0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (15)
  • R50 - R100 (17)
  • R100 - R250 (133)
  • R250 - R500 (176)
  • R500+ (22)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Meer As Net 'n Ma - Stories En Raad Uit Die Hart Van Die Naguilklub (Afrikaans, Paperback): Lente Swift, Suzanne Swift,... Meer As Net 'n Ma - Stories En Raad Uit Die Hart Van Die Naguilklub (Afrikaans, Paperback)
Lente Swift, Suzanne Swift, Juanli Theron
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Instagram, Facebook, perfeksie. Die beeld wat op sosiale media van ouerskap voorgehou word is lieflik, maar o só ver van die werklikheid af. En moenie vergeet van die mommy wars nie: keiser of normaal, bors of bottel, om te sleep train of nie...

Lente, Juanli en Suzanne, drie doodgewone ma’s, het genoeg gehad van die mededinging en oordeel – ma’s behoort eerder vir mekaar 'n village te wees. En só is Die Naguilklub gebore: ’n oordeelvrye digitale ruimte waar ma’s mekaar inspireer en ondersteun deur die brutale fase van slapelose nagte, snotneuse en tantrums.

In dié boek deel die stigterlede hul persoonlike ouerskapervarings – sonder filters of voorgee – en gee raad sodat ander ma's kan sê: Ek ook! Meer As Net ’n Ma is eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap.

Potrose, Perels, Varke En Volstruise - Versterk You Verhoudingslewe (Afrikaans, Paperback): Nicky Alpaslan Potrose, Perels, Varke En Volstruise - Versterk You Verhoudingslewe (Afrikaans, Paperback)
Nicky Alpaslan
R49 Discovery Miles 490 Ships in 2 - 4 working days
Skep 'n Tuiste - 75 Dekor- En Leefstylprojekte (Afrikaans, Paperback): Germarie Bruwer, Margaux Tait Skep 'n Tuiste - 75 Dekor- En Leefstylprojekte (Afrikaans, Paperback)
Germarie Bruwer, Margaux Tait
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 2 - 4 working days

Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hul ontwerpe. Soos hulle sê: “Tendense kom en gaan, maar jy moet in jou huis leef – maak dit dus ’n geriefl ike ruimte wat kan groei en saam met jou verander.”

Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor-entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede. Die skrywers is innoverend en inspirerend en gebruik verskillende materiale om gewone voorwerpe in iets anders en mooiers te omskep. Daar is iets vir almal: óf jy verkies om projekte aan te pak met ’n handsaag en ’n koordlose boor, handwerkpapier en ’n skêr, óf met ’n naald en delikate afwerking. Hulle verskaf idees sodat jy projekte volgens jou eie styl en behoeftes kan aanpas.

Pragtige fotografie, bondige instruksies en besondere ontwerpe beeld ruimtebesparingstegnieke, gebreide toumatte, gestoffeerde sitplekke, gestempel teëls, nuwerwetse buitesitplekke en nog vele meer, uit.

Lodene (Afrikaans, Paperback): June Botha Lodene (Afrikaans, Paperback)
June Botha
R210 R194 Discovery Miles 1 940 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood?

“Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat. Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was.

Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee - maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan.

Plantmaats (Afrikaans, Paperback): Margaret Roberts Plantmaats (Afrikaans, Paperback)
Margaret Roberts
R293 Discovery Miles 2 930 Ships in 2 - 4 working days

Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle mekaar op een of ander manier bevoordeel, word al honderde jare beoefen. Plantpasmaats is plante wat mekar help deurdat hulle 'n reuk of chemikalee afskei wat peste en plae afweer, of deurdat hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan word. Het jy geweet ...Kappertjies wat saam met pampoene, skorsies en komkommers geplant word, versryf kewers, plantluise en ander insekte wat die groente beskadig. En boonop is kappertjies eetbaar! Wortels en preie is uitstekende plantmaats. Preie verjaag die wortelvlieg en die wortels jaag weer die vliee en motte wat uie en preie beskadig. Die verskillende reuke verwar die insekte en ontmoedig hulle so. Aspersies keer dat aalwurms tamatieplante se wortels aanval. Koljaner verjaag inskete en word in 'n natuurlike spuitstof teen die rooispinnekopmyt gebruik. Knoffel verjaag plantluise en is veral 'n goeie plantpasmaat vir rose. Hierdie titel beskryf meer as 100 kruie, voedsel- en medisinale plante en hulle plantpasmaats, met raad oor hoe, wanneer en waar om hulle te plant, te oes en te gebruik. Verweef in die teks is resepte vir natuurlike bemestingstowwe en spuitmiddels en inligting oor die medisinale en huishoudelike gebruike van plante. Afsonderlike afdelings dek nuttige onkruid, natuurlike spuitstowwe, deklae, bemestingstowwe en ander metodes om die grond te versterk.

