hamilton's…
John Stuart Mill Paperback R569 Discovery Miles 5 690
The Logic of Reason, Universal and…
Laurens Perseus Hickok Paperback R459 Discovery Miles 4 590
Broken Bodies - The Eucharist, Mary and…
Karen O'Donnell Hardcover R2,477 Discovery Miles 24 770
How to Slowly Kill Yourself and Others…
Kiese Laymon Paperback R347 R320 Discovery Miles 3 200
Judith S. Kaye in Her Own Words…
Judith S. Kaye Paperback R886 R797 Discovery Miles 7 970

 

Partners