’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat
gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by
gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.
In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne
taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak,
koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit
omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare
bakster maklik gemaak.
Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die
immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek,
tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook
ingesluit.
Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir
watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van
die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die
belangrike klein mensie.
Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!