Om Tot Verhaal Te Kom - Verwerk Trauma en Verlies deur Skryfterapie (Afrikaans, Paperback): Lizette Rabe Om Tot Verhaal Te Kom - Verwerk Trauma en Verlies deur Skryfterapie (Afrikaans, Paperback)
Lizette Rabe 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.

Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.

Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.

Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.

Smullekker Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Sonia Cabano, Jade De Waal Smullekker Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Sonia Cabano, Jade De Waal
R230 Discovery Miles 2 300 Ships in 2 - 4 working days

Sonia en Jade se entoesiasme vir smaaklike, geurryke kookkuns sprankel behoorlik uit elke bladsy van Luscious Vegetarian! Dié boek bevat prettige en maklike vegetariese resepte wat met sorg gekies is om die voorkeure van jong werkende mense, bedrywige gesinne en hedonistiese gesondheidsbewustes gelyktydig te bevredig.

Die resepte bevat alles en nog wat, vanaf vinnige disse vir elke dag, ligte happies en lekkernye, tot by suiwer sielskos en hedonistiese feesmaaltye en maak meestal van plaaslike bestanddele gebruik. Daar is ook bobaas-bakresepte en heerlike soet lekkernye. Hierdie boek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met die vegetariese kookkuns.

Woordeloos tot verhaal - Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans (Dutch, Afrikaans, Paperback): Hans Ester, Chris van... Woordeloos tot verhaal - Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans (Dutch, Afrikaans, Paperback)
Hans Ester, Chris van der Merwe, Etty Mulder
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Woordeloos tot verhaal is in menig opzicht een baanbrekend werk. Het brengt 24 onderzoekers uit verschillende disciplines bij elkaar om vanuit een scala van perspectieven helderheid te verschaffen over het trauma als centraal gegeven in de menselijke samenleving. Nieuw is tevens de samenwerking tussen Afrikaanstalige en Nederlandstalige auteurs. Zij hebben elkaar gevonden vanuit een gemeenschappelijke belangstelling en werden gestimuleerd door de verwantschap tussen hun talen. Trauma behels in Woordeloos tot verhaal die oorweldigende effekte van geweld op die indiwidu sowel as die kollektiewe verlies van betekenis by die ineenstorting van 'n bekende wereld. Die artikels fokus egter nie alleen op die duister kant van die menslike natuur en van die menslike geskiedenis nie, maar verken ook die helende kragte wat die verwerking van trauma moontlik maak. Van wesentlike belang in die verband is die skeppende krag van die menslike gees wat die woordloosheid as gevolg van ’n oorweldigende trauma kan transformeer tot betekenisgewende verhaal.

Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback): Charme Kriel Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback)
Charme Kriel
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 2 - 4 working days

Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma.  Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. 50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is. Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Blatjanghoender

• Oros-hoender

• Hoenderbobotie

• Romerige hoender-stroganoff

• Pikante hoender-en-lensiesop

• Pynappelhoender

• Hoender-en-brokkoli

• Hoendersamoesas

• Appelkoos-en-hoenderpotjie

Floreer (Afrikaans, Paperback): Ilse Salzwedel Floreer (Afrikaans, Paperback)
Ilse Salzwedel
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.

Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback): Susan Fourie Die Land Brand En Die Koning Lig 'n Bells - Vrese En Vreugdes In Die Tyd Van Covid-19 (Afrikaans, Paperback)
Susan Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier.

Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken.

Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig.

Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Powerless - Book 1
Lauren Roberts Paperback R298 R228 Discovery Miles 2 280
Reclaiming The Soil - A Black Girl's…
Rosie Motene Paperback R406 Discovery Miles 4 060
Stimmt for National 5 German Student…
Harriette Lanzer, Carolyn Batstone Paperback R1,041 Discovery Miles 10 410
The Lucky Ones - Stories
Alistair Mackay Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Erotica Sex Stories for Men - Taboo…
Sasha Coleman Hardcover R742 R651 Discovery Miles 6 510
Pearson REVISE AQA GCSE Spanish Revision…
Vivien Halksworth, Leanda Reeves Paperback  (1)
R256 Discovery Miles 2 560
Triptych
Muindi Fanuel Muindi Hardcover R958 Discovery Miles 9 580
Where's Mrs Ladybird?
Ingela P. Arrhenius Board book R180 R161 Discovery Miles 1 610
One Mother's Prayer - Based on a True…
Linda McDaniel Hardcover R565 Discovery Miles 5 650
Safari Nation - A Social History Of The…
Jacob Dlamini Paperback R330 R305 Discovery Miles 3 050

 

Partners