0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (133)
  • R250 - R500 (173)
  • R500+ (26)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Janette Mocke Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Janette Mocke
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 2 - 4 working days

Soos 'n mens van die titel kan aflei, is Maklike soet happies vir kinders bedoel vir enigeen wat vir hul kind die perfekte partytjie wil gee sonder om die begroting te knou of ure in die kombuis deur te bring. Met betreklik min, algemeen beskikbare koekies, lekkers en versierings is dit moontlik om 'n verskeidenheid partytjie-soetgoed vir 'n seun of 'n dogter te maak. Van die temas sluit in voertuie en vliegtuie, ruimtewesens en grillerige goed, en prinsesse en fantasiewoude. Leer hoe om malvalekkers, roomyshorinkies, Rice Krispies, mariebeskuitjies en 'n verskeidenheid lekkertjies te omtower in 'n oorvloed figuurtjies, diere en vorms wat jong partytjiegangers sal verstom. Fotografie prikkel die verbeelding en danksy duidelike aanwysings en nuttige wenke, sal jy in 'n japtrap self aanloklike eetgoed vir 'n kinderpartytjie kan maak.

Hester se brood (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Hester se brood (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days

Hester se Brood is set in a small town in the Little Karoo, where Hester van der Walt bakes bread in a woodfired oven for the local market in MacGregor. The book is inhabited by the spirit of the poets C. Louis Leipoldt and Martin Versfeld, as Hester van der Walt has the same deep rooted, intuitive connection between food and soul, especially food that is prepared with traditional ingredients and methods. Along with generous portions of soul food comes a down to earth delicious recipes that show you how to bake classic European breads, like ciabatta, focaccia, kitke and baguettes as well as good old-fashioned sourdough breads. Van der Walt's fine sense of humour, and her valuing of the magic interplay between fire and wood, grain and salt, water and yeast and time - the basics elements necessary for baking real bread, makes this book as irresistible as the savour of freshly baked bread, as it comes out of the oven.

Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback): Armand Aucamp Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback)
Armand Aucamp
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

???? ??? ???? - The Book of Alchemy (Afrikaans, Paperback): Teninet Setegn Wendrad መጽሐፈ ምልአ ውህደት - The Book of Alchemy (Afrikaans, Paperback)
Teninet Setegn Wendrad
R443 Discovery Miles 4 430 Ships in 10 - 15 working days
Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop.

In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Lees hier vir advies. Daar is hoop.

Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Tayada Waalidnimada - Qaabka ugu Wanaagsan Korinta Dhalaanka (Afrikaans, Paperback): Aisha Ahmed Tayada Waalidnimada - Qaabka ugu Wanaagsan Korinta Dhalaanka (Afrikaans, Paperback)
Aisha Ahmed; Fathia Feerayarre, Fatiha Feerayarre
R371 Discovery Miles 3 710 Ships in 10 - 15 working days
???? (Amharic Edition) - ???? ??? ??? ???? (Afrikaans, Paperback): Etsehiwot Wondimu ጅማሬው (Amharic Edition) - ፍቅርና ጋብቻ ተኮር ሐሳቦች (Afrikaans, Paperback)
Etsehiwot Wondimu
R312 Discovery Miles 3 120 Ships in 10 - 15 working days
Maklike Paleo-Resepte 2023 Vir Almal - Heerlike Resepte Om Gewig Te Verloor (Afrikaans, Paperback): Bronwyn Mostert Maklike Paleo-Resepte 2023 Vir Almal - Heerlike Resepte Om Gewig Te Verloor (Afrikaans, Paperback)
Bronwyn Mostert
R1,088 R917 Discovery Miles 9 170 Save R171 (16%) Ships in 10 - 15 working days

Die lae-koolhidraat dieet is nou een van die gewildste vorme van dieet. Selfs op die gebied van uithouvermoësport is die paleo-dieet 'n belangrike onderwerp.

Maar wat is die werklike voordeel van die paleo-dieet?

Die liggaam sit oortollige energie om in vet.

Baie paleo-dieetkundiges beweer dat die omskakeling van koolhidrate in 'n stof soos suiker bloedsuikervlakke verhoog.

Om dit weer te verminder, vervaardig die menslike liggaam insulien, wat die verbranding van vet verminder. Terselfdertyd keer die gevoel van honger terug.

Die beginsel van Paleo is: As die hoë-koolhidraat dieet gestaak word, gebruik die liggaam ook meer vet.

Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback): Marlene Schoeman Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback)
Marlene Schoeman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.

In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak.

Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit.

Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie.

Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Die Swanepoel Oumas se Resepte - 1921 - 1970: Resepte van Susara en Susanna Swanepoel (Afrikaans, Paperback): Susara Jacomina... Die Swanepoel Oumas se Resepte - 1921 - 1970: Resepte van Susara en Susanna Swanepoel (Afrikaans, Paperback)
Susara Jacomina Swanepoel, Susanna Magdalena Swanepoel, Marinus Swanepoel
R389 Discovery Miles 3 890 Ships in 10 - 15 working days

Die versamelde resepte van Susara en Susanna Swanepoel. Die boek deel ook familie- en ander foto's van die twee oumas en gee 'n kykie van hulle leefwêreld. Ouma Sarie (Susara Jacomina Isubella Bothma gebore 31 Desember 1896 te Vlakkraal in die distrik Prins Albert) was getroud met oupa Daan Swanepoel (Daniel Jan Hendrik gebore 3 Februarie 1898 te Weltevrede in die distrik Prins Albert ) Hulle het op die plaas Vredehof, ook in die distrik Prins Albert, ’n bestaansboerdery gehad. Liggaam en siel is aanmekaar gehou met skape, vrugte en groente. Die plaas het nooit elektrisiteit gehad in ouma Sarie leeftyd nie, die swart houtstoof is daaglike gebruik. By uitsondering is daar van 'n parafien stofie gebruik gemaak wat net 'n enkele brandkop het.

Ouma Sannie (Susanna Magdalena Barnard gebore 17 Julie 1928 te Outeniqua in die distrik George) het getrou met ouma Sarie en oupa Daan se jongste seun Fanie (Stephanus Jacobus Swanepoel gebore 21 Oktober 1929 te Weltevrede). Hulle het mekaar in George ontmoet waar hulle by dieselfde losieshuis in Merrimanstraat loseer het. Oupa Fanie het gewerk as ’n vakleerling om ’n motorwerktuigkundige te word. Ouma Sannie het in ’n skoen fabriek gewerk.

Nie een van die twee oumas was eintlik bekend vir hulle kook- of bak vernuf nie. Die resepte is meestal versamel as deel van hulle pogings om ’n lekkerny en ’n bederfie te maak. Resepte is meesal vir koek, kleinkoekies, tert en konfyt.

???? ???? ??? - Man & Wisdom (Afrikaans, Paperback): Teninet Setegn Wendrad መጽሐፈ ትዕዛዘ ጥበብ - Man & Wisdom (Afrikaans, Paperback)
Teninet Setegn Wendrad
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 10 - 15 working days
Onthoukos - Ouma Se Treffers Vir Vandag Se Kombuis (Afrikaans, Paperback): Tiaan Langenegger Onthoukos - Ouma Se Treffers Vir Vandag Se Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Tiaan Langenegger
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels!

Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore.

Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.

Maklike Sous Vide Resepte 2023 vir beginners - Heerlike resepte om jou vriende te verras (Afrikaans, Paperback): Lesley Van Der... Maklike Sous Vide Resepte 2023 vir beginners - Heerlike resepte om jou vriende te verras (Afrikaans, Paperback)
Lesley Van Der Berg
R1,088 R917 Discovery Miles 9 170 Save R171 (16%) Ships in 10 - 15 working days
Hekel en Word Heel (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock, Hilda Steyn Hekel en Word Heel (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock, Hilda Steyn
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hekel 'n pad na genesing Hier is 'n hekelboek met 'n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van 'How to make an American quilt'.

Die Sitkamer se Lig Brand (Afrikaans, Paperback): Mariaan Lamprecht (Eyjafjalla) Die Sitkamer se Lig Brand (Afrikaans, Paperback)
Mariaan Lamprecht (Eyjafjalla)
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 10 - 15 working days
????? ????? ???? (Afrikaans, Paperback): Pastor Amelu Geta ኣቦኹምን ኣዳኹምን ኣኽብሩ (Afrikaans, Paperback)
Pastor Amelu Geta
R337 Discovery Miles 3 370 Ships in 10 - 15 working days
Gedagtes en ervarings van die lewe en geestesgesondheid (Afrikaans, Paperback): Vernon Jb Pohl Gedagtes en ervarings van die lewe en geestesgesondheid (Afrikaans, Paperback)
Vernon Jb Pohl
R312 Discovery Miles 3 120 Ships in 10 - 15 working days
??? ??? ??? (Afrikaans, Paperback): Pastor Amelu Geta ቅድመ ጋብቻ ጥበብ (Afrikaans, Paperback)
Pastor Amelu Geta
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 10 - 15 working days
Werkers by die Huis (Afrikaans, Paperback): Erin Thiele Werkers by die Huis (Afrikaans, Paperback)
Erin Thiele
R406 Discovery Miles 4 060 Ships in 10 - 15 working days
???-??? ??? (Afrikaans, Paperback): ??? ??, Pastor Amelu Geta ድሕረ-ጋብቻ ጥበብ (Afrikaans, Paperback)
አመሉ ጌታ, Pastor Amelu Geta
R343 Discovery Miles 3 430 Ships in 10 - 15 working days
Woord-Engel (Afrikaans, Hardcover): Azette Wiesner Woord-Engel (Afrikaans, Hardcover)
Azette Wiesner
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Woord-Engel, debuutbundel deur Azette Wiesner het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om haar seer en rou te verwerk na die tragiese ongeluk van haar eggenoot, Etienne Wiesner.

Sy het haar verse op Facebook geplaas en kort voor lank was sy ‘n enigma met meer as 60 000 vriende: jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit Nederland en België is gereelde lesers van haar verse.

Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar gedigte is egter intuïtief en uniek. Sy skryf sonder veel literêre verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde.

Soos reeds genoem, is die digter 'n besprekingspunt in die letterkundige geledere: haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool.

'n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena Hettema sestien toonsettings sing van lirieke/verse uit Azette se bundel.

Katrienkie (Afrikaans, Paperback): Cara Blake Katrienkie (Afrikaans, Paperback)
Cara Blake
R214 Discovery Miles 2 140 Ships in 2 - 4 working days

"Katrienkie is ʼn móét-lees boek, ʼn móét-versprei, móét-bespreek boek. Dit word sonder enige voorbehoud, onvoorwaardelik aanbeveel vir enige persoon wat in chroniese trauma leef of ʼn ongestrykte bondel eie trauma in ʼn laai geprop het." – Maretha Maartens

Hierdie is nie net ’n storie nie maar ’n geselsboek vanuit die skrywer se eie agtergrond wat stap vir stap terapeutiese tegnieke bied aan die getraumatiseerde.

Die Kluisenaar (Afrikaans, Book): Ebba Pauli Die Kluisenaar (Afrikaans, Book)
Ebba Pauli
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

IN

Mbinu 101 za Mafanikio (Afrikaans, Paperback): Jacob Mushi Mbinu 101 za Mafanikio (Afrikaans, Paperback)
Jacob Mushi
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mrs Spy
M.J. Robotham Paperback R429 Discovery Miles 4 290
Intro to Physics for Babies
Charles Liu Paperback R223 R209 Discovery Miles 2 090
Roughing it in the Bush; Or, Life in…
Susanna Moodie Paperback R490 Discovery Miles 4 900
Pearson REVISE AQA GCSE Physics Higher…
Mike O'Neill, Penny Johnson Paperback  (1)
R259 Discovery Miles 2 590
Feel Free - Essays
Zadie Smith Paperback  (1)
R341 R312 Discovery Miles 3 120
Congress and the Fourteenth Amendment…
William B. Glidden Hardcover R3,663 R2,578 Discovery Miles 25 780
Free Speech after 9/11
Katharine Gelber Hardcover R2,624 Discovery Miles 26 240
The Illinois State Constitution
Ann Lousin Hardcover R6,109 Discovery Miles 61 090
How the Market Is Changing China's News…
Xin Xin Hardcover R2,578 Discovery Miles 25 780
Guide To Sieges Of South Africa…
Nicki Von Der Heyde Paperback  (4)
R250 R231 Discovery Miles 2 310

 

Partners